Kobus en Edwill Steinhoff Maties Rugby se groot wenners : 2016-10-10

fullsizerender_1

Kobus van Dyk en Edwill van der Merwe was die blinkste sterre van Steinhoff Maties Rugby se jaarlikse toekenningsaand.

Van Dyk – wat vanjaar sy debuut vir die Stormers gemaak het – is as Maties se Voorspeler van die Jaar en die klub se Senior Speler van die Jaar aangewys. By die afgelope week se Westelike Provinsie se toekkenningsaand is Van Dyk ook as Mees Belownde Voorspeler aangewys. Dit was beslis ‘n groot jaar vir Van Dyk, wat ‘n sleutelrol gespeel het in Maties se tog na die Varsitybeker-eindstryd.

Kort op sy hakke was die eerste jaar Van der Merwe wat as Maties se Agterspeler van die Jaar en Junior Klubspeler van die Jaar aangewys is. Soos Van Dyk het hy ook ‘n WP-toekenning ontvang toe hy met die BOUNCE o.21 Speler van die Jaar prys weggestap het. Van der Merwe was deel van die Suid-Afrikaanse o.20-span en was saam met Curwin Bosch die enigste twee Suid-Afrikaners wat in die Wêreldtoernooi se Droomspan ingesluit is.

Die Sewesspeler van die Jaar is Kyle Steyn. Hy was deel van die seëvierende Maties by die USSA- en die Varsity Sport-toernooie.

Kaptein van die Maties-span wat die WP Presidentsbeker gewen het, Wilhelm van der Sluys is as Klublid van die Jaar aangewys. Van der Sluys het sy laaste wedstryd vir Maties vanjaar gespeel en verlaat die klub as een van die legendes van Maties Rugby.

Maties Sport se jaarlikse Toekeningsaand is op 19 Oktober.

fullsizerender

Kobus and Edwill Steinhoff Maties Rugby’s big winners

Kobus van Dyk and Edwill van der Merwe were the brightest stars at Steinhoff Maties Rugby’s annual awards night.

Van Dyk – who made his debut for the Stormers this season – was named Maties Forward of the Year and the club’s Senior Player of the Year. Van Dyk was also named Most Promising Forward at the Western Province Awards evening. It was definitely a great year for Van Dyk, who played a key role in Maties road to the Varsity Cup final.

Hot on his heels was the first year Van der Merwe, who was named Maties Backline Player of the Year and Junior Club Player of the Year. Like Van Dyk he also received a WP award when he won the BOUNCE u21 Player of the Year prize. Van der Merwe was part of the South African u20 team and with Curwin Bosch were the only South Africans to be included in the World Cup tournament’s Dream Team.

The Sevens Player of the Year is Kyle Steyn. He was part of the victorious Maties teams at the USSA and the Varsity Sport tournaments.

Captain of the Maties team that won the WP President’s Cup, Wilhelm van der Sluys was named Club Member of the Year. Van der Sluys played his last game for Maties this year and is leaving the club as one of the legends of Maties Rugby.

Maties Sport’s annual Awards evening is on 19 October.

Leave a Reply