Fourie and Hayes ready for swansong : 2017-07-17
Two of Maties Sport’s most celebrated ambassadors Arnu Fourie and Ilse Hayes will end their successful careers at the Para World Championships in London.
Action begins today and will end on July 23. Suzanne Ferreira coaches both Fourie and Hayes.
“I’m very excited about the World Champs. I recently told my coach Suzanne that I think it’s the longest I could practice without any injury the last five years. I am so grateful for that. It fills me with excitement and expectation to finish my last season in such a way,” said Fourie.
Fourie does not think too much about the fact that it is his last event ever. “I’m sure as soon as I’ve given my last step, there will be emotions, but at this moment I’m just excited to relive the crowd in London and revive good memories of five years (2012 Paralympics) ago and make new ones.”
After years of experience, it is important for Fourie to keep the bigger picture in mind when he thinks about his expectations for the last meet. “I am a very competitive person, so to say that I do not have expectations will not be the truth, but my prayer is that I will finish my career by giving expression to the form I’m in and maybe even run personal best times. The most important thing is to make the best of every moment. ”
Like Fourie, Hayes is very pleased with her preparation. “It was nice to prepare in good conditions and circumstances and it was easy to focus too. I am very excited about the coming meeting knowing that I can only give my best. I have prepared myself for so long that the World Champs will be my last, that I’m not really emotional now. I’m excited!”
Hayes added: “Athletics has been such a big part of my life for the past 17 years. I was privileged. My expectations are just having a good experience. If I run over the finish line, I just want to experience joy and celebrate regardless of the time or position. It’s so much more about memories than medals.”
Fourie en Hayes slaggereed vir Grand Finale : 2017-07-17
Twee van Maties Sport se grootste ambassadeurs Arnu Fourie en Ilse Hayes sluit af hul roemryke loopbane by die Para Wêreldbyeenkoms in Londen.
Aksie begin vandag en kom op 23 Julie tot ‘n einde. Beide Fourie en Hayes word afgerig deur Suzanne Ferreira.
“Ek is baie opgewonde oor die Wêreldbyeenkoms. Ek het onlangs vir my afrigter Suzanne gesê ek dink dit is die langste wat ek nog aaneen kon oefen die laaste vyf jaar sonder enige beserings. Daarvoor is ek so baie dankbaar. Dit vul my met opwinding en verwagting om my laaste seisoen op so manier te kan afsluit,” het Fourie gesê.
Fourie dink nie te veel aan die feit dat dit sy laaste byeenkoms ooit is nie. “Ek is seker sodra ek my laaste tree gegee het, sal daar heel moontlik emosies wees, maar op hierdie oomblik is ek net opgewonde om weer die skare in Londen te beleef en goeie herinneringe van vyf jaar terug (2012 Paralimpiese Spele) te herleef en verseker nuwes te maak.”
Na jare se ondervinding is dit vir Fourie belangrik om die groter prentjie in gedagte te hou as hy dink oor sy verwagtinge vir die laaste byeenkoms. “Ek is ‘n baie kompeterende mens so om te sê dat ek nie verwagtinge het sal nie heeltemal die waarheid wees, maar my gebed is dat ek my loopbaan sal afsluit deur reg te laat geskied aan die vorm waarin ek is en selfs dalk persoonlike beste tye te hardloop. Die belangrikste is om die beste van elke oomblik te maak.”
Soos Fourie is Hayes baie tevrede met haar voorbereding. “Dit was lekker om in goeie toestande en omstandighede voor te berei en dit was maklik om te fokus ook. Ek is baie opgewonde oor die komende byeenkoms met die wete dat ek net my beste kan gee. Ek het myself so lank voorberei dat die Wêreldbyeenkoms my laaste sal wees, dat ek nie regtig nou emosioneel is nie. Ek is wel opgewonde!”
Hayes het bygevoeg: “Atletiek was die afgelope 17 jaar so groot deel van my lewe. Ek was bevoorreg. My verwagtinge is om net ‘n goeie ervaring te hê. As ek oor die eindstreep hardloop wil ek net vreugde ervaar en kan fees vier ongeag die tyd of posisie. Dit gaan soveel meer oor herinneringe as oor medaljes.”
National event huge success for Maties : 2017-05-04
With several national records and the very important qualifying times for the World Championships Maties Para Sport athletes returned form the recent South African national championships.
The national event took place in Port Elizabeth.
More than 10 athletes won gold medals and got qualifying times. For two of the athletes – legends Arnu Fourie and Ilse Hayes – it was their last national event.
Both won their numbers and qualified for the world championships in London from July 14 to 23. It will take place in the same stadium as the 2012 Paralympics.
Fourie won the 100m and 200m (T44) in 11:37 and 23:30 seconds respectively.
Hayes (T13) also won has her sprint numbers, but more important than the victories, was progress after an Achilles injury. “It was a race against time to get Ilse ready for the event. The 100m was her first full 100m from the blocks and as well as the 200m. We did not really know what to expect. Our biggest hope was that her Achilles survived the maximum impact. In the 100m and 200m, she impressed with her good technique. Although her times were far from her personal best, she showed we can now proceed to the next phase, “said coach Suzanne Ferreria said. Hayes’ times in the 100 and 200 were 12:40 and 26.45 respectively.
Dyan Buis (T38) and Anruné Liebenberg (T44) both won three gold medals in the sprints. “Dyan ran three good technical races. His times were also good. In the 400m, he literally had the wind from the front and it was a hard race. In all three races he was in the lead from start to finish,” said Ferreira.
About Liebenberg she added: “She ran good technical races, but she has run faster this season in 200m and 400m. It was also a privilege and very special for her to run the 100m and 200m with Ilse at Ilse’s last SA meeting. ”
The field athletes coach Karen le Roux was also very happy with her athletes’ performances. Veteran Zanele Situ (F54) qualified for the World Championships in three events. “Reinhardt Hamman (F38) came very close to his personal in the javelin just a few months after a major knee operation,” said Le Roux.
Another athlete who made his return is Jean Joubert (F44). He did not participate for two years. He broke the national record in shot put. “Kerwin Noemdo (F46) is also in very good shape and threw a personal best in the shot put and so improve his own national record.”
Nasionale byeenkoms reuse-sukses vir Maties : 2017-05-04
Met verskeie nasionale rekords en die baie belangrike kwalifiserende tye vir die Wêreldbyeenkoms het Maties se Parasport-atlete van die pas afgelope Suid-Afrikaanse byeenkoms teruggeekeer.
Die nasionale byeenkoms het in Port Elizabeth plaasgevind.
Meer as twee handevol atlete het goue medaljes en kwalifiserende tye behaal. Vir twee van die atlete – legendes Arnu Fourie en Ilse Hayes – was dit hul laaste nasionale byeenkoms.
Beide het hul nommers gewen en gekwalifiseer vir die Wêreldbyeenkoms in London van 14-23 Julie. Dit sal in dieselfde stadion plaasvind as die 2012 Paralimpiese Spele.
Fourie het die 100m en 200m (T44) in onderskeidelik 11.37 en 23.30 sekondes gewen.
Hayes (T13) het ook haar naelloop-nommers – 100 en 200 – gewen, maar wat nog belangriker as die seges was, is haar vordering na ‘n Achilles-besering. “Dit was omtrent ‘n wedloop teen tyd om Ilse reg te hê vir die byeenkoms. Die 100m was haar eerste volle 100m uit die blokke en haar 200m ook. Ons het nie werklik geweet wat om te verwag behalwe dat ons grootste hoop was dat haar Achilles die maksimale impak gaan oorleef. In 100m en 200m het sy met haar goeie tegniek deur die wedloop beïndruk. Hoewel haar tye ver van haar persoonlike beste was, het sy gewys ons kan nou na die volgende fase gaan,” het afrigter Suzanne Ferreria het gesê. Hayes se tye in die 100 en 200 was 12.40 en 26.45 onderskeidelik.
Dyan Buis (T38) en Anruné Liebenberg (T44) het albei drie goue medaljes gewen in die naellope. “Dyan het drie goeie tegniese wedlope gehardloop. Sy tye was ook goed. Met die 400m het hy letterlik die wind van voor gehad en dit was ‘n harde wedloop. In al drie wedlope was hy van begin tot einde voor,” het Ferreira vertel.
Oor Liebenberg het sy gesê: “Sy het goeie tegniese wedlope gehardloop, maar sy het al vinniger die seisoen in 200m en 400m gehardloop. Dit was ook vir haar ‘n voorreg en baie spesiaal om die 100m en 200m teen Ilse te hardloop op Ilse se laaste SA byeenkoms.”
Die veldatlete se afrigter Karen le Roux was ook baie tevrede met haar atlete se vertonings. Veteraan Zanele Situ (F54) het gekwalifiseer vir die Wêreldbyeenkoms in drie nommers. “Reinhardt Hamman (F38) het baie naby aan sy persoonlike beste gekom in die spiesgooi net ‘n paar maande na ‘n groot knie operasie,” het Le Roux gesê.
Nog ‘n atleet wat sy terugkeer gemaak het, is Jean Joubert (F44). Hy het vir twee jaar nie deelgeneem nie. Hy het die nasionale rekord in gewigstoot verbeter. “Kerwin Noemdo (F46) is ook in baie goeie vorm en het ‘n persoonlike beste gegooi in die gewigstoot en so sy eie SA rekord verbeter.”
Drie Matie-afrigters na Rio : 2016-08-03
Op 9 Augustus vier ons Nasionale Vrouedag hier in Suid-Afrika wat Augustus die perfekte maand maak om nie net die vroue regoor ons wonderlike land te vier nie, maar veral ook die wat ‘n besonderse rol in die Maties Sport Hoë Prestasie Eenheid van die Universiteit Stellenbosch speel.
Onlangs is drie afrigters – Karin Hugo, Karin le Roux and Suzanne Ferreira – gekies om saam met die Suid-Afrikaanse span na die Paralimpiese Spele in Rio te gaan, wat die drietal die perfekte eerste maak in die reeks van artikels oor die besonderse talentevolle vroue wat ‘n rol speel in die Maties Sport Hoë Prestasie-program.
Karin Hugo (swem)
Die hoeveelste Paralimpiese Spele is dit vir jou?
Dit sal my derde Paralimpiese Spele wees. Athene in 2004 was my eerste en ek was daarna ook in Londen vir die 2012 Spele. Ek was tussen 2005 en 2010 betrokke by die Suid-Afrikaanse vroue-hokkiespan.
Wat as jy al ooit in Rio?
Ja, ek was al drie keer vantevore in Rio en twee keer in Sao Paulo (ook Brasilië). Ek was juis in April vanjaar daar by die byeenkoms toe die geriewe getoets is. Die kompetisie-swembad is baie indrukwekkend en die swemmers was baie tevrede met die kwaliteit van die swembad.
Hoe sal jy jou daaglikse roetine by die Spele beskryf?
Ons is baie besig aangesien ons gedurende die kompetisietydperk in die oggend uitdunne het en eindrondes in die aand. Ons staan vroeg op en gaan slaap laat. Ná middagete is daar gewoonlik tyd om ’n bietjie te ontspan voor ons weer swembad toe vertrek. Indien ’n swemmer nie elke dag deelneem nie, oefen hulle nog steeds twee keer per dag om die gevoel van die water te behou. Die swem by die Paralimpiese Spele is die langste swemkompetisie in die wêreld en strek oor agt dae.
Wat is die verwagtinge vir Rio?
Die 2016 SA Paralimpiese span is kleiner as die span by die vorige Spele. Die kompetisie word al hoe taaier en die atlete en afrigters moet ongelooflik hard werk om te presteer. Ek verwag dat die span ’n hele paar medaljes gaan verower, maar ek hoop dat elkeen hul beste prestasie sal haal; of dit ’n medalje is of nie. Wat die span so spesiaal maak, is dat hulle mekaar ondersteun en aanspoor tot hoër hoogtes.
Hoe spesiaal is dit om deel van die Spele te wees?
Dit bly ’n ongelooflike voorreg en wonderlike geleentheid om weer te kan gaan. Dit is ’n belewenis waarvan baie mense droom en baie hard voor werk. Ek is bevoorreg om Rio toe te kan gaan en wil almal bedank wat dit vir my moontlik maak.
Karin le Roux (atletiek)
Die hoeveelste Paralimpiese Spele is dit vir jou?
Dit is my tweede Paralimpiese Spele.
Wat as jy al ooit in Rio?
Ek was nog nie in Rio nie, maar ek was verlede jaar in Brasilië toe my atlete aan ’n kompetisie in Sao Paulo deelgeneem het.
Hoe sal jy jou daaglikse roetine by die Spele beskryf?
Die roetine by die Spele sal nie elke dag presies dieselfde wees nie. Die eerste twee dae probeer ons gewoonlik net gewoond raak aan alles en gaan kyk ons na al die geriewe sodat ek seker is waar die oefenbane is. Ek toets ook die vervoer sodat ons weet hoe lank die busritte is. Ek beskryf ’n afrigter se werk by die Spele om soos ’n spons te wees, waar ons alles wat die atleet moontlik kan beïnvloed “opsuig” en in die proses probeer om ’n perfekte omgewing vir kompetisie te skep sodat die atleet optimaal kan presteer.
Wat is die verwagtinge vir Rio?
Die Spele is die hoogtepunt van ’n vierjaarsiklus. Die atlete het soveel ure, weke en maande se harde werk ingesit en soveel opofferings gemaak. Dit is altyd moeilik om voorspellings te maak wat medaljes betref, maar waarvan ek wel seker is, is dat elke atleet wat SA gaan verteenwoordig hul absolute beste sal gee.
Hoe spesiaal is dit om deel van die Spele te wees?
Daar is nie altyd woorde om die ware gevoel te beskryf wanneer jy hoor jy is gekies as deel van die span nie. Ek is oorweldig met dankbaarheid om deel te kan wees en om die voorreg te hê om alles te kan ervaar saam met die atlete. Dit is ’n ongelooflike groot eer en voorreg.
Suzanne Ferreira (atletiek)
Die hoeveelste Paralimpiese Spele is dit vir jou?
Dit sal my vierde Paralimpiese Spele wees.
Wat as jy al ooit in Rio?
Ek was al in Sao Paulo, maar nog nooit in Rio nie.
Hoe sal jy jou daaglikse roetine by die Spele beskryf?
Ek dink nie daar is iets soos ’n vaste roetine by die Spele nie. Wanneer die atlete in aksie is, bepaal hulle grotendeels hoe my dag verloop. Ek probeer egter in die oggende ekstra vroeg opstaan sodat ek paar ’n oomblikke alleen kan wees. Hoe vroeg sal afhang van wanneer my atlete deelneem.
Op die bus na die baan is die atlete altyd gefokus en ek luister meestal na musiek. By die opwarmingsbaan ondersteun ek die atleet. Kyk wat nodig is, hou die tyd dop, strek dalk. Ek en my atlete het die gewoonte en behoefte om voor hulle moet aanmeld ’n laaste oomblik saam te spandeer, rustig te word en die geleentheid aan God oor te gee… Dit is baie spesiaal.
Ná die atleet se nommer warm ons af en gaan terug na die atlete-dorp. As atlete weer in die aand deelneem, sal die proses homself herhaal. Aandete op sulke dae wanneer daar dubbelsessies is, is gewoonlik rondom 22:00. Daar is ’n goeie kans dat jy nog ’n gesprek of drie sal hê voordat jy kamer toe gaan. Afrigters en spanbestuurders kry nooit meer as vyf uur slaap nie.
Wat is die verwagtinge vir Rio?
Verwagtinge? Dit hang seker af hoe jy daarna kyk en uit watter oogpunt. Persoonlik hoop ek dat die atlete in liggaam, siel en gees voorbereid is en op ’n plek is waar hulle hul potensiaal ten volle kan uitleef met vreugde. Dat hulle die geleentheid kan waardeer vir wat dit is. #RunFree. Ek glo as hulle op hierdie plek is, is enige prestasie die kersie op die koek. Medaljes en tye is wonderlike eindprodukte, maar nie die dryfveer vir my as afrigter nie.
Hoe spesiaal is dit om deel van die Paralimpiese Spele te wees?
Die Spele kom net elke vier jaar en die reis wat ek met elke atleet in die vier jaar het wat opbou tot dié hoogtepunt, is baie spesiaal. Die spangees van ons SA Paralimpiese span was nog altyd vir my ’n voorreg om te ervaar en deel van te wees.
Three Maties coaches to Rio : 2016-08-03
On 9 August we celebrate National Women’s Day here in South Africa making August the perfect month to celebrate women all over our beautiful country, but especially here at the Maties Sport High Performance Unit of the Stellenbosch University.
Recently three coaches – Karin Hugo, Karin le Roux and Suzanne Ferreira – were selected to join Team South Africa at the Paralympic Games in Rio making this trio the perfect first in a series of articles on all the amazingly talented women doing their part the Maties Sport High Performance programme.
Karin Hugo (swimming)
How many Paralympic Games have you been to?
This will be my third Paralympic Games. Athens 2004 was my first and I also went to London for the 2012 Games. I was involved with the South African women’s hockey team between 2005 and 2010.
Have you ever been to Rio?
Yes, I have been to Rio three times and to Sao Paolo (also Brazil) twice. I travelled to Rio in April this year when the facilities were tested. The swimming pool for the competition is very impressive and the swimmers are very satisfied with the quality of the pool.
How would you describe your daily routine at the Games?
We are very busy because we have heats in the morning and final rounds at night. We get up early in the morning and go to bed late. After lunch there is usually some time to relax before we leave for the pool again. If a swimmer does not compete every day they still train twice a day to retain the feel for the water. Swimming at the Paralympic Games is the longest swimming competition in the world and extends over eight days.
What are the expectations for Rio?
The 2016 SA Paralympic team is smaller than the team at the previous Games. The competition is getting tougher all the time and the athletes and coaches need to work exceptionally hard to perform. I expect the team to win quite a few medals but I hope that each individual achieves his or her personal best; be it a medal or not. What makes this team so special is that they support and spur each other on to greater heights.
How special is it to be part of the Games?
Despite this being my third Paralympic Games it still remains an unbelievable privilege to go again. It is an experience that many people dream of and work very hard for. I am privileged to be able go to Rio and want to thank everyone who makes this possible for me.
Karin le Roux (athletics)
How many Paralympic Games have you been to?
This is my second Paralympic Games.
Have you ever been to Rio?
I have never been to Rio, but I travelled to Brazil last year when my athletes participated in a competition in Sao Paulo.
How would you describe your daily routine at the Games?
The routine at the Games will differ from day to day. We usually just try to get used to everything during the first two days. We go and inspect the facilities so that I can make sure where the training locations are. I also test the transport to find out how long the bus ride takes. I compare the job of a coach at the Games to that of being a “sponge” – we “soak up” everything around the athlete that could possibly influence them. And in the process we try to create a perfect competition environment for the athlete to be able to perform optimally.
What are the expectations for Rio?
The Games are the highlight of a four-year cycle – the athlete has put in so many hours, weeks and months of hard work and have made so many sacrifices. It is always difficult to make predictions as far as medals go. What I am sure of, however, is that every athlete representing SA will give their absolute best.
How special is it to be part of the Games?
There aren’t words to describe the feeling when you hear that you have been selected as part of the team. I am overwhelmed with gratitude to be part of it all and privileged to be able to experience everything with the athletes. It is an unbelievable honour and privilege.
Suzanne Ferreira (athletics)
How many Paralympic Games have you been before?
This will be my fourth Paralympic Games.
Have you ever been to Rio?
I have been to Sao Paulo, but never to Rio.
How would you describe your daily routine at the Games?
I don’t think there is something like a set routine at the Games. When the athletes compete they usually determine what course my day will take. I try to get up extra early in the morning so that I can spend some time on my own for a few minutes. How early will depend on when my athletes participate.
The athletes are usually very focused on the bus on the way to the track and I will mostly listen to music. At the warm-up track I support the athletes. See what they need, watch the time, maybe stretch. My athletes and I have the habit and need to spend a last second together before they have to report for their item, to relax and to hand it over to God … It is very special.
After the athlete has competed we warm down and return to the athletes’ village. If athletes compete again in the evening the process will repeat itself. Dinner on such double-session days is usually around 22:00. There is every chance that you will still have a conversation or three before you go to your room. Coaches and team managers never get more than five hours of sleep.
What are the expectations for Rio?
Expectations? I suppose it depends how you look at it and from what perspective. Personally I hope that the athletes will be prepared in body, soul and mind and be in a space where they can fulfil their full potential with joy. That they can appreciate the occasion for what it is. #RunFree. I believe that if they are in this space any achievement will be the cherry on the cake. Medals and times are wonderful results, but not what drive me as a coach.
How special is it to be part of the Games?
The Games only happen every four years and the journey that I have with each athlete in the four-year build up to this highlight is very special. It has always been a privilege for me to experience and be a part of the team spirit of our SA Paralympic team.
Maties Parasport athlete receives national recognition : 2015-11-26
Maties Parasport athlete Ilse Hayes’ incredible achievements during 2015 earned her the title of South Africa’s Sportswoman of the Year with a disability.
The announcement was made at the annual South African Sports Awards evening held on Sunday, 22 November.
This Paralympic athlete, who suffers from Stargardt’s disease (a condition which affects the central vision and the ability to see basic detail) started her year with a world record in the 100m (T13) and concluded it with two gold medals at the IPC Athletics World Championships in October.
She is the reigning world champion in the 100m and 200m (T13) events.
“I’m delighted to have received this award for the first time in my career,” she said after the announcement.
“I could not have done it without my coach Dr Suzanne Ferreira, gym trainer Nico Koutakis, medical team, training group, husband Cassie Carstens as well as friends and family.
“I was blessed with an amazing year and God once again showed me how amazing His grace is – all the glory to Him.”
The year wasn’t without its downs. Ilse couldn’t compete at the African Games in September due to an injury.
“These challenges build character and one comes out stronger on the other side,” she added.
“2015 – by far my best year yet – was a stepping stone for 2016. Now more than ever I’m motivated to train harder and become the best version of myself for Rio 2016.”
Earlier this year, Ilse was also named Athlete of the Year with a Disability at the 2015 SPAR gsport Awards as well as Stellenbosch University’s Parasport Sportswoman of the Year for 2015.
Other winners at the SA Sports Awards:
Sports Star of the Year: Wayde van Niekerk 2015
People’s Choice: Wayde van Niekerk
Sportsman of the Year: Wayde van Niekerk
Sportswoman of the Year: Ashleigh Moolman-Pasio
Coach of the Year: Graham Hill
Sportsman with a Disability: Lucas Sithole
Team of the Year: Springbok Sevens
Newcomer of the Year: Kagiso Rabada
Photo: Ilse Hayes celebrates winning gold in the women’s 200m T13 final at the IPC Athletics World Championships Doha, Qatar. (Photo by Francois Nel/Getty Images)
AFRIKAANS
Maties Parasport-atleet op nasionale vlak vereer
Die Maties Parasport-atleet Ilse Hayes se ongelooflike prestasies in 2015 het daartoe gelei dat sy as Suid-Afrika se Sportvrou van die Jaar met ‘n gestremdheid aangewys is.
Die aankondiging is Sondag 22 November by die jaarlikse Suid-Afrikaanse Sporttoekenningsgeleentheid gedoen.
Hierdie Paralimpiese atleet, wat ly aan Stargardt se siekte (‘n toestand wat die sentrale visie en die vermoë om detail te sien, beïnvloed), het haar jaar met ‘n wêreldrekord in the 100m (T13) begin en dit afgesluit met twee goue medaljes by die IPC Atletiekwêreldkampioenskapsbyeenkoms in Oktober.
Sy is die wêreldkampioen in die 100m en 200m (T13).
“Ek is verheug oor hierdie toekenning wat ek vir die eerste keer in my loopbaan ontvang het,” het sy ná die aankondiging gesê.
“Ek sou dit nie kon doen sonder my afrigter dr Suzanne Ferreira, gimnasiumafrigter Nico Koutakis, mediese span, oefengroep, my man Cassie Carstens en vriende en familie nie.
“Ek was geseënd om ‘n wonderlike jaar te beleef en God het weer eens aan my gewys hoe ongelooflik Sy genade is – alle eer aan Hom.”
Die jaar was egter nie sonder sy laagtepunte nie. Ilse kon in September weens ‘n besering nie aan die Afrikaspele deelneem nie.
“Hierdie uitdagings bou karakter en mens kom sterker aan die anderkant uit,” het sy bygevoeg.
“2015 – by verre my beste jaar nog – was deel van die voorbereiding vir 2016. Ek is nou meer gemotiveerd as ooit om hard te oefen en die beste weergawe van myself te word vir Rio 2016.”
Ilse is vroeër vanjaar by die 2015 SPAR gesport-toekennings as Atleet van die Jaar met ‘n gestremdheid aangewys, en is ook die Universiteit Stellenbosch se Parasport-sportvrou van die jaar vir 2015.
Ander wenners by die SA Sporttoekennings:
Sportster van die jaar: Wayde van Niekerk 2015
Publiek se keuse: Wayde van Niekerk
Sportman van die Jaar: Wayde van Niekerk
Sportvrou van die Jaar: Ashleigh Moolman-Pasio
Afrigter van die Jaar: Graham Hill
Sportman met ‘n gestremdheid: Lucas Sithole
Span van die Jaar: Springbok Sewes
Nuweling van die Jaar: Kagiso Rabada
Foto: Ilse Hayes vier haar oorwinning in die 200m T13-finaal by die IPC Atletiekwêreldkampioenskap in Doha. (Foto deur Francois Nel/Getty Images)
MATIES SPORT
Dr Suzanne on successful IPC World Champs : 2015-11-18
After the successful IPC Athletics World Champs in Doha for athletes from Maties coach Dr. Suzanne Ferreira answered a few of Maties High Performance unit’s questions.
- What was your highlight?
“There were several highlights and I think every athlete who achieved his/her goal, as well as the growth they show, is a highlight. There are really too many to mention. We were so blessed at the championships with performances, team spirit and individual growth. ”
- Did you achieve the desired goals?
“Yes, definitely. Goals ranged for each person based on where they are in their career. I’m honest when I say that we could tick off a goal achieved for every athlete.”
- Ilse Hayes was until recently injured. Did you think she would do so well?
“Ilse’s injury was very untimely. We trusted in the processes that the team around her put in place to make her competitive for a gold medal. At the beginning of the year we hoped to improve two world records. With the injury, we had to reconsider. One of the outcomes for Ilse was making sure she enjoyed it and brings hope to others. By winning two gold medals after the injury, I know that she was deeply grateful and filled with joy for the outcome.”
- How would you describe the last year and how important was it for Rio2016?
“Every season has its ups and downs, but it’s a continuing journey with each athlete. For me it was a season where we put in place several methodologies for each athlete to assess how it works for everyone. I’m sure we learnt many applications from the season that we as a team can apply with the athletes to reach a new level of performance in Rio.
“The world championships have shown that we are on the right path, but the number of records showed that it is still a growing sport and that we will have to improve to keep up. I will summarize the past year as a journey with many challenges, but we conclude with deep gratitude, full of hope for the future.”
AFRIKA
Na afloop van die suksesvolle IPC Wêreldbyeenkoms vir Maties se Paralimpiese atlete het die span se afrigter Dr. Suzanne Ferreira ‘n paar van die Maties se Hoë Prestasie-eenheid se vrae beantwoord.
- Wat was vir jou die hoogtepunte?
“Daar was verskeie hoogtepunte en ek dink elke atleet wat sy doel bereik, sowel as die groei wat hulle toon, is ‘n hoogtepunt. Daar is regtig te veel om te noem. Ons was so geseend by die kampioenskapsbyeenkoms wat prestasies, spangees en individuele groei betref.”
- Het julle die verwagte doelwitte bereik?
“Ja, definitief. Doelwitte het gewissel vir elke persoon gebasseer op waar hulle in hul loopbaan is. Ek is eerlik as ek se dat ons by elke atleet ‘n regmerkie agter doelwitte bereik kon sit.”
- Ilse Hayes was tot onlangs beseer. Het jy gedink sy sal so goed vaar?
“Ilse se besering het op ‘n ontydige tyd gebeur. Ons het egter vertrou dat die prosesse wat die span rondom haar in plek gesit het, haar op ‘n plek gaan bring waar sy kompeterend sou wees vir die goue medalje. Aan die begin van die jaar het ons gehoop om twee Wêreldrekords te vebeter. Met die besering moes ons dit heroorweeg. Een van die uitkomste vir Ilse was om met vreugde te gaan deelneem en hoop te bring vir ander. Deur twee goue medaljes te wen na die besering weet ek dat sy diep dankbaar en vol vreugde vir die uitkoms was.”
- Hoe sal jy die afgelope seisoen beskryf en hoe belangrik was dit met die oog op Rio2016?
“Elke seisoen het sy hoogte- en laagtepunte, maar dit is ‘n voortdurende reis saam met elke atleet. Vir my was dit ‘n seisoen waar ons verskeie metodologie vir elke atleet in plek gesit het om te evalueer hoe dit vir elkeen werk. Ek is seker ons het baie toepassings geleer uit die seisoen; wat ons as ‘n span saam met die atlete kan toepas om ‘n nuwe vlak van prestasie te kan bereik in Rio.
“Die wêreldbyeenkoms het getoon dat ons op die regte pad is, maar die hoeveelheid rekords het getoon dat dit nog steeds ‘n vining groeiende sport is en dat ons teen dieselfde pas sal moet verbeter om by te bly. Ek sal die afgelope jaar opsom as ‘n reis met vele uitdagings (elke atleet het uitdagings gehad op die reis), maar een wat ons met diepe dankbaarheid afsluit, vol hoop vir die toekoms.”
Maties Parasport athletes return from world champs with 13 medals : 2015-11-06
Three world champions and a total of 12 medal winners returned to South Africa on Sunday after a successful IPC Athletics World Champs in Doha.
South Africa ended the championships in 13th place on the medal table with 17 medals. Fifteen of these medals were won by athletes from the Western Cape: 13 by current members of the Maties Parasport Club and two by former members of the club.
Complete translation in English to follow.
Vir die atleet Ilse Hayes was dit ‘n groot voorreg om twee keer op die podium te kon staan en die nasionale lied te sing. Sy het die 100 m- en 200 m-item in die klas T13 gewen.
“Ek voel baie geseënd en ongelooflik dankbaar, veral gegewe die feit dat ek twee maande gelede ‘n besering opgedoen het.” Sy moes weens hierdie besering in September aan die Afrikaspele onttrek.
Haar kamermaat in Doha, Anruné Liebenberg, was oorstelp toe sy haar eerste goue medalje by ‘n wêreldkampioenskap gewen het met ‘n oorwinning in die 400 m (T47). Sy het hierdie prestasie opgevolg met ‘n bronsmedalje in die 200 m en ‘n vierde plek in die 100 m.
Op die veld het Maties Parasport se Reinhardt Hamman Suid-Afrika se naam hoog gehou. Hy het die spiesgooi (T38) gewen en was tweede in die gewigstoot.
Vyf ander Maties ook medaljes gewen.
Arnu Fourie het ‘n tweede plek behaal en ‘n Afrikarekord opgestel in een van die skouwedlope van die kompetisie: die 100 m in die klas T44 wat deur die Amerikaner Richard Browne in ‘n wêreldrekordtyd van 10.61 gewen is.
Dyan Buis het sy seisoen afgesluit met twee silwermedaljes – verspring en 200 m (T38). Fanie van der Merwe moes tot op die laaste dag van die kompetisie wag om sy silwermedalje in die 100 m (T37) te wen. Hy was ook die bronsmedaljewenner in the 200 m.
Ander medaljewenners was Charl du Toit (silwer in die 400 (T37)) en Zanele Situ (brons in die spiesgooi (F54)).
Anroux Marais van die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport het die plaaslike atlete en hul afrigters op die Kaapstadse lughawe ingewag.
“Hierdie Paralimpiese sterre het die provinsie trots gemaak. Hulle dien sonder twyfel as positiewe rolmodelle, nie net vir die jeug van die Wes-Kaap nie, maar vir die hele Suid-Afrika.”
Dr Suzanne Ferreira, afrigter van die baanatlete, het gesê sy is baie trots op hoe die atlete by die omstandighede aangepas het (dit was baie warm), hul professionele benadering en die karakter wat hulle getoon het.
“Hulle is ongelooflike ambassadeurs. Die gees was positief en hulle het mekaar ondersteun en gemotiveer. Dit was ‘n voorreg om deel te wees van hierdie spangees.
“Ná Doha is ek persoonlik baie positief oor Rio 2016. Ons kan egter nie op ons louere rus nie en sal moet nadink oor wat gewerk het en waaraan daar nog gewerk moet word.”
Karin le Roux, veldafrigter, het ook verwys na die positiewe spangees.
“Ons kan trots wees op elke atleet wat deelgeneem het. Hulle het alles gegee.
“Ons gaan regtig probeer om die spangees en positiewe energie te behou en dit te gebruik as ‘n basis vir ons voorbereiding vir Rio 2016.”
Photos: Doha2015 / Getty Images
Maties Parasport athletes crowned as world champions : 2015-11-02
Anruné Liebenberg and Ilse Hayes, members of the Maties Parasport Club and room mates at the IPC Athletics World Champs in Doha were crowned world champions in their respective events this week.
Liebenberg, a student in the Faculty of Education, won South Africa’s first gold medal at the championships on Monday in the 400m (T47). She ran her best time this season (56.65s) to beat Cuba’s Yunidis Castillo (59.79) and Russia’s Alexandra Moguchaya (1:01.50).
Dr Suzanne Ferreira, her coach, said she is very proud of Anruné and excited about the strategy she applied.
“This achievement is a stepping stone to Rio 2016. Anruné is ecstatic and very proud of her first gold medal at a world championship.”
On Tuesday Liebenberg also qualified for the final of the 200m (T47).
Hayes, who was named SU’s Sportswoman of the Year for people with disabilities recently, won South Africa’s second gold medal in the 200m (T13). Her time of 25.24s was good enough to beat the USA’s Kym Crosby (25.93) and Morocco’s Sanaa Benhama (26.35). Another Maties Parasport athlete Anika Pretorius came 5th in the same event.
Hayes will run in the heats of the 100m (T13) on Thursday. She is the world record holder in this event.
By the end of Tuesday (day 6) South Africa’s medal count stood on eight, with seven of these medals going to Maties Parasport athletes.
Dyan Buis won two silver medals (long jump and 200m in the class T38), while Reinhardt Hamman won silver in the shot put (F38). Zanele Situ and Fanie van der Merwe both won bronze medals in the javelin (F54) and 200m (T37) respectively.
AFRIKAANS
Maties Parasport-atlete gekroon as wêreldkampioene
Anruné Liebenberg en Ilse Hayes, lede van die Maties Parasport-klub en kamermaats by die Internasionale Paralimpiese Komitee se Atletiekwêreldkampioenskapsbyeenkoms in Doha, is hierdie week as wêreldkampioene in hul onderskeie items gekroon.
Liebenberg, ‘n Opvoedkunde-student aan die Universiteit Stellenbosch, het Maandag Suid-Afrika se eerste goue medalje by die kampioenskap gewen in die 400m (T47). Sy het haar beste tyd dié seisoen (56.65s) aangeteken om Kuba se Yunidis Castillo (59.79s) en Rusland se Alexandra Moguchaya (1:01.50s) te klop.
Dr Suzanne Ferreira, haar afrigter, het gesê sy is baie trots op Anruné en opgewonde oor die strategie wat sy toegepas het.
“Dit dra alles by tot voorbereiding vir Rio 2016. Anruné is in ekstase en baie trots op haar eerste goue medalje by ‘n wêreldkampioenskapsbyeenkoms.”
Liebenberg het Dinsdag vir die finaal van die 200m (T47) gekwalifiseer wat Woensdagaand plaasgevind het.
Hayes, wat onlangs as die US se Sportvrou van die Jaar vir persone met gestremdhede aangewys is, het Suid-Afrika se tweede goue medalje verower in the 200m (T13). Met haar tyd van 25.24s, het Hayes die VSA se Kym Crosby (25.93) en Marokko se Sanaa Benhama (26.35) getroef.
Hayes het die Afrika-spele in September weens ‘n besering misgeloop en het ná haar oorwinning gesê sy was baie bly dat sy dit vir haarself en haar span kon doen.
Nóg ‘n Maties Parasport-atleet Anika Pretorius het 5de gekom in dieselfde wedloop.
Hayes sal Donderdag aan die uitdunrondes van die 100m (T13) deelgeneem. Sy is die wêreldrekordhouer in hierdie item.
Suid-Afrika se medaljetelling het teen die einde van Dinsdag (dag 6) op agt gestaan, waarvan sewe medaljes deur Maties Parasport-atlete gewen is.
Naas Liebenberg en Hayes, het Dyan Buis, ook ‘n Opvoedkunde-student, twee silwer medaljes gewen (verspring en 200m in die T38-klas).
Reinhardt Hamman het ‘n silwer medalje gewen in gewigstoot (F38), en Zanele Situ en Fanie van der Merwe het albei brons gewen, onderskeidelik in spiesgooi (F54) en 200m (T37).