Kobus en Edwill Steinhoff Maties Rugby se groot wenners : 2016-10-10
Kobus van Dyk en Edwill van der Merwe was die blinkste sterre van Steinhoff Maties Rugby se jaarlikse toekenningsaand.
Van Dyk – wat vanjaar sy debuut vir die Stormers gemaak het – is as Maties se Voorspeler van die Jaar en die klub se Senior Speler van die Jaar aangewys. By die afgelope week se Westelike Provinsie se toekkenningsaand is Van Dyk ook as Mees Belownde Voorspeler aangewys. Dit was beslis ‘n groot jaar vir Van Dyk, wat ‘n sleutelrol gespeel het in Maties se tog na die Varsitybeker-eindstryd.
Kort op sy hakke was die eerste jaar Van der Merwe wat as Maties se Agterspeler van die Jaar en Junior Klubspeler van die Jaar aangewys is. Soos Van Dyk het hy ook ‘n WP-toekenning ontvang toe hy met die BOUNCE o.21 Speler van die Jaar prys weggestap het. Van der Merwe was deel van die Suid-Afrikaanse o.20-span en was saam met Curwin Bosch die enigste twee Suid-Afrikaners wat in die Wêreldtoernooi se Droomspan ingesluit is.
Die Sewesspeler van die Jaar is Kyle Steyn. Hy was deel van die seëvierende Maties by die USSA- en die Varsity Sport-toernooie.
Kaptein van die Maties-span wat die WP Presidentsbeker gewen het, Wilhelm van der Sluys is as Klublid van die Jaar aangewys. Van der Sluys het sy laaste wedstryd vir Maties vanjaar gespeel en verlaat die klub as een van die legendes van Maties Rugby.
Maties Sport se jaarlikse Toekeningsaand is op 19 Oktober.
Kobus and Edwill Steinhoff Maties Rugby’s big winners
Kobus van Dyk and Edwill van der Merwe were the brightest stars at Steinhoff Maties Rugby’s annual awards night.
Van Dyk – who made his debut for the Stormers this season – was named Maties Forward of the Year and the club’s Senior Player of the Year. Van Dyk was also named Most Promising Forward at the Western Province Awards evening. It was definitely a great year for Van Dyk, who played a key role in Maties road to the Varsity Cup final.
Hot on his heels was the first year Van der Merwe, who was named Maties Backline Player of the Year and Junior Club Player of the Year. Like Van Dyk he also received a WP award when he won the BOUNCE u21 Player of the Year prize. Van der Merwe was part of the South African u20 team and with Curwin Bosch were the only South Africans to be included in the World Cup tournament’s Dream Team.
The Sevens Player of the Year is Kyle Steyn. He was part of the victorious Maties teams at the USSA and the Varsity Sport tournaments.
Captain of the Maties team that won the WP President’s Cup, Wilhelm van der Sluys was named Club Member of the Year. Van der Sluys played his last game for Maties this year and is leaving the club as one of the legends of Maties Rugby.
Maties Sport’s annual Awards evening is on 19 October.
Maties Sewes wen derde Varsity-titel : 2016-05-04
Maties se Pieter Schoonraad is welverdiend as die Speler van die Toernooi aangewys by die pas afgelope Varsity Sports-sewestoernooi wat by Villager-rugbyklub aangebied is.
As kaptein het Schoonraad sy span gelei tot Maties se derde Varsity Sewes-titel. Maties het die titel ook in 2013 en 2014 gewen, maar kon in 2015 nie die halfeindronde van die kompetisie haal nie.
Maties het UWK Maandag in ’n taai eindstryd met 19-5 geklop. Die halftydtelling was 5-5, maar Maties het in die tweede helfte beheer van die wedstryd geneem.
Paul de Wet het twee drieë in die eindstryd gedruk en is as die Speler van die Wedstryd aangewys.
Schoonraad se individuele beloning was nie ’n verrassing nie. Die Maties-kaptein het soos ’n poppemeester deurentyd sy span se aanvallende en verdedigingslyne beheer. Dit het egter nie beteken Schoonraad het gestaan en kyk hoe sy manne die instruksies uitvoer nie. Inteendeel. Schoonraad was die enigste Matie wat nie ’n drie in die toernooi gedruk het nie en dit sê dalk die meeste van die tipe speler wat hy vir sy span was.
“Die Speler van die Toernooi-toekenning beteken baie. Ek sien myself as ’n speler wat elke wedstryd alles gee. Elke oomblik tot die laaste een,” het Schoonraad gesê.
“Dit was ’n wonderlike toernooi vir die span. Ons is ’n hegte eenheid. Dit was vir ons belangrik om elke wedstryd op ons eie spel te fokus. Die nederlaag teen Tukkies (in die uitspeelrondes) was beslis ’n bedekte seën, glo ek. Dit was soos ’n wekroep aan die einde van die eerste dag om te onthou van die uitdaging wat nog wag.”
Volgens Schoonraad was die eindstryd baie taai, veral die eerste helfte.
“Die eerste 10 minute het albei spanne alles gegee. Dit was hoëintensiteitrugby. Ons ken UWK se spel en spelers goed, want ons het voor die toernooi gereeld teen hulle oefenwedstryde gespeel. Dit het beslis op die dag gehelp. In die tweede helfte het alles wat ons voor die toernooi ingesit het, begin uitwerk op die veld.”
Nou is dit eers terug na die boeke en 15 man-rugby voordat Schoonraad-hulle begin voorberei om hul USSA-titel in Desember te verdedig.
ENGLISH
Maties Sevens wins third Varsity title
Maties’ captain Peter Schoonraad was deservedly named the Player of the Tournament at the recent Varsity Sports Sevens tournament played at the Villager Rugby Club.
Schoonraad led his team by example to Maties’ third Varsity Sevens title. Maties also won the title in 2013 and 2014, but failed to reach the semi-finals of the competition in 2015.
On Monday, Maties beat UWC by 19-5 in a tough final. The halftime score was 5-5, but Maties took control of proceedings in the second half.
Paul de Wet scored two tries in the final and was named the Player of the Match. He was also named the Steers Most Valuable Player of the Tournament.
Schoonraad’s individual reward was no surprise. Like a true puppet master the Maties captain took control of his team’s attacking and defensive lines. This does not mean Schoonraad just watched while his men executed his instructions. On the contrary, Schoonraad was the only Matie that did not score a try in the tournament and this shows best what kind of player he is for his team.
“The Player of the Tournament award means a lot. I see myself as a player that gives everything in each game…every single moment until the last one,” Schoonraad said.
“It was a great tournament for the team. We are a tight unit, much like a family. It was important for us to focus on our own style of play in every game. The defeat against Tuks was a blessing in disguise, I believe. It was like a wake-up call at the end of the first day to remember the challenge that still lay ahead of us.”
According to Schoonraad the final was very tough, especially the first half.
“Both teams gave it their all during that first ten minutes. It was high-intensity rugby. We know UWC’s game and players well because we played against them in warm-up matches before the tournament. It certainly helped on the day. In the second half, everything that we put in before the tournament began to work on the field.”
Now it’s back to the books and 15-man rugby for Schoonraad and his teammates before they start preparing to defend their USSA title in December.
Maties 7s USSA champs again : 2015-12-02
The Steinhoff Maties Sevens rugby team won the 2015 USSA tournament for the third time since 2010 to end the year on a high.
Maties beat Kovsies in the final in George after they beat UJ in the semifinal. “Every tournament where Maties play is a tournament we want to win,” said coach Ian Campbell Mc Geachy.
“Initially you are just so relieved that the team won the tournament and then later you feel the happiness. It was very important for us to win the USSA tournament especially after we didn’t do that great in the Varsity series. It was not a true reflection of how hard we had worked. It is necessary to win tournaments if we want to make the Sevens program at Maties work. ”
According to Campbell Mc Geachy the team did not play to its full potential on day one, but on day two it was a different story. “We played good rugby against strong competition. In the playoffs it is always necessary to do your best, because no matter who your opponent is, anything can happen. There were fewer teams this year, but the level of competition was high on the second day.”
Maties’ Braam Venter was named Player of the Tournament. “We won the tournament with a team effort, but Braam deserves special mention. He scored a hat trick in the semifinal and final. He undoubtedly deserves recognition as player of the tournament.”
Maties 7s weer USSA-kampioene
Die Steinhoff Maties Sewes-rugbyspan het die 2015 USSA-toernooi vir die derde keer sedert 2010 gewen om so die jaar op ‘n hoogtepunt af te sluit.
Maties het Kovsies in die eindstryd in George geklop nadat hulle met UJ in die halfeindstryd afgereken het. “Elke toernooi waarin Maties speel, is ‘n toernooi wat ons wil wen,” het afrigter Ian Campbell-Mc Geachy vertel.
“Aanvanklik is mens net so verlig dat die span die toernooi gewen het en later word jy bly. Dit was vir ons baie belangrik om die USSA-toernooi te wen veral nadat ons nie so goed gedoen het in die Varsity-reeks nie. Dit was nie ‘n ware weerspieeling van hoe hard ons gewerk het nie. Dit is nodig om toernooie te wen as ons die Sewes-program by Maties wil maak werk.”
Volgens Campbell-Mc Geachy het die span nie volgens sy volle potensiaal op dag een gespeel nie, maar op dag twee was dit ‘n ander storie. “Ons het goeie sewesrugby gespeel teen sterk kompetisie. In die uitkloprondtes is dit altyd nodig om jou beste te lewer, want maak nie saak wie jou teenstander is nie, enige iets kan gebeur. Daar was vanjaar minder spanne, maar die vlak van kompetisie en spel was hoog op die tweede dag.”
Maties se Braam Venter is as die Speler van die Toernooi aangewys. “Ons het die toernooi met ‘n spanpoging gewen, maar Braam verdien spesiale vermelding. Hy het ‘n driekuns in die halfeindstryd en eindstryd behaal. Hy het sonder enige twyfel die erkenning as speler van die toernooi verdien.”
Maties 7s ready for USSA : 2015-11-24
With mere days to go until the 2015 USSA Sevens Rugby tournament in George the Maties Sevens’ team is set for a third title the past few weeks.
In recent weeks Maties have won the Super 7s title at the Villager rugby club and this weekend they capped off the Western Province Club Rugby Sevens Series with an overall victory. Maties played against Tygerberg in the final of the series.
“I could not have asked more from my team,” said coach Ian Campbell-Mc Geachy. “I am extremely proud of every single player. We achieved the goals we set our for the Super 7s and WP Club series. We have played really good rugby in both tournaments and what is best of all is the consistency that we played with. We played more than 30 games and lost only once and drew one game. As a coach I am very happy. We are now looking forward to USSA and hope to bring that trophy back to Stellenbosch again.”
Maties won USSA in 2010 and 2012. They played in the finals the past two years. The tournament is held at the NMMU Saasveld campus in George from 30 November to 1 December.
AFRIKAANS
Maties 7s gereed vir USSA
Met net enkele dae om te gaan voor die 2015 USSA Sewesrugby-toernooi in George begin, is Maties se Sewesspan gereed om sy derde titel die afgelope paar weke te wen.
Maties het reeds die Super 7s gewen en die afgelope naweek ook koning gekraai in die Westelike Provinsie Klubrugby Sewesreeks. Maties het Tygerberg in die eindstryd van die reeks geklop.
“Ek kon nie vir meer van my span gevra het nie,” het afrigter Ian Campbell-Mc Geachy vertel. “Ek is baie trots op elke speler in die span. Ons het die doelwitte bereik wat ons gestel het vir die Super 7s en die WP-reeks. Die span speel regtig goeie rugby en vir my is die beste van als egter die konsekwentheid waarmee die span gespeel het. Ons het meer as 30 wedstryde gespeel en net een wedstryd verloor en een was gelykop. As afrigter is ek baie tevrede met my span. Ons sien nou uit na USSA en hoop om die trofee weer terug te bring Stellenbosch toe.”
Maties het die USSA-titel in 2010 en 2012 gewen. Die afgelope twee jaar het hulle in die eindstryd van die toernooi gespeel. Aksie begin Maandag 30 November in George by die Saasveld-kampus van die NMMU. Dit eindig 1 Desember.
Maties Sevens rugby benefits greatly from HP programme : 2015-04-21
The Maties High Performance programme is helping Maties Sevens Rugby to be the best prepared and equipped university Sevens team in the country.
“The players benefit greatly from the HP program as it allows them to train not only harder, but also smarter. It improves their tangible rugby abilities and also the vital accompanying decision-making that distinguishes good from great players. The HP program contributes to our vision of being the leading Student Sevens program both internationally and nationally,” said coach Ian Campbell-Mcgeachy.
The Maties HP programme consists of three main categories: Performance Management, Performance Enhancement and Athlete Empowerment. There is also Sports Medicine.
Performance management is planning, monitoring and evaluation of the high performance programme custom developed specifically for the team, coach and/or athlete and includes quality insurance and special event training programme for tournaments like USSA.
Performance enhancement involves strength and physical conditioning, performance analysis, vision and decision training and testing. These training sessions and tests are lab and field based.
Player empowerment entails sport-related mental skills training and knowledge development. There is also special academic and development support. Athletes can also rely on a long-term sustainable academic programme. The High Performance programme is focused on the player as a sportsman/woman and a student.
“At its heart the High Performance programme is about attracting and retaining top athletes and coaches to an inclusive holistic and elite training environment that will offer opportunity for the them to achieve at national and international levels,” said Jenny King from Maties HP.
The Sevens’ HP programme includes various tests like Functional Movement Screen (FMS), agility, smart jump andvision. The physical preparations are gym, field and vision sessions. Then there are technical preparations where gym sessions are filmed and players are then given feedback on their technique. Testing is also done for speed and field sessions.
Players have sessions for field training, mental skills, gym, conditioning, speed, vision, innovation and fatigue testing.