Maties win USSA swimming crown for the first time since 2008 : 2015-12-01
The Maties swimming team had to fend off a last-minute onslaught by the team from the University of Pretoria (UP-Tuks) to win the USSA swimming competition for the first time since 2008.
The annual University Sport South Africa (USSA) competition was hosted in Johannesburg this past weekend.
Maties took the lead early on but Tuks’ swimmers fought back so fiercely on the last day that they were ahead by two points with four items to go.
According to Pierre de Roubaix, head coach and manager of Maties Swimming, everything hinged on the last two relays.
“With relay team member Pam Hendry (winner of the 50m and 200m breast stroke items) becoming so sick overnight that she had to be hospitalised, Maties decided to include Janneke Malan (winner of the 50m, 100m and 200m backstroke items) in the relay with Anika Kruger (winner of the 100 freestyle item), Caitlin Kat (winner of the 200m, 400m and 800m freestyle items) and Emma Chelius (winner of the 50m freestyle item),” De Roubaix said.
“The women did very well to beat the team from Pretoria easily and improve the competition record.”
The men’s relay team came a close second but did enough to ensure that Maties earned enough points to beat Tuks and take the USSA competition title for the first time since 2008.
Final results:
Men: 1st University of Pretoria (UP); 2nd Stellenbosch University (US); 3rd Nelson Mandela Metropolitan University (NMMU).
Women: 1st SU; 2nd UP, 3rd Wits.
Overall: 1st SU; 2nd UP, 3rd NMMU.
Caitlin Kat was named the female MVP (Most Valuable Player/Swimmer) of the competition, while Liam Fourie came third in the same competition for the men.
Dr Karin Hugo, one of the swimming coaches, said she is very proud of the Matie swimmers.
“The whole team had to work together to earn each point and we are ecstatic about the result!”
AFRIKAANS
Maties wen USSA-swemkompetisie vir eerste keer sedert 2008
Maties se swemspan het die afgelope naweek ‘n verbete aanslag deur die span van die Universiteit van Pretoria (UP-Tuks) afgeweer om vir die eerste keer sedert 2008 as die wenners van die USSA-swemkompetisie uit die stryd te tree.
Die jaarlikse Universiteitesport Suid-Afrika (USSA)-kompetisie is in Johannesburg aangebied.
Maties het uit die staanspoor die voortou geneem, maar Tuks se swemmers het op die laaste dag só teruggeveg dat hulle met vier items oor twee punte voor Maties was.
Volgens Pierre de Roubaix, hoofafrigter en bestuurder van Maties se swemklub, het alles van die uitslag van die laaste twee aflosse (4 x 50m-vryslag) afgehang.
“Met aflosspanlid Pam Hendry (wenner van die 50m- en 200m-borsslagitem) wat oornag só siek geword het dat sy in die hospitaal opgeneem moes word, het Maties vir Janneke Malan (wenner van die 50m-, 100m- en 200m-rugslagitem) nader geroep om saam met Anika Kruger (wenner van die 100m-vryslagitem), Caitlin Kat (wenner van die 200m-, 400m- en 800m-vryslagitem) en Emma Chelius (wenner van die 50m-vryslagitem) aan die aflos deel te neem,” het De Roubaix gesê.
“Die vroueswemmers het hul uitstekend van hul taak gekwyt om die span van Pretoria maklik te klop en ook die byeenkomsrekord te verbeter.”
Maties se mansaflosspan het met ‘n kortkop tweede gekom, maar hierdie uitslae was goed genoeg dat Maties Tuks kon verbysteek om vir die eerste keer sedert 2008 as USSA-kampioene gekroon te word.
Die finale uitslag was:
Mans: 1ste Universiteit van Pretoria (UP); 2de Universiteit Stellenbosch (US); 3de Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU).
Vroue: 1ste US; 2de UP, 3de Wits.
Algeheel: 1ste US; 2de UP; 3de NMMU.
Caitlin Kat is as die vroueswemmer van die kompetisie aangewys, terwyl Liam Fourie derde geëindig het in dieselfde kompetisie vir mans.
Dr Karin Hugo, een van die swemafrigters, het gesê sy is baie trots op die Matie-swemmers.
“Die hele span moes saamwerk vir elke liewe punt en ons is in ekstase oor die uitslag!”
Maties 7s ready for USSA : 2015-11-24
With mere days to go until the 2015 USSA Sevens Rugby tournament in George the Maties Sevens’ team is set for a third title the past few weeks.
In recent weeks Maties have won the Super 7s title at the Villager rugby club and this weekend they capped off the Western Province Club Rugby Sevens Series with an overall victory. Maties played against Tygerberg in the final of the series.
“I could not have asked more from my team,” said coach Ian Campbell-Mc Geachy. “I am extremely proud of every single player. We achieved the goals we set our for the Super 7s and WP Club series. We have played really good rugby in both tournaments and what is best of all is the consistency that we played with. We played more than 30 games and lost only once and drew one game. As a coach I am very happy. We are now looking forward to USSA and hope to bring that trophy back to Stellenbosch again.”
Maties won USSA in 2010 and 2012. They played in the finals the past two years. The tournament is held at the NMMU Saasveld campus in George from 30 November to 1 December.
AFRIKAANS
Maties 7s gereed vir USSA
Met net enkele dae om te gaan voor die 2015 USSA Sewesrugby-toernooi in George begin, is Maties se Sewesspan gereed om sy derde titel die afgelope paar weke te wen.
Maties het reeds die Super 7s gewen en die afgelope naweek ook koning gekraai in die Westelike Provinsie Klubrugby Sewesreeks. Maties het Tygerberg in die eindstryd van die reeks geklop.
“Ek kon nie vir meer van my span gevra het nie,” het afrigter Ian Campbell-Mc Geachy vertel. “Ek is baie trots op elke speler in die span. Ons het die doelwitte bereik wat ons gestel het vir die Super 7s en die WP-reeks. Die span speel regtig goeie rugby en vir my is die beste van als egter die konsekwentheid waarmee die span gespeel het. Ons het meer as 30 wedstryde gespeel en net een wedstryd verloor en een was gelykop. As afrigter is ek baie tevrede met my span. Ons sien nou uit na USSA en hoop om die trofee weer terug te bring Stellenbosch toe.”
Maties het die USSA-titel in 2010 en 2012 gewen. Die afgelope twee jaar het hulle in die eindstryd van die toernooi gespeel. Aksie begin Maandag 30 November in George by die Saasveld-kampus van die NMMU. Dit eindig 1 Desember.