Loading Events

« Alle Intreeredes

  • This event has passed.

Prof Johan Fourie

Intreerede

Mei 17, 2022 @ 17:3018:30

Fakulteit Ekonomie en Bestuurswetenskappe

Suid-Afrika se Lang Pad na Ekonomiese Vryheid: ’n Persoonlike Reis

Hierdie is ʼn verhaal van Suid-Afrika se ekonomiese ontwikkeling, vertel deur die geskiedenis van my familie, die Fouries. Sedert die aankoms van die Hugenoot-vlugteling Louis Fourie by die suidpunt van Afrika 333 jaar gelede tot met die geboorte van my seun, Dawid Fourie, in 2021, het die Fouries bygedra tot die vorming van, en is ons gevorm deur, die ekonomiese, politieke en sosiale veranderinge in ʼn land wat talle verkeerde wendinge geneem het, maar, soos ek hopelik sal toon, ook vorentoe beweeg het. Ondanks die huidige mistroostige vooruitsigte is dit belangrik om te onthou dat ons beter lewens lei as wat ons voorouers hulle ooit sou kon indink. Baie werk lê egter voor om te verseker dat almal deel in hierdie voorspoed.

Kyk die intreerede hier

Kort biografie

Johan Fourie is ʼn professor in die Departement Ekonomie van die Universiteit Stellenbosch, waar hy ekonomiese geskiedenis aan voorgraadse en nagraadse studente doseer. Fourie het in 2006 as junior dosent by die Departement aangesluit. In 2012 verwerf hy ʼn PhD in Ekonomiese Geskiedenis aan die Universiteit van Utrecht in Nederland, waarvoor die prys vir beste proefskrif in Vroeë Moderne Geskiedenis in 2015 by die Wêreld- Ekonomiese Geskiedeniskongres in Kyoto toegeken is. Hy ontvang ook die Ken Sokoloff-genootskap tydens sy PhD-studies.

Sedert 2015 koördineer Fourie die Laboratory for the Economics of Africa’s Past (LEAP), ʼn interdissiplinêre navorsingseenheid in die Departement Ekonomie. LEAP voer tans twee groot projekte uit. Fourie is hoofnavorser vir die projek “Biography of an Uncharted People”, wat deur die Andrew W. Mellon-stigting befonds word, en medehoofnavorser (met Erik Green) vir die projek “Cape of Good Hope Panel” (2021–2026), deur die Riksbankens Jubileumsfond befonds.

Fourie het reeds meer as 80 navorsingsartikels in vooraanstaande vaktydskrifte op die gebied van ekonomie en ekonomiese geskiedenis gepubliseer, insluitende die Economic History Review, Explorations in Economic History and World Development. Sy 2019-artikel saam met Dieter von Fintel in die Journal of Comparative Economics het in 2020 die Montias-toekenning ontvang. Fourie is ʼn stigterslid van die African Economic History Network, ʼn voormalige redakteur van Economic History of Developing Regions, ʼn voormalige president van die Economic History Society of Southern Africa en sluit in Julie 2022 aan as lid van die Uitvoerende Komitee van die International Economic History Association.

RSVP vir hierdie Intreerede


Kyk die intreerede hier

Besonderhede

Datum:
Mei 17, 2022
Tyd:
17:3018:30

Organiseerder vir intreerede

Amira Brown
Epos:
browna@sun.ac.za

Lokaal

Room 1046, Van der Sterr Building, Bosman Street, Stellenbosch
12 Bosman Street
Stellenbosch, Western Cape 7600 South Africa
+ Google Map
Website:
Fakulteit Ekonomie en Bestuurswetenskappe
Afrikaans