Every 90 days your pc prompts you to change your password. Which in turn makes you sigh with despair, conveniently ignore the message and postpone it until the absolute last day. And why? Because choosing a password you won’t forget after two days takes some effort and brain power.
Passwords are like taxes, municipal fees and ridiculous bank fees – frustrating, but necessary. (ok, maybe they’re not all necessary, but you get my point.)
Your best solution? Just change it immediately and you won’t be confronted by a looming “your password expires in x days” message every day. To make the process as fast and painless as necessary, we have a few suggestions.
When your pc prompts you to change your password, go directly to http://www.sun.ac.za/useradm. Before you change your password, log out of your Inetkey and Outlook to make the synchronisation easier. If possible, don’t change your password while connected via wireless. Rather use your network cable and deactivate the wireless.
If you only use your pc at home and it’s not connected to the network, the change of passwords will only apply to your email and Inetkey. The initial password on your pc will therefore not be changed unless it’s on the network. For passwords to synchronise correcly, a pc/laptop has to be connected to one of the US domains.
This week 6.5 million LinkedIn accounts were hacked into and this one again emphasises the necessity for strong passwords.
In particular take note of the following:
- you can’t use your previous 10 passwords again.
- your new password can not consist of your username, name or any variation of your current password.
- your passwords have to consist of 8 or more characters.
- passwords have to consist of at least 3 characters of the following groups: small caps, capital letters, numbers and special characters. (for example %,$,#)
If you changed your password and it hasn’t updated fast enough on your cellphone or tablet, reset the password to the latest one and contact IT to unlock your account. This will prevent you from having to change your password again.
Elke 90 dae gee jou rekenaar `n boodskap wat jou laat sug van moedeloosheid en jy dan eerder ignoreer en uitstel tot op die nippertjie. En hoekom? Want dit verg `n klein bietjie moeite en breinkrag om `n oorspronklike wagwoord uit te dink wat jy nie na twee dae gaan vergeet nie.
Wagwoorde een van daai dinge soos belasting, munisipale rekeninge en onnodige bankkostes – frustrerend, maar nodig (goed, miskien is hulle nie almal per se nodig nie, maar julle verstaan my punt.)
Die beste oplossing is om dit so vinnig as moontlik te doen en dan hoef jy nie vir die volgende 14 dae gekonfronteer te word deur `n treiterende boodskappie nie. Om die proses so vinnig en pynloos moontlik af te handel, gee ons `n paar voorstelle.
As jy die eerste keer die boodskap kry, gaan direk na http://www.sun.ac.za/useradm. Voordat jy jou wagwoord verander, log eers uit inetkey en Outlook om die sinkronisasieproses te vergemaklik. Indien moontlik, moenie “wireless” gebruik as jy jou wagwoord verander nie, gebruik eerder jou netwerkkabel en deaktiveer “wireless”.
Indien die rekenaar slegs tuis gebruik word, en nie op die netwerk gekoppel is nie, sal die verandering van wagwoorde net ‘n effek hê op u e-pos en inetkey op die tuisrekenaar en sal die aanvanklike wagwoord van die rekenaar nie ook verander, tensy dit op die netwerk gekoppel word nie. Vir wagwoorde om korrek te sinkroniseer, moet die rekenaar/laptop aan een van die US se domeins gekoppel wees.
Hierdie week is daar in 6.5 miljoen LinkedIn rekeninge ingebreek en dit beklemtoon weereens die noodsaaklikheid van `n sterk wagwoord.
Let veral op die volgende:
- Die vorige 10 gebruikte wagwoorde kan nie weer gebruik word nie.
- Jou gebruikersnaam, naam of huidige wagwoord mag nie deel vorm van jou nuwe wagwoord nie.
- Jou wagwoorde moet bestaan uit 8 of meer karakters.
- Wagwoorde moet karakters uit 3 van die 4 onderstaande groepe bevat: Klein letters, hoofletters, syfers, spesiale karakters (byvoorbeeld %,$,#)
D1tiswin7er = Dit is winter
P@nn3koeK = Pannekoek
warMKoff13 = Warm koffie
Indien jy die wagwoord verander het en dit nie gou genoeg op jou Selfoon/Tablet opdateer het nie, verander dit na die nuutste wagwoord en skakel IT om rekening te “unlock”. Dit sal verhoed dat jy jou wagwoord weer moet verstel.
Tags: password
Heeltemal korrek, Steve. Sterk wagwoorde het niks met die LinkedIn-geval te doen nie.
Dit beteken egter nie dat sterk wagwoorde nie belangrik is nie, want dit bied ‘n mate van beskerming teen die (rekenaarmatige) raai van wagwoorde.
LinkedIn se groot sonde is blykbaar dat hulle nie die gestoorde, ge-enkripteerde wagwoorde ge-“salt” het nie, m.a.w. nie lukrake karakters tot die gestoorde wagwoorde toegevoeg het nie.
In verband met:
“Hierdie week is daar in 6.5 MILJOEN LINKEDIN REKENINGE INGEBREEK en dit beklemtoon weereens die noodsaaklikheid van `n sterk wagwoord.”
Hierdie is regtig misleidend. Eerste, rapporteer LinkedIn “zero accounts have been compromised as a result of the password leaks” – daar is net gehutsde wagwoorde gelek, nie die wagwoorde self nie.
Maar meer belangrik – geen LinkedIn gebruiker sou geensins veiliger gewees het teen hierdie risiko deur “sterker” wagwoorde te gebruik nie.
Daar is ‘n beter manier om van die hoofpyn van wagwoorde ontslae te raak!
Installeer KeePass en Dropbox, hou jou wagwoordlêer in Dropbox en KeePass op elke rekenaar, tablet en slimfoon wat jy gebruik. Jou wagwoorde is altyd by jou, waar jy hulle ook al nodig het – al is dit een wat jy ‘n jaar laas gebruik het.
Met KeePass hoef jy nie jou kop te breek oor wagwoorde uitdink nie – hy sal dit vir jou doen.
Die KeePass wagwoordlêer is baie sterk ge-enkripteer.
Daar is wel een wagwoord wat jy nie moet vergeet nie – en dis jou KeePass wagwoord.