SEARCH
  • [:en]Recent Posts[:af]Onlangse bydraes

  • [:en]Categories[:af]Kategorieë

  • [:en]Archives[:af]Argiewe

Why the (Ex)change?Hoekom verander na `n nuwe Exchange?

We recently upgraded all Stellenbosch University users from Microsoft Exchange Server 2007 to Exchange Server 2010. Many of you wanted to know why there was a need to change from the previous version to something different and new. Believe it or not, the new version has quite a few advantages – at the back end and for you as a regular Outlook user. 

The most obvious difference between the old and new versions can be seen in Webmail. The new Webmail (otherwise knows as the Outlook WebApp) has a new look and feel and some handy new functionality.

Webmail 2010 provides the same conversation view and experience as your Outlook 2010.

Messages are displayed in threads so that all the messages on a particular topic are grouped. No more searching for a previous message to check what the response is referring to. When a new message in a thread comes in, the whole thread gets moved chronologically to the date/time of the new message. Conversation view has its benefits and drawbacks, but if you don’t like it, you can turn it off. Just right-click Arrange By, scroll down to Conversations, and deselect Show Messages In Conversations.

With 2010, you can forward an email message as an attachment. This can come in handy if you need to forward a message to someone but don’t necessarily want the person to open it immediately. You can create an original message where you can tell the person about the attachment.

Previously Internet Explorer was the preferred browser for Webmail. With Firefox you got a “light” version of Webmail instead. 2010 supports the complete, premium experience on Mac OS X with Safari as well as with Firefox.

Another feature is the ability to open up a shared calendar and view it side by side with your own calendar. This is invaluable if you need to make plans that include coordinating your schedule with someone else’s. You can share your calendar with other users of your Exchange 2010 server.

Other advantages in Outlook 2010 are mail tips. This feature will warn you if you use “reply all” to a very large group or if you send sensitive material. Mail tips will also let you know if you are sending an email to someone who has his or her “Out of office” or email auto-reply on.

Moderated transport allows allows distribution lists and mailboxes to be moderated by a non-admin user such as a manager who has to approve messages before they are delivered.

One of the biggest advantage of all these is the lower storage cost. The Exchange Server 2010 database engine is up to 70% more efficient than Exchange Server 2007 in terms of disk read/write performance.  This makes it possible to deploy much larger databases, with much larger mailbox quotas, on much larger disks.

This in turn means more space for you.  All staff members now have a mailbox limit of 1GB, effectively doubling the space available to you from your Exchange 2007 mailbox.

Want to know more? 

Informasie Tegnologie het onlangs alle Stellenbosch Universiteit gebruikers opgradeer van Microsoft Exchange Server 2007 na Exchange Server 2010. Baie van julle wou weet  hoekom dit nodig was om te verander van die bestaande weergawe na iets anders en nuut.  Glo dit of nie, die nuutste Exchange het `n hele paar voordele – tegnies en ook vir jou as gereelde Outlook-gebruiker.  

Die duidelikste verskille tussen die twee weergawes kan gesien word in Webmail. Die nuwe Webmail (ook bekend as die Outlook WebApp) het `n nuwe ontwerp en ook `n paar handige nuwe funksies.

Webmail 2010 gebruik dieselfde  “gesprek”-uitleg as jou Outlook 2010.

Boodskappe word gewys in stringe sodat alle boodskappe oor `n spesifieke onderwerp logies saam gegroepeer word. Jy hoef nie meer te soek vir `n boodskap om te verstaan wat die konteks van iemand se antwoord is nie. As `n nuwe boodskap ontvang word, skuif die hele string chronologies na die tyd en datum van die nuutste boodskap.

Hierdie uitleg het voordele en nadele. As dit nie vir jou werk nie, kan jy dit maklik afskakel. Kliek net op Arrange By, rol af na  Conversations, en deselekteer Show Messages In Conversations.

Met 2010 kan jy ook `n e-pos aanstuur as aanhegsel. Dit kan handig te pas kom as jy `n boodskap vir iemand wil aanstuur, maar eers wil hê die persoon moet jou kommentaar lees voor hy die boodskap oopmaak.

Voorheen was die voorkeur webblaaier vir Webmail Internet Explorer. As jy Firefox gebruik het, het jy die afgewaterde weergawe van Webmail gekry. Nou kry jy die volledige Webmail as jy Safari (Mac OS X) of Firefox gebruik.

2010 beskik oor die vermoë om `n gedeelde kalender oop te maak en langs jou eie te sien –  handig as jy ook iemand anders se kalender moet koördineer.

E-pos wenke is ook geaktiveer in Oulook 2010. Hierdie funksie sal jou waarsku as jy “reply all” gebruik vir `n groot groep mense of as jy sensitiewe materiaal wil aanstuur. Dit sal jou ook in kennis stel as iemand vir wie jy e-pos stuur sy/haar “Out of office” of  “auto-reply” aangesit het.

Gereguleerde verkeer laat toe dat verspreidingslyste en posbusse gemodereer word deur `n nie-admin gebruiker soos `n bestuurder wat boodskappe eers moet goedkeur voordat dit afgelewer word.

Waarskynlik die grootste voordeel is die lae stoorkoste. Exchange Server 2010 se databasis-enjin is tot 70% meer effektief as Exchange Server 2007 in terme van sy skyf lees- en skryfvermoeë.  Dit maak die uitrol van groter databasisse, met baie groter posbuskwotas op baie groter skywe, moontlik.

Dit beteken meer spasie vir jou. Alle personeellede het nou `n posbus-beperking van 1GB – dubbeld soveel as met Exchange 2007, die vorige weergawe.

Wil jy meer weet?

2 Responses to “Why the (Ex)change?Hoekom verander na `n nuwe Exchange?

  1. Petro Uys says:

    Beste Jeanette
    As Windows XP die bedryfstelsel op die werkstasie is, moet ‘n kliënt daarop installeer word.
    Dit is beskikbaar by: http://support.sun.ac.za/FortinetVPNClient/

    Selekteer die 3de opsie, naamlik
    http://support.sun.ac.za/FortinetVPNClient/SslvpnClient.exe

    Die VPN kliënt gee toegang tot die SU netwerk, en los die probleem met MS Outlook op.

    As jy enige probleme ondervind daarmee, kontak asseblief IT se Dienstoonbank by 0218084367 of stuur ‘n epos aan help@sun.ac.za

    Die ander alternatief is om webmail te gebruik wat beskikbaar is deur aan te teken by http://www.sun.ac.za/webmail of om die werkstasie op te gradeer na Windows 7.

    Groete
    Petro Uys
    Hoof IT Dienstoonbank

  2. Jeannette Groenewald says:

    Ons het nog altyd waardering vir die werk wat IT by die US doen, maar dis nou amper ‘n maand dat ons sukkel tussen (‘n dooie) Outlook, waar alles met mekaar gesinkroniseer is (Word, Excel, Access, Powerpoint, ons Kontakte, Kalender, ens, met ons (opbetaalde) e-pos). Ons het ook al meeermale antwoorde gesoek. Kan u asb nou vir ons in antwoord gee mbt tot die herstel of nie van die direkte koppeling vanaf ons ADSL-lyn buite die kampus (op Stellenbosch) na Stellenbosch Exchange 2010? As ons weet dat dit nie herstel gaan word nie, kan ons self besluit na watter stelsel ons wil migreer, eerder as om in Webmail ingedwing en verder daardeur gefrustreer te word. Baie dankie by voorbaat vir ‘n direkte antwoord, al is dit dat u nog nie weet nie.