Information Technology’s User Services department this year decided to forgo their Christmas presents and rather put a smile on someone else’s face.
Each year staff and IT User services exchange presents to show how much they appreciate their colleagues. This year however, they decided that it’s more important to make a small difference in someone less fortunate’s life, especially at this time of year.
Choosing a charity wasn’t easiest task, but it was decided to support SU’s Employee Volunteer Programme’s campaign to donate toys to terminally ill children. Each staff member donated R50-00 for this cause and with a sum total of R2200-00 gifts were bought for children from the age of 4 to 16.
Staff decided not only to buy the gifts, but also to wrap it themselves and last Friday everyone jumped in and started wrapping until only a huge stack of gifts were left.
We’d like to challenge other departements to rather use the money for their year end function or gifts for a better purpose. Most of us already have everything we need, put many have nothing to look forward to this Christmas. A small gift will make a world of difference to someone else and you won’t even miss the money.
Informasietegnologie se Gebruikersdienste-afdeling het hierdie jaar besluit om hul kersfeespersente te verruil vir `n glimlag op iemand anders se gesig.
Elke jaar ruil personeellede van IT Gebruikersdienste geskenke uit om waardering teenoor hulle kollegas te betoon. Hierdie jaar het hulle saam besluit om die geld op `n beter manier aan te wend en `n klein verskilletjie in iemand minder bevoorreg se lewe te maak – veral die tyd van gedurende Kersfees wanneer dit die nodigste is.
Die keuse van `n organisasie was nie `n maklike taak nie, maar op die ou end is daar besluit om deel te neem aan Universiteit Stellenbosch (US) se Werknemers-vrywilligersprogram se Hospice-projek om speelgoed in te samel vir kinders. Elke personeellid het R50-00 bygedra en met die somtotaal van R2200-00 is geskenke gekoop vir kinders van 4 tot 16 jaar.
Dit het egter nie net by geskenke koop gebly nie! Personeel het besluit hulle wil ook self die toedraaiwerk doen en die afgelope Vrydagmiddag het almal skouer aan die wiel gesit en geknip en plak totdat net `n berg pakkies oorgebly het.
Ons wil ander afdelings uitdaag om ook eerder hulle geskenk- of funksiegeld vir `n goeie doel aan te wend. Die meeste van ons het reeds alles wat ons nodig het, maar daar is ander wat geen vooruitsig hierdie Kersfees het nie. `n Klein geskenkie sal `n verskil in iemand anders se lewe en nie `n groot gat in jou sak maak nie.