Regular KykNet viewers are by now well aware of the first, and so far only, Afrikaans social network with the quirky name, toeter.
toeter’s claims to be “Haas Das se nuuskas”, Antie Stienie’s stoep, Nommer Asseblief’s switch board and the tannie next door gossiping over the gardencrete wall. It’s the note passed on under the desk in class and, the cat being let out of the bag and the fast spreading rumour no-one van put an end to.
There’s no lack of creative marketing, that’s for sure. According to founder, Frans Roelofse, toeter can potentially draw one million users and has a marketing value of R450 million. Which might also explain why Afrikaans TV channel KykNet decided to support the platform and become toeter’s media partner.
toeter is a social network exclusively for everyone speaking Afrikaans – all ages, races, religions or political orientations. Just know, if you don’t adhere to their rules and misuse the platform, you will be hearing from them.
In principle toeter works exactly the same as Twitter, only in Afrikaans. It has the same functionality with a time line and also uses the @ to address other users. The well-known hash tag (#) also makes its appearance here. Users might initially have some trouble getting used to the more creative, Afrikaans terms in comparison to Twitter.
At first glance toeter presents itself as an effective social platform with all the necessary functionality. Unfortunately due to it’s exclusivity as an Afrikaans social network it’s also somewhat limiting and you won’t get as much mileage from it as with the well-established Twitter.
But try it at www.toeter.com and let us know what you think. It’s also already available for the iPhone-, Blackberry- and Android platforms.
Gereelde Kyknet-kykers weet teen die tyd al van die eerste Afrikaanse sosiale netwerk met die beskrywende naam, toeter.
Volgens toeter se webwerf is dit “Haas Das se nuuskas, Antie Stienie se stoep, Nommer Asseblief se skakelbord en die nuuskierige buurvrou wat dringend fluister oor die muur. Dis die briefie wat ongesiens in die klas aangegee word, die aap wat skreeuend uit die mou gelaat word en die blitsvinnige bostelegram wat niemand kan keer nie.”
`n Tekort aan kreatiewe bemarking het toeter sekerlik nie. Volgens Frans Roelofse, die stigter, het dit die potensiaal om een miljoen gebruikers te trek en `n bemarkingswaarde van R450 miljoen. Dis moontlik die rede hoekom Afrikaanse tv-reus Kyknet ook sy gewig by toeter ingegooi het en tans toeter se media-vennoot is.
toeter is `n sosiale netwerk spesiaal vir almal wat Afrikaans praat – alle ouderdomme, rasse, gelowe en politieke oortuigings. Weet net dat daar streng reëls is en jy jou nie daarvolgens gaan gedra nie, jy aangespreek en/of verban gaan word.
In beginsel werk toeter dieselfde as Twitter, net in Afrikaans. Dit het dieselfde funksionaliteit met `n tydlyn en gebruik ook die @-teken om ander gebruikers aan te spreek. Die alombekende hutsmerk (#) word ook deur toeter gebruik. Gebruikers mag dalk net `n tydjie neem om gewoond te raak aan hierdie meer kreatiewe, Afrikaanse terme in teenstelling met die van Twitter.
Op die oog af lyk dit na `n effektiewe sosiale platform met al die nodige funksionaliteit. Ongelukkig, as gevolg van eksklusiwiteit as Afrikaanse sosiale netwerk is dit ook beperkend en gaan jy nie soveel waarde daaruit kan put as uit die gevestigde Twitter nie.
Maar probeer dit gerus by www.toeter.com en laat weet ons wat jy dink. Dis ook reeds beskikbaar op die iPhone-, Blackberry- en Android-platforms.