[:en]
Information Technology recently assessed our OneDrive for Business platform to ensure that no security risks exist for our users and network. During this assessment we identified a number of users who are currently using the anonymous sharing function (“Anyone with the link can view and edit”) on OneDrive.
With anonymous file sharing there is no control or record of who has access to the shared files. Anybody who has the link can access and/or edit the files. This poses a security risk for the University and our users. For this reason we are compelled to switch off anonymous usage.
From Thursday, 1 February 2018 you will no longer be able to share files anonymously on OneDrive. Sharing will still be possible with internal and external users, but at a higher security level.
Guides on best practices for sharing files on OneDrive is available www.sun.ac.za/itselfhelp under the Office365 section or directly on this page. If you are have any enquiries, please contact the IT Service Desk by emailing help@sun.ac.za or calling our Service Desk at 808 4367.
[:af]
Informasietegnologie het onlangs ons OneDrive for Business–platform herevalueer om te verseker dat daar nie enige sekuriteitsrisiko’s vir ons gebruikers en netwerk is nie. Na aanleiding van die evaluering het ons ʼn aantal gebruikers geïdentifiseer wat die anonieme funksie (“Anyone with the link can view and edit”) op OneDrive gebruik om lêers te deel.
Indien lêers anoniem gedeel word, is daar geen beheer of rekord van wie toegang tot die gedeelde lêers het nie. Enige persoon met die skakel het toegang en kan inhoud verander. Dit bied ʼn hoë sekuriteitsrisiko vir die Universiteit en ons gebruikers. Gevolglik is ons verplig om die anonieme deel van lêers af te skakel.
Vanaf Donderdag, 1 Februarie 2018 sal jy nie meer lêers anoniem kan deel op OneDrive nie. Dit sal steeds moontlik wees om inligting te deel met interne en eksterne gebruikers, maar met ʼn strenger vlak van sekuriteit.
Handleidings vir die beste praktyk vir deel van lêers op OneDrive is beskikbaar by www.sun.ac.za/itselfhelp onder die Office365 afdeling of direk op hierdie bladsy. Indien jy enige navrae het, kontak asb. die IT Dienstoonbank deur e-pos te stuur aan help@sun.ac.za of 808 4367 te skakel.
[:]
Tags: Onedrive