[:en]
Staff and students are still falling for this phishing scam, so please be alert when receiving ANY emails from a sun account regarding the request for a quote.
An email with the subject “RFQ” which appears to be from a sun email address was sent to staff and students. The email asks you to click on a link to view a request for a quotation. (also see image below)
This is not a legitimate email, but a phishing attempt from a compromised staff account.
Never provide any personal information by means of email. By clicking on links and providing your information, you give criminals access to your personal information and your accounts.
If you clicked on the link in this phishing email, immediately change your password on www.sun.ac.za/password. For enquiries contact the IT Service Desk by logging a request or calling 808 4367. More information on phishing is available on our blog and Twitter.
[:af]
Personeel en studente is steeds slagoffers van die RFQ strikroof-aanval. Wees asseblief bedag wanneer jy ENIGE e-pos vanaf ’n sun-rekening ontvang oor ’n kwotasieversoek.
’n E-pos met die onderwerp “RFQ” is Woensdag aan sommige studente en personeel gestuur vanaf, wat lyk soos, ’n sun e-pos adres. Die e-pos versoek dat jy op ’n skakel kliek om ’n kwotasieversoek te sien.
Hierdie e-pos is nie ’n geldige e-pos van die persoon nie, maar ’n gekompromiteerde sun personeelrekening. Sedert Woendag is verskeie sun e-posadresse op hierdie wyse blootgestel. Dit het gebeur omdat meer van ons personeel geval het vir die phishing e-pos, op die skakel gekliek het en hulle persoonlike inligting verskaf het.
Wees asb. versigtig wanneer jy ENIGE e-posse van sun e-posadresse ontvang wat ’n kwotasie versoek. Kontak eerder die persoon direk om seker te maak dis geldig. Indien jy nie die persoon ken nie, is dit waarskynlik nie veilig nie, selfs al is dit vanaf ’n sun-adres gestuur.
Moet nooit persoonlike inligting deur middel van e-pos verskaf nie. Indien jy op skakels kliek en jou inligting gee, gee jy toegang aan krininele tot jou persoonlike inligting en jou rekeninge.
Indien jy gekliek het op die skakel in ’n phishing e-pos, verander onmiddellik jou wagwoord by www.sun.ac.za/password. Vir navrae, kontak die IT Dienstoonbank deur ’n versoek aan te teken of bel 808 4367. Meer inligting oor kubersekuriteit is beskikbaar op ons blog en deurlopende nuus word geplaas op Twitter.
[:]
Tags: phishing