[:en]
Spam is unsolicited and often profitable bulk email. Spammers can send millions of emails in a single campaign for very little money. If even one recipient out of 10,000 makes a purchase, the spammer can turn a profit. Unfortunately spam is more than a mere nuisance. It is also used to distribute malware.
Here are a few tips to prevent your mailbox from being flooded with unwanted, dubious e-mails.
Never make a purchase from an unsolicited email.
 By making a purchase, you are funding future spam. Spammers may add your email address to lists to sell to other spammers and you will receive even more junk email. Worse still, you could be the victim of a fraud.
If you do not know the sender of an unsolicited email, delete it.
 Spam can contain malware that damages or compromises the computer when the email is opened.
Don’t use the preview mode in your email viewer.
 Spammers can track when a message is viewed, even if you don’t click on it. The preview setting effectively opens the email and lets spammers know that you receive their messages. When you check your email, try to decide whether a message is spam on the basis of the subject line only.
Don’t overexpose your email address.
 How much online exposure you give your email address is the biggest factor in how much spam you receive. Here are some bad habits that expose your email address to spammers: 
 – Posting to mailing lists that are archived online
 – Submitting your address to online services with questionable privacy practices
 – Exposing your address publicly on social networks (Facebook, LinkedIn, etc.)
 – Using an easily guessable address based on first name, last name and company
 – Not keeping your work and personal email separate
 Use the bcc field if you email many people at once.
 The bcc or blind carbon copy field hides the list of recipients from other users. If you put the addresses in the To field, spammers may harvest them and add them to mailing lists. 
 Use one or two secondary email addresses.
  If you fill out web registration forms or surveys on sites from which you don’t want further information, use a secondary email address. 
 Opt out of further information or offers.
 When you fill out forms on websites, look for the checkbox that lets you choose whether to accept further information or offers. Uncheck if you don’t want to receive any more correspondence.
Take note that information below is an extract from the Sophos Threatsaurus, compiled by Sophos, a security software and hardware company.
[:af]
Gemorspos is ongewensde massa e-pos. Dis dikwels winsgewend vir die versenders aangesien miljoene e-posse in `n enkele veldtog gestuur kan word teen `n lae koste. As slegs een ontvanger uit 10,000 `n aankoop maak, kan die versender `n wins maak. Ongelukkig is gemorspos meer as net `n irritasie. Dit word ook gebruik om malware te versprei.
Hier is `n paar wenke om te verhoed dat jou posbus oorloop van ongewensde, twyfelagtige e-posse.
Moet nooit iets koop deur gemorspos nie.
 Deur iets te koop, befonds jy toekomstige gemorspos. Jy bevestig daarmee dat jou e-pos geldig is en jou e-posadres word dan bygevoeg op `n lys om te herverkoop aan ander gemorsposversenders. Jy sal derhalwe nog meer ontvang en stel jouself bloot aan moontlike bedrog.
Ken jy die persoon wat dit stuur? Nie? Vee dit uit.
 Gemorspos kan malware bevat wat jou rekenaar besmet as jy die e-pos oopmaak.
Moenie die voorskou-opsie in jou e-posprogram gebruik nie.
 Versenders van gemorspos kan sien of jy na die boodskap gekyk het, al maak jy dit nie oop nie. Die voorskou-verstelling maak inderwaarheid die e-pos oop en laat weet die versender dat die boodskap ontvang is. Wanneer jy e-pos lees, kyk na die onderwerpreël en probeer daarvolgens bepaal of dit gemorspos is.
Moenie jou e-pos onnodig blootstel nie.
 Die grootste faktor wat bepaal hoeveel gemorspos jy kry, is hoeveel jy self jou e-posadres aanlyn blootstel. Hier is `n paar slegte gewoontes wat jou risiko verhoog:
 – Jy stuur e-posse na adreslyste wat aanlyn gestoor word.
 – Jy gee jou adres vir aanlyndienste waarvan die privaatheidspraktyke twyfelagtig is.
 – Jy stel jou adres op sosiale netwerke bloot (Facebook, LinkedIn, ens.)
 – Jy gebruik `n adres wat gebaseer is op jou naam, van en maatskappy.
 – Jy gebruik een e-posadres vir werk en persoonlike sake. 
 Gebruik die bcc-veld as jy vir `n groep mense e-pos stuur.
 Die bcc of blind carbon copy veld steek die lys ontvangers weg. As jy al die adresse in die To veld sit, kan almal, ook gemorsposversenders, dit lees, en by hul eie adreslyste voeg.  
Gebruik een of twee sekondêre e-posadresse.
 Wanneer jy webgebaseerde registrasievorms of opnames invul en daarna nie weer gepla wil word met inligting nie, gebruik `n ander, sekondêre adres vir die doel.
 Kies om nie inligting of aanbiedinge te ontvang nie. 
 Wanneer jy vorms op webwerwe invul, kyk vir die boksie wat jou die opsie gee om nie verdere inligting of aanbiedinge te ontvang nie. Verwyder die merkie af as jy nie gepla wil wees nie.
Neem kennis dat al hierdie inligting geneem is van die Sophos Threatsaurus, saamgestel deur Sophos, `n sekuriteit sagte- en hardwaremaatskappy.
[:]

