Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Eendag was daar …

… `n wêreld sonder e-pos. Eintlik was dit nie so lank gelede nie. Suid-Afrika was ietwat stadiger as die res van die wêreld en ons het eers teen die middel 90’s blootstelling gekry aan e-pos en die internet. Dis alreeds ongeveer 17 jaar gelede.

Die eerste e-pos is in 1971 gestuur deur Ray Tomlinson. Die boodskap is gestuur na die rekenaar direk langs die een waarvan Tomlinson die oorspronklike boodskap gestuur het.  Voorheen kom e-posse slegs gestuur word na persone wat dieselfde rekenaar gebruik het. Tomlinson was nie oorspronklik betrokke by die e-pos projek nie, maar was besig om ander toepassings te ontwikkel vir MIT se ARPANET projek (wat onder andere later die Internet ingesluit het). Hy het begin werk aan e-pos omdat dit gelyk het na `n “neat”  idee. Tomlinson kan self nie onthou waaroor die heel eerste e-pos gegaan het nie, maar hy vermoed dit was iets eenvoudig soos “testing 123″ of “QWERTYUIOP”.

Aanvanklik, soos met meeste nuwe uitvindsels, het niemand gedink dis `n vreeslike opspraakwekkende projek nie Jerry Burchfield, `n kollega van Tomlison het inderwaarheid gesê hulle moet vir niemand daarvan sê nie, want eintlik is hulle veronderstel om ander werk te doen!  As jy wil lees wat Tomlinson self te sê het oor  sy betrokkenheid by die e-pos verskynsel, kliek hier.

Die “at”, @ teken is aanvanklik gebruik deur Ray Tomlinson om e-posse van persone op ander rekenaars te onderskei van die wat hy op sy plaaslike rekenaar saamgestel het. Dis bloot gekies omdat dit `n standaard simbool op die sleutelbord was wat nie meer so gereeld gebruik is nie. Die eerste e-posadresse het dus net bestaan uit iets soos bob@computer2. Die .com deel is eers baie later bygevoeg.

Verskillende take het verskillende (en soms interessante en beskrywende) name vir die @ teken –

Engels: “at sign”,”at the rate”, “at symbol”, “at mark”, “commercial at”, “cyclips”, “ampersat” en “asperand”

Frans: “arobase” of soms “arrobe” of “arobe”

Nederlands:  apestaart

Duits: “at symbol” of “spider monkey”

Sjinees:“little mouse”

Spaans en Portugees: dis die simbool vir arroba, `n veroudernde gewigseenheid (~25 pond of 11.3 kilogram)

Italiaans: chiocciolina — klein slakkie

Sweeds:  snabel-a — “A” met `n olifant se slurp

Ander tale se byname sluit in  “mouse’s tail,” “sleeping cat,” “little duck,” “dog,” and “little worm.” Vir `n meer volledige lys van name en geskiedenis van die @ teken, kliek hier.

Die eerste e-pos wat uit die buiteruim gestuur is, is gestuur in 1991. Die bemanning van die STS-43 Atlantis het vanaf `n Apple-rekenaar die volgende boodskap gestuur:

“Hello Earth! Greetings from the STS-43 Crew. This is the first AppleLink from space. Having a GREAT time, wish you were here… send cryo and RCS! Hasta la vista, baby… we’ll be back!”. Wie’t gesê wetenskaplikes het nie `n sin vir humor nie?

SOURCES: http://blog.emailaddressmanager.comhttp://mashable.com  & www.wikipedia.org

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.