Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

STP vier Oktober met tegnologiefees

Oor die afgelope jaar het `n nuwe tegnologie-inisiatief gemik op studente, sy kop stadig, maar seker uitgesteek op kampusse landswyd.

STP, of te wel, die Studente Tegnologie Program se doel is om bekostigbare tablette en skootrekenaars te verskaf aan alle studente verbonde aan openbare universiteite in Suid-Afrika.

Komende Dinsdag, 22 Oktober, sal studente en personeel ook die geleentheid kry om tussen 9:00 tot 16:00 in die Neelsie te kom kyk na die tegnologie wat die program bied. Toestelle sal nie net uitgestal word nie, maar jy sal ook daarmee kan speel en wie weet, dalk ook `n splinternuwe speelding wen … Indien jy belangstel om vir jouself `n nuwe stukkie tegnologie aan te skaf, kan jy dit ook op dié dag bestel. 

As jy een van die nuwe toestelle wil wen, kan jy ook inskryf vir die October Tech Fest-kompetisie –

1. Gaan na www.sun.ac.za/ithub

2. Kliek op die skakel.

3. Vul die 10 kompetisievrae in.

4. Stuur dit na student@sun.ac.za

Vier tablette is op die spel en jy kan een van die gelukkige wenners wees. Wenners se name word tussen 13:00 en 14:00 Dinsdag in die Neelsie getrek tydens `n spesiale program met `n verrassing of twee  – wees gereed om vermaak te word!

Onthou net, jy moet tussen 13:00 en 14:00 in die Neelsie wees om jou prys in persoon op te eis, anders word `n volgende naam getrek. 

Meer oor die tegnologie wat uitgestal gaan word en die Studente Tegnologie program, kan gevind word by www.sun.ac.za/ithub  of  www.stp.ac.za.

 

 

 

Tags: ,

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.