Op die oomblik ontvang heelwat studente- en personeelrekeninge e-pos met “malware” of virusbesmette aanhangsels, gewoonlik *versteek* as .html leêrs.
Die e-posse se onderwerpe sluit onderwerptitels in soos “UCount reward confirmation” en “Confirmation of epayment”. Daarmee saam word `n .html dokument gestuur.
Nadat jy op die skakel op die webblad (.html dokument) gekliek het, sal jy herlei word na `n vals webwerf. Die webwerf sal wel lyk soos die instelling se webwerf, maar dis bloot `n kopie. Die webwerf sal, onder andere, persoonlike en vetroulike inligting van jou vra.
Alhoewel die Trojan-aanhangsel nie enigiets op jou rekenaar installeer nie, gebruik dit `n sosiaal-gefabriseerde tegniek om gebruikers te dwing om persoonlike inligting op `n valse webwerf in te voer.
- Wees altyd versigtig wanneer privaatinligting gevra word.
- Moenie kliek op skakels in e-posse nie en moet dit nie kopieer en plak in jou webblaaier nie.
- Maak `n nuwe blaaier-oortjie oop en tik die betrokke maatskappy se regte adres in.
- Maak seker die versoeke is wettig deur, byvoorbeeld, die maatskappy se telefoonnommer te skakel.
- Moenie sensitiewe informasie met e-pos stuur nie. Wettige maatskappy sal nie vra dat jy data per e-pos aan hulle versend nie.
Wees versigtig daar buite. Kubermisdadigers is so suksesvol omdat hulle so gereeld mense uitvang!
[ARTIKEL DEUR DAVID WILES]