Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Hoe om gemorspos te voorkom

Gemorspos is ongewensde massa e-pos. Dis dikwels winsgewend vir die versenders aangesien miljoene e-posse in `n enkele veldtog gestuur kan word teen `n lae koste. As slegs een ontvanger uit 10,000 `n aankoop maak, kan die versender `n wins maak. Ongelukkig is gemorspos meer as net `n irritasie. Dit word ook gebruik om malware te versprei. 

Hier is `n paar wenke om te verhoed dat jou posbus oorloop van ongewensde, twyfelagtige e-posse.

Moet nooit iets koop deur gemorspos nie.
Deur iets te koop, befonds jy toekomstige gemorspos. Jy bevestig daarmee dat jou e-pos geldig is en jou e-posadres word dan bygevoeg op `n lys om te herverkoop aan ander gemorsposversenders. Jy sal derhalwe nog meer ontvang en stel jouself bloot aan moontlike bedrog.

Ken jy die persoon wat dit stuur? Nie? Vee dit uit.
Gemorspos kan malware bevat wat jou rekenaar besmet as jy die e-pos oopmaak.

Moenie die voorskou-opsie in jou e-posprogram gebruik nie.
Versenders van gemorspos kan sien of jy na die boodskap gekyk het, al maak jy dit nie oop nie. Die voorskou-verstelling maak inderwaarheid die e-pos oop en laat weet die versender dat die boodskap ontvang is. Wanneer jy e-pos lees, kyk na die onderwerpreël en probeer daarvolgens bepaal of dit gemorspos is.

Moenie jou e-pos onnodig blootstel nie.
Die grootste faktor wat bepaal hoeveel gemorspos jy kry, is hoeveel jy self jou e-posadres aanlyn blootstel. Hier is `n paar slegte gewoontes wat jou risiko verhoog:
– Jy stuur e-posse na adreslyste wat aanlyn gestoor word.
– Jy gee jou adres vir aanlyndienste waarvan die privaatheidspraktyke twyfelagtig is.
– Jy stel jou adres op sosiale netwerke bloot (Facebook, LinkedIn, ens.)
– Jy gebruik `n adres wat gebaseer is op jou naam, van en maatskappy.
– Jy gebruik een e-posadres vir werk en persoonlike sake. 

Gebruik die bcc-veld as jy vir `n groep mense e-pos stuur.
Die bcc of blind carbon copy veld steek die lys ontvangers weg. As jy al die adresse in die To veld sit, kan almal, ook gemorsposversenders, dit lees, en by hul eie adreslyste voeg.  

Gebruik een of twee sekondêre e-posadresse.
Wanneer jy webgebaseerde registrasievorms of opnames invul en daarna nie weer gepla wil word met inligting nie, gebruik `n ander, sekondêre adres vir die doel.

Kies om nie inligting of aanbiedinge te ontvang nie. 
Wanneer jy vorms op webwerwe invul, kyk vir die boksie wat jou die opsie gee om nie verdere inligting of aanbiedinge te ontvang nie. Verwyder die merkie af as jy nie gepla wil wees nie.

Neem kennis dat al hierdie inligting geneem is van die Sophos Threatsaurus, saamgestel deur Sophos, `n sekuriteit sagte- en hardwaremaatskappy. 

Tags: ,

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.