Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Wat is TENET?

Op 19 Maart het ons kampus amper tot stilstand gekom toe ons diensverskaffer, TENET, probleme ondervind het weens ʼn kragonderbreking. Die probleem is veroorsaak deur ʼn foutiewe kragopwekker by die Universiteit van Kaapstad. Studente en personeel wou weet hoekom dit ons internet beïnvloed het.

Wat is TENET?

“TENET” is die afkorting vir die Tertiary Education and Research Network of South Africa NPC. Sy hoofdoel is om Internet en Informasietegnologiedienste te bewerkstelling wat tot voordeel strek van Suid-Afrikaanse universiteite en geaffilieerde navorsings en ondersteuningsinstansies. Alle openbare universiteite en wetenskaplike rade kwalifiseer om lid van TENET-lede te wees. 

Tans verskaf TENET Internet en verwante dienste aan meer as 385 kampusse en kleiner instellings. 

Die kern van die NREN-netwerk wat deur TENET bedryf word is die South African National Research Network (“SANReN”) en is die afgelope tien jaar ontplooi deur die Meraka Instituut van die WNNR onder kontrak van die Departement van Wetenskap en Tegnologie. SANReN bestaan uit ʼn nasionale gemeenskaplike dienskanaal, veelvoudige stedelike ringnetwerke en uitgebreide langafstand koppelings om belangrike navorsingsinrigtings te bereik. (Meer detail oor die stedelike ringnetwerk en meer spesifiek die Kaapstad stedelike ringnetwerk)

Vir internasionale verbindings gebruik TENET verskeie ondersee-kabelverbindings:

60 Gb/s op die SEACOM ondersee-kabel wat eindig by die SEACOM landingstasie by Mtunzini (verleng na die oorvloei-dienskanaal in Durban) en ʼn TENET roeteerder in Amsterdam; en

50 Gb/s op die WACS ondersee-kabel wat eindig by die SANReN dienskanaalnodus in Kaapstad en TENET se roeteerder by Telecity in Londen.

As jy geïnteresseerd is in die groter prentjie en wil weet hoe Suid-Afrika se Internet werk, MyBroadband het ʼn handige den gedetailleerde uiteensetting.

[BRON: www.tenet. ac.za]

Tags: , ,

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.