Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

SUNFin bly op koers

Die SUNFin Implementeringsprojek bly op koers vir ons teikendatum van Januarie 2021. Ons was druk besig met die voltooiing van RAPID sigblaaie waarin Universiteit  Stellenbosch data en inligting vervat word. Die sigblaaie is aan Visions Consulting, ons implementeringsvennoot, oorhandig wat hulle in staat stel om met die konfigurasie van Oracle Cloud Financials, Iterasie 1, te begin.  

Die oogmerk is om die opstelling van Iterasie 1 teen die tweede week van Oktober voltooi te hê. Werkswinkels vir die hersiening hiervan sal binnekort vir Oktober geskeduleer word.

Intussen het die besigheid-optimaliseringswerkstroom met die uitpak van die Oracle Cloud Finansiële prosesse begin om die gapings tussen die US se huidige finansiële besigheidsprosesse en die standaard Oracle Cloud Finansiële prosesse te identifiseer. Die US het onderneem om, waar moontlik, die standaard Oracle Cloud prosesse te gebruik en ons huidige prosesse daarby aan te pas ten einde die maksimum voordele uit die nuwe stelsel te put.

Vir meer inligting oor die SUNFin Implementeringsprojek, besoek gerus www.sun.ac.za/sunfin.

Rig asseblief enige navrae, opmerkings, bekommernisse en idees wat u oor die SUNFin Projek mag hê per e‑pos aan sunfin@sun.ac.za.

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.