Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Gratis digitale geletterdheidsopleiding

Ons opleidingdiensverskaffer, StellieTech, bied tans ’n 3-dag Digitale Geletterdheidskursus aan. Die kursus is gratis vir US-personeel, maar sitplekke is beperk, so jy moet spring as jy belangstel. (sien onder vir meer detail oor inhoud, vereistes, ens,)

Die kursus is gratis vir US-personeel, maar sitplekke is beperk, so jy moet spring as jy belangstel.

Om te registreer, gaan na Sun e hr-> SUN Employee Self service-> Training and Development-> Learner Home-> Information Technology en die kursus sal daar gelys wees.

 


 

Tydsduur: 3 dae

Aanbevole vereistes: Basiese rekenaarvaardighede

Bewys van opleiding: StellieTech Voltooiingsertifikaat

Eksaminering: Gegradeerde pre- en -post bepalings tussen lesse.

Oorsig: Hierdie kursus poog om leerders toe te rus met die kennis en waardering vir die besigheidsomgewing en om hulle te bemagtig om doeltreffend en effektief in die kantoor op te tree.

Kursusdoelwitte:

·         Verkry insig t.o.v. die internet en hoe om hierdie vaardighede in die werkplek te gebruik. 

·         Leer om ’n effektiewe assistent te wees deur tegnologie te gebruik om produktiwiteit te verbeter. 

·         Rekenaaropleiding en basiese take is nodig om gesertifiseer te word as ’n rekenaargebruiker.

Kursusoorsig

Sessie 1: Werk met die Internet

  • Internet
  • Navigasie en mediageletterdheid
  • Webblaaier-funksionaliteit
  • Regte en gebruik
  • E-pos kliënte
  • Kalenders
  • Kommunikasiemetodes
  • Digitale burgerskap

Session 2: Fundamentele aspekte

  • Appararatuur
  • Basiese Internet
  • Mobiele toestelle
  • Programmatuur-argitektuur
  • Lêer en -programmatuurbestuur
  • Foutbepaling

Tags: ,

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.