Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

FortiClient VPN vervang met Citrix

Heelwat personeel gebruik reeds vir `n geruime tyd die FortiClient VPN om toegang te kry tot die Universiteit se interne dienste, byvoorbeeld

  • TeraTerm
  • SSH of remote desktop na jou werkrekenaar of bediener vir toegang tot spesialisprogrammatuur of -bronne.
  • Drive mapping (G: H: en P:) en ander dienste asof jy in jou kantoor is. 

FortiClient is egter gebou op verouderde tegnologie en is sedert einde Februarie nie meer die verstek VPN (Virtual Private Network) diens nie.

Informasietegnologie het die nuwe diens beskikbaar gemaak vir personeel en studente. Citrix Gateway sal jou toegang gee tot interne, Universiteitsgebaseerde toepassings via die Internet. Hierdie diens, sowel as die Universiteit, word sodoende beskerm deur veelfaktorbekragtiging vir die verifikasie van identiteit en vereis ook dat `n toestel moet voldoen aan spesifieke vereistes voordat dit op die US-netwerk toegelaat word.

Windows-gebruikers:

Indien jy `n Windows-gebruiker is, stel ons voor dat jy so gou moontlik FortiClient met die Citrix Gateway programmatuur vervang.

Linux-gebruikers:

Ongelukkig kan Linux-gebruikers Citrix op slegs die volgende weergawes gebruik: 

  • Ubuntu LTS 14.04 LTS en 16.04 LTS. (32-bit en 64-bit)  

Indien jy enige ander Linux-weergawes gebruik, moet jy ongelukkig steeds FortiClient gebruik totdat `n alternatief beskikbaar is. Instruksies vir die installasie van FortiNet is hier beskikbaar. 

Apple-gebruikers:

Gebruikers met Apple-toestelle soos MacBooks en iMacs kan `n versoek aanteken op die ICT Partner Portal vir hulp met installasies.

Hoe kry ek die Citrix Gateway-programmatuur?

Studente en permanente personeel wat Windows gebruik kan migreer na die Citrix VPN-diens deur via hulle webblaaier te gaan na https://securevpn.sun.ac.za en die instruksies te volg.

SunID-gebruikers moet asb. `n versoek aanteken op die ICT Partner Portal en die Remote Access-opsie heel bo kies. Sodra `n tegnikus jou gekontak het en al die inligting is verskaf, kan jy migreer na die SU VPN MSP-dien deur na https://suvpnmsp.sun.ac.za te gaan en die instruksies op die skerm te volg.

Alternatiewelik kan jy `n versoek aanteken om hulp aan te vra met die opstelling van VPN op die ICT Partner Portal

 

 

 

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.