Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Hoekom neem dit so lank om my nuwe rekenaar te kry?

Indien jy verlede jaar `n skootrekenaar of ander apparatuur bestel het, sou jy waarskynlik agtergekom het dat aflewering langer as gewoonlik neem. Dis ongetwyfeld `n groot ongerief en veroorsaak geweldige frustrasie.

Die rede vir hierdie vertragings is `n wêreldwye tekort aan halfgeleiers wat 169 industrieë beïnvloed, onder andere motorvervaardigers, staalproduksie, verbruikerelektronika tot selfs seepvervaardigers.

Wat het hierdie tekort veroorsaak? Buiten dat die COVID19-pandemie veroorsaak het dat die hoeveelheid mense wat tuis werk en skielik toerusting benodig het aansienlik vermeerder het, het `n aantal ander faktore, soos die tech-oorlog tussen Amerika en China, ook `n rol gespeel.

Die verwagting is dat die mikroskyfie-industrie nie voor 2023 sal terugkeer na die normale verskaf- en aanvraagsituasie nie.

Dell en Lenovo, die twee maatskappye wat deur die Universiteit aangestel as verskaffers vir skootrekenaars en tafelrekenaars, het ons ook in kennis gestel van die ernstige komponenttekorte en dat hulle hulle bes probeer om die afleweringsperiodes onder omstandighede te verkort. Die tekorte sluit LCD-skerms, CPU’s, klankkaarte en netwerkkaarte in, wat kan lei tot vertraagde leweringstye.

`n Meer gedetailleerde verduideliking kan hier gevind word.

Ons waardeer jou geduld. Ongelukkig bevind ons onsself in ongewone omstandighede buite ons beheer, maar wees verseker dat ons ons bes probeer om seker te maak dat julle bestellings so gou as moontlik afgehandel word. 

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.