Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Avontuurspeletjie vir Navorsingsdatabestuur bekendgestel

Die Biblioteek- en Inligtingsdiens, Universiteit Stellenbosch kondig met graagte die Navorsingsdatabestuur (NDB) Avontuurspeletjie aan.

Die NDB speletjie is ‘n teksgebaseerde, interaktiewe en fiktiewe ernstige spel met elemente van rolspel. Die speletjie is gebaseer op uitdagings met databestuur wat tydens ‘n navorsingsprojek ondervind word. Dit is ‘n aanlyn speletjie waar spelers hul eie avontuur kies deur ‘n gesimuleerde navorsingsprojek wat die volgende stappe dek: navorsingsdatabeplanning; inwin van data, organisering van data, beskrywing van data en publikasie. Tydens die spel word navorsingsuitdagings telkens teëgekom.

Die speletjie is tussen 2017 en 2020 in samewerking met die Universiteit van Bath Biblioteek deur Alex Ball en Nushrat Khan (Universiteit van Bath) en Samuel Simango (Universiteit Stellenbosch) ontwikkel. In Januarie 2021 het die adviesraad vir opkomende navorsers van die Welcome Trust die speletjie onderskryf deur dit by hul hulppakket, Wellcome Open Research early career researchers pack, in te sluit wat dit dus as ‘n nuttige hulpmiddel vir navorsers erken. Sonya Towers (Toekenningsadviseur van die Wellcome Trust) het die volgende gestel:

“Die speletjie is ‘n wonderlike, prettige manier om navorsers te leer om hul navorsingsdata te bestuur binne die navorsingstoekennings siklus. Ek hou van die feit dat dit voel asof jy deel is van ‘n opwindende storie, waar elke besluit soos ‘n rat is wat bepaal hoe die storie eindig.”

Sedert die bekendstelling van die speletjie in Desember 2020 is dit reeds deur mense vanuit 32 lande gespeel. Die speletjie is ook onlangs op die kortlys van nominasies vir die NSTF-South32 Toekennings geplaas vir ‘n prys binne die “data vir navorsing” kategorie.

Klik hier om die speletjie te speel. Vir meer inligting, kontak gerus vir Samuel Simango by ssimango@sun.ac.za.

 

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.