Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Onthou om in jou Junk Email vouer te kyk

Om te verseker dat personeel en studente nie blootgestel word aan gevaarlike strikroof of gemorspos nie het ons stelseladministrateurs en sekuriteitspan vroeër die jaar `n addisionele vlak van sekuriteit implementeer deur die gemorsposfilter strenger te maak. 

Maar hoe werk `n gemorsposfilter? Aan elke boodskap wat ontvang of gestuur word, word`n sekerheidsvlak toegeken op grond van die waarskynlikheid dat dit gemorspos is. Afhangende van dié vlak sal die inkomende boodskap direk na die gebruiker se Junk Email vouer gestuur word, of nie. Die filter kyk na sekere kriteria in die e-pos, soos byvoorbeeld meer as `n sekere hoeveelheid skakels of potensieël gevaarlike aanhangsels. Om die perfekte balans te tref is moeilik – ons wil nie hê jy moet belangrike e-posse mis nie, maar terselfdertyd is dit ons verantwoordelikheid om jou en al ons gebruikers te beskerm van kwaadwillige aanvalle.

Om hierdie rede is dit belangrik dat jy gereeld in jou Junk E-mail vouer kyk om seker te maak dat daar nie belangrike e-posse lê en wag nie. 

Die hoofdoel van Microsoft Outlook se gemorsposfilter is om onwelkome e-posboodskappe weg te hou uit jou Inbox deur dit in die Junk Email vouer te plaas. Hierdie proses word op `n institusionele vlak deur Microsoft toegepas (soos hierbo genoem word), maar jy kan self ook boodskappe van `n persoon of maatskappy merk as gemorspos of nie.

Hoe om jou gemorsposfilter aan te pas.
Hoe om `n e-pos as gemorspos te merk.
Hoe om gemorspos en strikroof by Microsoft aan te meld. (aflaaibare PDF-dokument) 

Vir verdere navrae teken asseblief `n versoek aan op die ICT Partner Portal.

 

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.