Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

eduroam beskikbaar by Tygerberg

TENET en die Wes-Kaapse Regering, in samewerking met Liquid Intelligent Technologies, het onlangs `n eduroam- proeflopie in vier Wes-Kaapse provinsiale hospitale implementeer:

  • Khayelitsha-hospitaal
  • Tygerberg-hospitaal
  • Groote Schuur-hospitaal 
  • Mowbray-hospitaal

Die uitbreiding en voortsetting van hierdie program by hospitale word grootliks bepaal deur die Departement van Gesondheid se gewilligheid om die waarde van die program in te sien. Ongelukkig blyk dit dat die aanvraag by bogenoemde vier hospitale laer is as wat ons verwag het, wat kan beteken dat daar `n risiko is dat die proeflopie nie verleng gaan word nie. 

Daarom wil ons graag personeel, en veral studente wat uitgeplaas is na een van die vier hospitale waar die proeflopieg beskikbaar is, aanmoedig om van die eduroam-diens gebruik te maak.

Ongelukkig is eduroam-dekking (nog) nie wydverspreid nie en is daar slegs enkele toegangspunte vir die netwerk in elke hospitaal. eduroam is tans beskikbaar naby die hoofingange van elk van die hospitale, sowel as in die nabyheid van personeelareas. Dit is veral beskikbaar in die omgewing van Liquid se eie Wi-Fi kentekens (sien voorbeeld regs)

Sodra studente (of personeel) aangeteken is sal Internettoegang sonder die gewone publieke Wi-Fi beperking (cap) in dié areas beskikbaar wees.

Meer oor eduroam se gebruik is op ons dienskatalogus beskikbaar.

 

 

Tags: ,

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.