Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Hoe om `n skermknip te maak

Die Engelse gesegde lui “A picture is worth a thousand words” en selfs in ‘n tegniese omgewing soos Informasie Tegnologie is dit van pas. Hoe dikwels het jy nie per e-pos of foon al gesukkel  om aan ‘n tegnikus te verduidelik waarmee `n probleem het op jou rekenaar nie?

Daar is ‘n maklike manier om die frustrasie uit te skakel en mens noem dit ‘n skermknip. Baie van ons gebruik dit reeds gereeld op ons selfone om prentjies of grafika met ons familie of vriende te deel, maar dit kan besonder nuttig wees as jy vir ‘n IT-tegnikus wil ‘n foutboodskap wil wys of iets op jou skerm. As jy `n versoek aan teken op die ICT Partner Portal en ‘n skermknip insluit maak dit die probleem veel makliker om uit te rafel. Die tegnikus sien dadelik die foutboodskap en kan na ‘n oplossing begin soek. 

Reg, so hoe maak jy `n skermknip? Jy’t twee opsies: 

  1. In Windows 10 kan jy die volgende druk Shift+Windows knoppie+S en dit sal die Snip & Sketch toepassing vir jou oopmaak.
  2. Jy kan ook Snip & Sketch in die soekveld intik  (onder links langs die Windows-ikoon)

Vir `n volledige verduideliking van hou hierdie handige toepassing werk, lees gerus die span op ZDNet se stap-vir-stap verduideliking,

So, volgende keer as jy `n versoek aanteken vir ons tegnici, hoekom probeer jy nie Snip & Sketch nie? Buitendien, dis altyd beter om te wys en nie te verduidelik nie.  

[Inligting verskaf deur George Whitehead]

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.