Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Kennisgewings

Opgradering na Office 365 and Windows 10

Woensdag, November 3rd, 2021

‘n Onlangse skrywe van Microsoft het aangedui dat sekere weergawes van Office 2013 en Office 2016 verbindingsprobleme mag ondervind omdat Microsoft ondersteuning op sekere weergawes van dié sagteware staak.  Dit is dus absoluut noodsaaklik dat alle gebruikers so gou as moontlik hulle Office programmatuur moet opgradeer na Office 365.

Ons wil ook graag vra dat gebruikers wat steeds Windows XP, Windows 7 en Windows 8 gebruik hulle rekenaars moet laat opgradeer aangesien dieprogrammatuur nie meer deur Microsoft ondersteun word nie.

Voordele van opgradering

Met die afgelope paar maande se uitdagings, waarom moet ek van my kosbare tyd afstaan vir `n programmatuuropgradering?

Nuwe malware, wat jou data in gevaar stel, word daagliks vrygestel. Behalwe dat `n opgradering nuwe funksies bied, beskerm dit jou ook teen sekuriteitsrisiko’s aangesien die nuwer weergawes van Office en Windows beter sekuriteitsfunksionaliteit het, meer betroubaar is en beter werkverrigting het.

Wanneer moet ek die opgradering doen?

Ons beveel aan dat jy jou rekenaar so gou as moontlik opgradeer sodat dit nie deur malware besmet kan word en data verlore kan gaan nie.

Wie kan my help met die opgradering?

Jy kan op ICT Partner Portal ‘n versoek aanteken waarna jy ‘n verwysingsnommer per epos sal ontvang.  ‘n IT-tegnikus so gou moontlik verbinding tree om te bepaal of `n opgradering moontlik is. 

[Artikel deur Ronel Reynecke]

 

 

(English) Information Security Awareness Training

Dinsdag, Oktober 5th, 2021

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Nuwe houers vir e-afval by IT

Maandag, Oktober 4th, 2021

 As deel van die “Going Green”-projek sal Fasiliteitsbestuur e-afval houers op uitgesoekte plekke op kampus uitplaas. Ons moedig personeel en studente aan om hierdie houers te gebruik vir enige e-afval wat nie US-bates is nie.

Twee van hierdie geel houers (sien voorbeeld regs) sal ook voortaan by IT wees. Een houer word geplaas by die IT HUB-ingang en die tweede sal geplaas word by die diensingang (die deur aan jou regterkant as jy voor IT staan) van die IT-hoofgebou in Hammanshandstraat. Beide houers sal binne die gebou geplaas word by die ingang. 

WAT IS E-AFVAL?

Elektroniese afval (e-afval) is die term wat gebruik word om verouderde of weggooi-toerusting wat met elektrisiteit werk, te beskryf. Dit sluit rekenaars, enige elektroniese toerusting, batterye, ens. in wat uit die weggeruim is deur die oorspronklike eienaars. Meer oor e-afval.

Houers sal onderhou word deur Wasteplan en die universiteit se Wasteplan terreinopsigter sal bepaal wanneer die houers leeggemaak moet word.

Vir enige navrae oor die e-afval projek, stuur gerus `n e-pos aan fmhelpdesk@sun.ac.za.

 

Onthou om in jou Junk Email vouer te kyk

Maandag, Augustus 30th, 2021

Om te verseker dat personeel en studente nie blootgestel word aan gevaarlike strikroof of gemorspos nie het ons stelseladministrateurs en sekuriteitspan vroeër die jaar `n addisionele vlak van sekuriteit implementeer deur die gemorsposfilter strenger te maak. 

Maar hoe werk `n gemorsposfilter? Aan elke boodskap wat ontvang of gestuur word, word`n sekerheidsvlak toegeken op grond van die waarskynlikheid dat dit gemorspos is. Afhangende van dié vlak sal die inkomende boodskap direk na die gebruiker se Junk Email vouer gestuur word, of nie. Die filter kyk na sekere kriteria in die e-pos, soos byvoorbeeld meer as `n sekere hoeveelheid skakels of potensieël gevaarlike aanhangsels. Om die perfekte balans te tref is moeilik – ons wil nie hê jy moet belangrike e-posse mis nie, maar terselfdertyd is dit ons verantwoordelikheid om jou en al ons gebruikers te beskerm van kwaadwillige aanvalle.

Om hierdie rede is dit belangrik dat jy gereeld in jou Junk E-mail vouer kyk om seker te maak dat daar nie belangrike e-posse lê en wag nie. 

Die hoofdoel van Microsoft Outlook se gemorsposfilter is om onwelkome e-posboodskappe weg te hou uit jou Inbox deur dit in die Junk Email vouer te plaas. Hierdie proses word op `n institusionele vlak deur Microsoft toegepas (soos hierbo genoem word), maar jy kan self ook boodskappe van `n persoon of maatskappy merk as gemorspos of nie.

Hoe om jou gemorsposfilter aan te pas.
Hoe om `n e-pos as gemorspos te merk.
Hoe om gemorspos en strikroof by Microsoft aan te meld. (aflaaibare PDF-dokument) 

Vir verdere navrae teken asseblief `n versoek aan op die ICT Partner Portal.

 

 

Diensvlakke beinvloed deur COVID

Maandag, Augustus 23rd, 2021

Weens ‘n paar positiewe Covid gevalle onder ons IT ondersteuningspersoneel bestaan die moontlikheid dat ons ondersteunsdiensvlakke beïnvloed gaan word totdat personeel kan terugkeer en hul take kan hervat.

Slegs kritiese “op-perseel” ondersteuning vir personeel sal by die IKT hoofgebou per afspaak hanteer word. Versoeke kan egter steeds aangeteken word by ICT Partner Portal en daar sal so gou moontlik daaraan aandag gegee word.

Ons vra byvoorbaat om verskoning vir enige ongerief.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.