%PDF-1.3 1 0 obj << /Type /Catalog /Outlines 2 0 R /Pages 3 0 R >> endobj 2 0 obj << /Type /Outlines /Count 0 >> endobj 3 0 obj << /Type /Pages /Kids [6 0 R ] /Count 1 /Resources << /ProcSet 4 0 R /Font << /F1 8 0 R /F2 9 0 R /F3 10 0 R /F4 11 0 R >> >> /MediaBox [0.000 0.000 612.000 792.000] >> endobj 4 0 obj [/PDF /Text ] endobj 5 0 obj << /Creator (DOMPDF) /CreationDate (D:20250719212442+00'00') /ModDate (D:20250719212442+00'00') /Title (Report 07-2025) >> endobj 6 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Annots [ 12 0 R 14 0 R 16 0 R ] /Contents 7 0 R >> endobj 7 0 obj << /Length 4225 >> stream 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 288.620 521.469 458.114 re f 0.773 0.773 0.773 RG 0.75 w 0 J [ ] 0 d 45.641 288.995 520.719 457.364 re S 0.773 0.773 0.773 rg 61.016 304.370 m 550.984 304.370 l 550.984 305.120 l 61.016 305.120 l f 0.200 0.200 0.200 rg BT 61.016 693.716 Td /F1 14.4 Tf [(AVONTUURSPELETJIE VIR NAVORSINGSDATABESTUUR )] TJ ET BT 61.016 676.134 Td /F1 14.4 Tf [(BEKENDGESTEL)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 647.326 Td /F2 9.0 Tf [(Posted on )] TJ ET BT 104.045 647.326 Td /F3 9.0 Tf [(April 05,2021)] TJ ET BT 159.575 647.326 Td /F2 9.0 Tf [( by )] TJ ET BT 174.083 647.326 Td /F3 9.0 Tf [(IT Communications)] TJ ET 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 619.837 Td /F4 9.0 Tf [(Die Biblioteek- en Inligtingsdiens, Universiteit Stellenbosch kondig met graagte die Navorsingsdatabestuur \(NDB\) )] TJ ET BT 61.016 608.848 Td /F4 9.0 Tf [(Avontuurspeletjie aan.)] TJ ET BT 61.016 588.859 Td /F4 9.0 Tf [(Die NDB speletjie is 'n teksgebaseerde, interaktiewe en fiktiewe ernstige spel met elemente van rolspel. Die speletjie is )] TJ ET BT 61.016 577.870 Td /F4 9.0 Tf [(gebaseer op uitdagings met databestuur wat tydens 'n navorsingsprojek ondervind word. Dit is 'n aanlyn speletjie waar )] TJ ET BT 61.016 566.881 Td /F4 9.0 Tf [(spelers hul eie avontuur kies deur 'n gesimuleerde navorsingsprojek wat die volgende stappe dek: )] TJ ET BT 61.016 555.892 Td /F4 9.0 Tf [(navorsingsdatabeplanning; inwin van data, organisering van data, beskrywing van data en publikasie. Tydens die spel )] TJ ET BT 61.016 544.903 Td /F4 9.0 Tf [(word navorsingsuitdagings telkens teëgekom.)] TJ ET BT 61.016 524.914 Td /F4 9.0 Tf [(Die speletjie is tussen 2017 en 2020 in samewerking met die Universiteit van Bath Biblioteek deur Alex Ball en Nushrat )] TJ ET BT 61.016 513.925 Td /F4 9.0 Tf [(Khan \(Universiteit van Bath\) en Samuel Simango \(Universiteit Stellenbosch\) ontwikkel. In Januarie 2021 het die )] TJ ET BT 61.016 502.936 Td /F4 9.0 Tf [(adviesraad vir opkomende navorsers van die Welcome Trust die speletjie onderskryf deur dit by hul hulppakket, )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 61.016 491.947 Td /F4 9.0 Tf [(Wellcome Open Research early career researchers pack)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 61.016 490.796 m 287.582 490.796 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 287.582 491.947 Td /F4 9.0 Tf [(, in te sluit wat dit dus as 'n nuttige hulpmiddel vir navorsers )] TJ ET BT 61.016 480.958 Td /F4 9.0 Tf [(erken. Sonya Towers \(Toekenningsadviseur van die Wellcome Trust\) het die volgende gestel:)] TJ ET BT 61.016 460.969 Td /F2 9.0 Tf [(“Die speletjie is ‘n wonderlike, prettige manier om navorsers te leer om hul navorsingsdata te bestuur binne die )] TJ ET BT 61.016 449.980 Td /F2 9.0 Tf [(navorsingstoekennings siklus. Ek hou van die feit dat dit voel asof jy deel is van ‘n opwindende storie, waar elke besluit )] TJ ET BT 61.016 438.991 Td /F2 9.0 Tf [(soos ‘n rat is wat bepaal hoe die storie eindig.”)] TJ ET BT 61.016 419.002 Td /F4 9.0 Tf [(Sedert die bekendstelling van die speletjie in Desember 2020 is dit reeds deur mense vanuit 32 lande gespeel. Die )] TJ ET BT 61.016 408.013 Td /F4 9.0 Tf [(speletjie is ook onlangs op die kortlys van nominasies vir die NSTF-South32 Toekennings geplaas vir ‘n prys binne die )] TJ ET BT 61.016 397.024 Td /F4 9.0 Tf [(“data vir navorsing” kategorie.)] TJ ET BT 61.016 377.035 Td /F4 9.0 Tf [(Klik )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 78.017 377.035 Td /F4 9.0 Tf [(hier)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 78.017 375.884 m 93.020 375.884 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 93.020 377.035 Td /F4 9.0 Tf [( om die speletjie te speel. Vir meer inligting, kontak gerus vir Samuel Simango by )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 418.145 377.035 Td /F4 9.0 Tf [(ssimango@sun.ac.za)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 418.145 375.884 m 504.311 375.884 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 504.311 377.035 Td /F4 9.0 Tf [(.)] TJ ET BT 61.016 357.046 Td /F4 9.0 Tf [( )] TJ ET BT 61.016 337.057 Td /F1 9.0 Tf [( )] TJ ET 0.153 0.153 0.153 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 61.016 335.628 m 63.518 335.628 l S 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 318.568 Td /F2 9.0 Tf [(Posted in:Academic IT,Nuus,Navorsing | | With 0 comments)] TJ ET endstream endobj 8 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F1 /BaseFont /Helvetica-Bold /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 9 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F2 /BaseFont /Helvetica-Oblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 10 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F3 /BaseFont /Helvetica-BoldOblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 11 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F4 /BaseFont /Helvetica /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 12 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 13 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 61.0157 491.1148 287.5817 500.2723 ] >> endobj 13 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (https://think.f1000research.com/wp-content/uploads/2021/02/WOR_Open_Data_Journey_Infographic_CCBY_SA_4.0.pdf?utm_source=CPB&utm_medium=cms&utm_campaign=JPE14618) >> endobj 14 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 15 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 78.0167 376.2028 93.0197 385.3603 ] >> endobj 15 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (https://rdm-games.gitlab.io/rdm-adventure/) >> endobj 16 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 17 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 418.1447 376.2028 504.3107 385.3603 ] >> endobj 17 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (mailto:ssimango@sun.ac.za) >> endobj xref 0 18 0000000000 65535 f 0000000008 00000 n 0000000073 00000 n 0000000119 00000 n 0000000305 00000 n 0000000334 00000 n 0000000472 00000 n 0000000568 00000 n 0000004845 00000 n 0000004957 00000 n 0000005072 00000 n 0000005192 00000 n 0000005300 00000 n 0000005427 00000 n 0000005639 00000 n 0000005765 00000 n 0000005859 00000 n 0000005987 00000 n trailer << /Size 18 /Root 1 0 R /Info 5 0 R >> startxref 6064 %%EOF Navorsing « Informasietegnologie
Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • KategorieĂ«

  • Argiewe

Navorsing

Gevorderde wenke om die meeste uit Zotero te kry

Vrydag, Junie 13th, 2014

In `n vorige bloginskrywing het ons meer vertel van Zotero, `n kragtige verwysingsmiddel. Dié keer gee ons vir jou `n paar gevorderde wenke om die meeste daaruit te kry.

ALGEMEEN

  1. Indien jy gewoonlik deur die internet blaai met ’n ander blaaier as Firefox (bv. Google Chrome of Internet Explorer), is dit ’n goeie idee om Firefox as ’n “navorsing alleenlik” blaaier te gebruik. Deaktiveer al die onnodige byvoegsels en plugins en voeg vinnige skakels na jou gunsteling navorsingswebwerwe in jou boekmerk toolbar by. Op hierdie manier sal jy doeltreffende navorsing sonder afleidings kan doen wanneer jy Firefox oopmaak.

VERSAMELING VAN BRONNE

  1. As jy met Google Scholar, JSTOR of iets soortgelyks blaai en beide die adreslyn ikoon en die Aflaai (Export) skakel vir ’n spesifieke item vertoon word, gebruik eerder laasgenoemde. In sommige gevalle kan Zotero nie die volledige metadata vir die item ekstraheer wanneer dit poog om dit automagies te doen nie. In hierdie (skaars) gevalle is die metadata wat deur die bron (Google Scholar, JSTOR, ens.) verskaf word, meer akkuraat en dit maak dus meer sin om die “Aflaai” skakel te gebruik.
  2. Leer hoe om ZotFile te gebruik. Hier slim byvoegsel sal jou toelaat om volteks PDF’s van jou artikels uit vaktydskrifte op jou hardeskyf te stoor. Dit sal jou ook toelaat om hierdie PDF’s na jou tablet te stuur, waar jy dan met behulp van jou gunsteling PDF app hulle van aantekeninge kan voorsien. Daarna trek dit die geannoteerde PDF’s terug in jou biblioteek in. Hierdie is briljant as jy gedagtes wil neerskryf terwyl jy ’n artikel lees.

ORGANISEER JOU BRONNE

  1. Die maklikste manier om jou bronne te organiseer is deur versamelings (collections) te gebruik. Tags of merkers is agter ook baie nuttig om ‘statusse’ aan jou bronne toe te ken. Jy kan byvoorbeeld besluit om die merker “Begin” by all die bronne wat jy reeds vir ’n spesifieke projek begin lees het, te voeg. Wanneer jy klaar is met ’n spesifieke bron kan jy die merker “Klaar” byvoeg. Jy kan ook ’n merker gebruik om die gehalte van die bron aan te dui, byvoorbeeld “Nie van toepassing nie” of “Awesome”. Lees hierdie artikel vir raad oor die gebruik van versamelings en merkers.

AANHALINGS IN `N DOKUMENT

  1. Jy kan jou eie aanhalingstyl skep indien – die hemel verhoed – geen van die bestaande style jou behoeftes vervul nie. Wees egter gewaarsku dat dít heelwat tegniese vaardigheid neem.
  2. In Microsoft Word kan jy sleutelbord kortpaaie skep om aanhalings in te voeg en aanhalings te redigeer. Dan sal dit vir jou nóg makliker wees om aanhalings in te voeg terwyl jy tik (wat letterlik die tyd om ’n aanhaling in te voeg, verkort tot ’n paar sekondes). Jy kan byvoorbeeld CTRL+ALT+D aanwys om ’n aanhaling in te voeg, en CTRL+ALT+E om ’n aanhaling te redigeer.
FINALE PUNT

Die kanse is goed dat jy moeilik sal onthou hoe jy navorsing sonder Zotero gedoen het sodra jy begin om dit te gebruik. Buiten die korttermynvoordele wat hierbo uiteengesit is, het die gebruik van Zotero ook die langtermyn voordeel dat jy geleidelik jou eie navorsingsbiblioteek opbou, wat ’n mate van samehang in jou verskillende opstelle/artikels/skripsies sal verseker.

Ter afsluiting, en ter opsomming: Zotero hanteer die kern praktiese sake van navorsing, wat jou ten volle laat konsentreer op wat die belangrikste is: die interpretasie van huidige kennis en die bydra van jou eie kennis.

[ARTIKEL BY JOHANNES JONKER]

 

 

Sukkel met bestuur van nagraadse studente?

Vrydag, Junie 6th, 2014

Twee weke gelede het ons julle bekendgestel aan NAO (Nagraadse Akademiese Ondersteuning/Postgraduate Academic Support), `n webgebaseerde stelsel om jou te help om jou nagraadse studente se inligting sonder moeite te bestuur. 

Die vrae wat die meeste gevra word deur personeellede reeds bekend met NAO, is die volgende: 

  1. Hoekom is NAO nie op my.sun.ac.za beskikbaar nie?  Ek verloor aanmekaar die skakel na die stelsel!
  2. Kan jy nie ‘n towerstaffie swaai en ontslae raak van al die vorms wat ons moet invul en met interaktiewe vorms vervang nie?
  3. Kan jy ons asb laat weet as daar iets nuuts op die NAO front gebeur het? 

Die goeie nuus is dat vraag 1 en 2 volgende semester aandag gaan ontvang. Vir vraag 3 is daar reeds ‘n oplossing. Bits & Bytes en die blog sal voortaan gebruik om inligting ivm NAO bekend te maak. 

Wat vraag 1. hierbo betref, word daar beoog om ‘n werkvloei-proses in plek te stel waarmee peroneellede magtiging by hul lynhoofde moet verkry om die stelsel te gebruik.  Die rede hiervoor is dat sensitiewe inligting, wat noodsaaklik is vir die bestuur van nagraadse studente, via die stelsel verkry kan word en jou lynhoof sal weet of jy toegang behoort te hĂȘ of nie.  

Inligting in verband met die uitkoms van bg magtigingsproses moet ook aan die US ouditeure beskikbaar wees sodat hulle kan bepaal of daar aan betrokke wetgewing voldoen word wat betref die privaatheid van individue se persoonlike inligting, wie toegang het en wie toegang verleen het. 

Wanneer hierdie toepassing in plek is, sal personeellede via my.sun.ac.za kan aansoek doen om toegang tot NAO en ‘n spesifieke Rol binne die stelsel ontvang op grond van vrae wat vooraf beantwoord en deur die lynhoof bekragtig moet word. 

Vraag 2. hierbo is ‘n onderwerp wat al lank onder bespreking is.  Die rigting waarin daar tans gedink word, is generiese vorms vir verskillende doeleindes, wat outomaties deur NAO  met die korrekte inligting  bevolk word, soos benoeming van M en PhD-kandidate, benoeming van Studieleiers/Promotors en talle ander voorbeelde, maar wat deur alle Fakulteite/Departemente gebruik kan word.    

Die inligting wat deur die vorms van verskillende Fakulteite ingewin word, stem 95% ooreen en die gedagte is om die ander 5%  as opsioneel by te voeg sodat personeel dit kan invul indien hulle areas dit benodig. 

Om NAO-gebruikers geinteresseerd te kry, sal daar gaandeweg prototipes via NAO bekend gestel word om sodoende terugvoer van personeel te kry. Jy is ook welkom om jou idees en voorstelle op hierdie blogpos te kommentaar-area te plaas en ons te laat weet wat jou opinie is.   Jy kan ook vir Rita de Jager kontak.

 

[ARTIKEL DEUR: Rita de Jager (Hoof: Nagraadse Akademiese Ondersteuning, Informasietegnologie, US)]

 

 

Zotero: stap vir stap

Vrydag, Junie 6th, 2014

In `n vorige bloginskrywing het ons  jou vertel van Zotero, `n kragtige verwysingsmiddel. Dié keer verduidelik ons hoe dit werk.

VERSAMELING VAN BRONNE

Daar’s ’n cool skermopname (screencast) wat al die aspekte hieronder illustreer, sowel as ’n baie goeie gids.

Zotero se eerste ‘wenner’ eienskap is die feit dat dit vir jou makliker en vinniger maak om die inligting oor jou bronne akkuraat te versamel. In die meeste gevalle kan jy al die inligting wat vir ’n aanhaling nodig is (bv. titel, datum, uitgewer en plek – in die geval van ’n boek) met ’n enkele klik “gryp” terwyl jy na die spesifieke item op jou verkose navorsings/biblioteekwebwerf kyk (bv. Google Scholar, JSTOR, EBSCOHost). Daar is vier maniere om bronne te versamel:

  1. Gebruik die ikoon in die adreslyn. Op die meeste webwerwe dal Zotero ’n ikoon aan die regterkant  van die boonste adreslyn byvoeg. Wanneer daar op hierdie ikoon geklik word, sal Zotero outomagies die metadata van die item waarna jy tans kyk, gryp (bv. ’n boek op Google Books, ’n wetenskaplike artikel op JSTOR, ens.) en ’n nuwe item in jou biblioteek skep.
  2. Gebruik jou navorsings/biblioteekwebwerf se “aflaai” (Export) funksie. Die meeste navorsingswebwerwe sal ’n “aflaai” skakel ĂȘrens op die blad hĂȘ. Zotero sal sonder probleme ’n nuwe item in jou biblioteek skep wanneer jy op daardie skakel klik. DĂ­t is veral nuttig wanneer jy na soekresultate op ’n webwerf soos Google Scholar kyk, omdat jy baie bronne baie vinnig sal kan byvoeg (m.a.w. wanneer jy alles wat interessant lyk, saam groepeer om later daarna te kyk).
  3. Sleutel ’n boek se ISBN in. Indien jy met gedrukte boeke werk, sal jy daaraan gewoond wees om na die boek se voorste bladsye te blaai en die fyn druk te probeer lees vir die besonderhede soos die uitgewer, en die plek en jaar van publikasie. In hierdie geval is Zotero se toorkuns veral skouspelagtig. Klik eenvoudig op die ‘towerstaffie’ knoppie in Zotero, sleutel die boek se ISBN in en druk die doensleutel ENTER. Amper onmiddellik sal Zotero ’n aantal wĂȘreldwye ISBN-dienste kontak, die korrekte metadata van die boek kry en ’n nuwe item in jou biblioteek skep.
  4. ’n Nuwe item met die hand skep. In die seldsame geval dat nie een van bogenoemde maniere beskikbaar is nie, kan jy ’n nuwe item skep en die besonderhede met die hand invoeg (d.w.s. op die sleutelbord).

AANHALING VAN BRONNE EN DIE SKEP VAN ’N BIBLIOGRAFIE

Sodra jy al jou bronne in jou Zotero-biblioteek versamel het, kan jy begin om hulle in Microsoft Word (en ander woordverwerker) dokumente aan te haal. Hierdie is Zotero se tweede ‘wenner’ eienskap: dat dit al die vuil werk van die stylformattering agter die skerms doen. Jy plaas eenvoudig jou muiswyser waar jy die aanhaling wil invoeg, gaan na die “Add-ins” tab in Word en klik die “Insert Citation” ikoon. Dit sal ’n aanloklike teksboks met ’n rooi rand oopmaak waarbinne jy die titel/outeur van jou bron(ne) kan tik. Deur die doensleutel ENTER te druk, sal ’n netjiese aanhaling in jou voorkeurstyl bygevoeg word. Nog iets: daar is meer as 6 000 style wat van die Zotero-webwerf afgelaai kan word.

Baie studente sal die bang voorgevoel ken wat opduik wanneer hulle klaar is met die eintlike skryf van hulle skripsie/verslag/tesis, net om te onthou dat die bibliografie skitter deur sy afwesigheid. Dit is hier waar Zotero se derde ‘wenner’ eienskap intree: dit hou tred van wat jy in jou dokument aangehaal het en genereer ’n volledige bibliografie, in jou verkose styl, met die klik van ’n knoppie.

Kyk bietjie na hierdie blad vir ’n volledige gids oor die aanhaal van bronne en die generering van ’n bibliografie met Zotero.

Volgende keer – Gevorderde wenke om die meeste uit Zotero te kry.

[ARTIKEL DEUR JOHANNES JONKER]

 

Maklike verwysings met Zotero

Vrydag, Mei 23rd, 2014

Daar is seker geen twyfel daaraan dat elke universiteitstudent ten minste een geskrewe stuk (opstel, verslag, ens.) in sy/haar tyd as student sal moet skryf wat verwysings benodig. Daar is ook seker geen twyfel daaraan dat net die noem van die woord “verwysings” die meeste studente hulle glimlagte sal laat verloor of, in ’n nagmerrie-scenario, veroorsaak dat hulle skreeuend weghardloop met hulle arms wat wild rondswaai.

Dit is heel verstaanbaar.

Om verwysings met die hand op te stel – deur tred te hou van jou bronne, seker te maak jy het die korrekte inligting oor hulle en laastens na hulle in die korrekte plekke en in die korrekte styl te verwys – is ’n aaklige ervaring. Dit is vervelig, moeisaam en baie tydrowend. Hoewel baie fasette van navorsing geweldig oor die afgelope dekades ontwikkel het, is dit nogal vreemd dat ’n eenvoudige en maklike oplossing vir hierdie hardnekkige probleem nog nie verskyn het nie[1].

Dit is natuurlik tot die opkoms van Zotero. In die volgende afdelings sal ons kortliks kyk na hoe Zotero funksioneer in ’n poging om jou te wys hoekom sommige mense dink dis die beste ding na brood en botter.

Wat is Zotero en hoe kry ek dit in die hande?

Zotero is ’n gratis, oopbron- sagtewarepakket wat op jou persoonlike rekenaar, Mac of Linux-gebaseerde rekenaar geïnstalleer kan word. Dit loop as ’n “byvoegsel” (add-on) binne die Mozilla Firefox blaaier (wat ook gratis en oopbron is) en integreer baie goed met jou verwysingsproses deur al die stappe daarin grootliks te vereenvoudig: versameling van bronne, organisering van bronne en aanhaling van bronne – in die korrekte styl – in jou skripsie, opstel of verslag.

Om Zotero te installeer, moet jy eers seker maak Firefox is geïnstalleer. Indien nie, laai eers Firefox af. Maak Firefox oop. Gaan dan na hierdie bladsy en klik op die “Zotero for Firefox” knoppie.[2]

In ons volgende uitgawe kyk ons meer in detail hoe Zotero werk en gee jou `n paar gevorderde wenke om te verseker jy gebruik jou Zotero op `n effektiewe manier.


[1] ’n Aantal sagtewarepakkette om verwysings mee op te stel, is wel reeds vir ’n lang tyd beskikbaar. Nie een van hulle kon nog egter die verwysingservaring waarlik wrywingloos gemaak in die mate waartoe Zotero dit doen nie.

[2] Zotero is ook as ’n alleenstaande pakket beskikbaar (m.a.w. buite die Firefox blaaier), maar dit is baie makliker om dit binne die Firefox blaaier te gebruik.

 

[ARTIKEL DEUR JOHANNES JONKER]

Bestuur jou nagraadse studente inligting sonder moeite

Vrydag, Mei 23rd, 2014

Die bestuur van nagraadse studente is baie werk, maar NAO kan jou help.  Het jy al ooit gewens dat jy op ‘n maklike manier inligting van jou Fakulteit of Departement se nagraadse studente in die hande kan kry?  As jy nog nie met NAO kennis gemaak het nie, is dit dalk nou die tyd om meer uit te vind en jouself in die toekoms baie moeite te spaar.

Die volgende opmerkings is al oor die stelsel gemaak en oordeel maar self of dit nie belowend klink nie:

“Hoekom hoor ek nou eers van die stelsel
 grrrr .”
“NAO is die beste ding wat die afgelope paar jaar in my loopbaan gebeur het!”
“Nou hoef ek nooit weer ‘n us-nommer van ‘n student te soek nie 
”

NAO is die afkorting vir Nagraadse Akademiese Ondersteuning; ‘n webstelsel wat spesiaal vir personeel ontwerp is om hulle lewe makliker te maak wat die bestuur van nagraadse studente betref.

Eerlikwaar, jy kan maar ontslae raak van jou eie sigblaaie waarmee jy jaar vir jaar probeer tred hou het van belangrike inligting, want jy kry elke oggend alles wat jy nodig het, vars uit die sentrale stelsel via NAO.

Hieronder is ‘n lys van verskillende tipes inligting beskikbaar om jou lewe ‘n bietjie makliker te maak:

  • Voorgraadse finalejaars (vir werwing )
  • Aansoekers van elders – stel vas hoe ver die aansoek gevorder het
  • Geregistreerde nagraadse studente
  • Nagraadse studente nog nie geregistreer
  • Graduandi lyste van vorige jare
  • Historiese inligting tot sover terug as 2000 

Excel verslae is beskikbaar met ‘n muisklik sodat jy verdere verwerking van die data kan doen, filteropsies kan gebruik word om groepe studente te verklein en data kan gesorteer word deur op verskillende kolomhofies te klik.

Met ‘n oogopslag en sonder om ‘n vinger te verroer wys die stelsel vir jou of ‘n student

  • afkomstig is uit die buiteland sowel as sy/haar nasionaliteit,
  • befonds word of in die verlede befondsing ontvang het,
  • reeds studieleiers het en of die tesis-titel al vasgelĂȘ is,
  • oorlede is en
  • inligting soos US-nommer, noemnaam, van, program, ankermodule, e-pos adres, telefoonnommer en nog baie meer, is onmiddellik beskikbaar.

‘n Ekstra lekkerte van die stelsel is dat jy e-pos aan groepe studente kan stuur. Stel slegs bewoording in Afrikaans en Engels op en elke student ontvang sy/haar e-pos in die korrespondesietaal wat by registrasie vasgelĂȘ is.  Dieselfde bewoording kan jaar na jaar gebruik word, byvoorbeeld om laatslapers te herinner om betyds te registreer en sodoende ‘n boete vry te spring!

Jy kan jou eie notas maak ivm studente (byvoorbeeld Jannie was vir ‘n sekere tydperk buite aksie a.g.v. griep), volledige studierekords bekyk, befondsing kontroleer om te bepaal of ‘n departementele beurs reeds toegeken is en nog baie meer.

Die beste nuus van alles is dat jy Studieleiers en Tesistitels sentraal via NAO kan vaslĂȘ en nooit weer bekommerd hoef te wees dat jou hardeskyf gaan oppak en al jou werk van 6 maande lank tot niet maak nie.

Indien jy meer oor die stelsel te wete wil kom, kliek hier vir die Powerpoint-voorlegging. Stuur epos aan Rita de Jager, Hoof: Nagraadse Akademiese Ondersteuning  by rd@sun.ac.za om toegang te kry, in te skakel by ‘n opleidingsessie of sommer enige vrae oor die stelsel te vra.

[Artikel deur Rita de Jager met gewaardeerde  insette van prof Keith Palmer, Dept E & E Ingenieurswese]

 

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.