Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Opleiding

Argivering – nie net vir biblioteekarisse nie

Vrydag, Augustus 21st, 2015

Argivering. Dit klink nie besonder prettig nie, né?

Ongelukkig kan ons elektroniese posbusse nie altyd byhou by die massa e-posse waarmee hulle daagliks gebombardeer word nie – veral daai groot video leêrs en prentjies … 

As jy nie gereeld huis skoonmaak en onnodige of groot e-posse uitvee nie, gaan jy kort voor lank sonder enige spasie sit. Dis op hierdie punt wat argivering sy staal wys.

In hierdie kort artikeltjie sal ons vir jou wys hoe maklik dit is om argiewe op jou rekenaar te skep en onderhou.

  1. HOE OM JOU EIE ARGIEF-LEêR TE SKEP

archiving-1

Maak MS Outlook oop

  • Kies die Home oortjie
  • Gebruik die afrol-spyskaart langs New Items
  • Kliek op More Items
  • Kies Outlook data file

archiving-2

Hierdie aksies sal `n leêr vir jou nuwe argief skep.

Belangrik:

  • Kies die regte benaming sodat daar nie verwarring is wanneer jy later nuwe argiewe skep nie. 
  • Moenie `n wagwoord op die argief plaas nie. Dit veroorsaak onnodige verwarring en verlies van e-pos wanneer jy `n nuwe rekenaar kry of data herwin moet word. 

Dit moet ook onder  “My Documents\Outlook Files” gestoor word.

Wanneer jy op OK kliek, sal jy teruggeneem word na die Outlook Home skerm.

Soos hier onder aangedui (wanneer die posbus oopgevou is), sal jy jou nuwe Outlook-argief sien.

archiving 3

2. NOU VIR DIE ARGIVERING

Kliek op File in die linkerkantse, boonste hoek. 
Onder Info sal jy Cleanup Tools sien.
Wanneer jy op die opsie kliek, sal jy Archive as die derde opsie sien.

archiving-4

Die volgende sigbare een lyk soos die een hier onder. 

archiving 5

Die belangrikste ding wat jy moet onthou is dat jy nagaan dat die regte argief-leêr gekies word vir argivering.

Om dit na te gaan, kliek op die browse-knoppie en maak seker dit wys na die korrekte leêr in “My Documents\Outlook Files”

Tweedens:

  • Kies `n datum – alle e-posse voor die ingevoerde datum sal geargiveer word na jou leêr. Dit mag `n tydjie neem as jy nog nooit voorheen geargiveer het nie. 

Thirdly:

  • Kies jou posbus (nie net dele daarvan nie, maar gebruik die oopgevoude sig soos in die voorbeeld) en kliek op OK.

Jy het nou jou eerste suksesvolle argief geskep.  Argiveer gerus jou e-posse eerder as om dit uit te vee – dis soms belangrik om rekords te behou. 

WENKE:

  • BAIE BELANGRIK – geen wagwoord op jou argief-leêr nie.
  • Hou argiewe klein – byvoorbeeld jaar-vir-jaar. Dit voorkom dat argiewe te groot raak en jou rekenaar stadig maak.  
  • Deur op bogenoemde wyse te argiveer bly jou leêrstruktuur altyd dieselfde en is dit makliker om heen en weer te soek na e-posse van vorige jare. 

Vir meer informasie op ander Outlook-funksies, gaan kyk gerus op ons selfhelp webwerf.

Mathematica by die US

Donderdag, Julie 16th, 2015

Moderne berekeningshulpmiddels is belangrik in verskeie dissiplines, en veral noodsaaklik in studievelde waar gesofistikeerde wiskunde, komplekse getalle of die verwerking van groot hoeveelheid data vereis word. Mettertyd het elke veld sy eie versameling gespesialiseerde oplossings of pakkette ontwikkel. 

’n Kampuswye lisensie is egter onlangs verkry vir die pakket Mathematica  wat deur Wolfram Research Inc ontwikkel is. Mathematica is een van ’n baie klein groep buitengewoon kragtige, hoëvlak sagtewarepakkette wat spesialiseer in gevorderde algebra, getalle en beeldverwerkingsberekenings.

mathematicaBy die Universiteit Stellenbosch het kollegas dit reeds met welslae gebruik in die biologiese, wiskundige en fisiese wetenskappe, sowel as in die ekonomiese en bestuurswetenskappe in beide onderrig en navorsing. Dit is dus regtig die moeite werd om uit te vind of dit ook toepaslik vir jou akademiese werk kan wees. 

Bykomend tot sy funksie as ’n hoëprestasie navorsingshulpmiddel, het dit ook ontwikkel tot ’n doeltreffende, gebruikersvriendelike onderrig-instrument.  Dit is kragtiger as enige ander algemene simbool-manipulasiepakket en boonop maklik om te gebruik op basisvlak.  Mathematica plaas die klem op die berekening van wiskundige objekte en kom met sy eie formele taal. Dit is gekoppel aan ’n uitgebreide, geouditeerde databasis waarmee sommige leerders dalk al kennis gemaak het deur die Wolfram Alpha-webwerf. 

Vir `n lisensie vir die gebruik van die Mathematica sagteware, kontak narga@sun.ac.za.

[Artikel deur Kristian Muller-Nedebock]

 

Office Mix – Powerpoint, net beter

Vrydag, April 24th, 2015

Soos die behoefte aan `n ryker leerondervinding toeneem, is daar ook `n beweging na sagteware, toepassings en webwerwe wat meer interaksie en samewerking tussen studente en opvoeders wil aanmoedig en bevorder.

office mix2

Daarom is dit glad nie verbasend dat Microsoft `n voorloper in die veld is en verlede jaar hul eie poging, Office Mix, bekendgestel het nie. Volgens Microsoft is Office Mix ontwikkel om opvoeders by te staan met die implementering van nuwe leermetodes met `n eenvoudige sagtewarepakket soos PowerPoint. Dit bied dieselfde voordele aan die e-Leer samelewing as die industrie-standaard verpakking van digitale leerinhoud, met die hulp van SCORM (Sharable Content Object Reference Model)

Met funksies soos stem, video, digitale ink, meningsopnames en interaktiewe toepassings, insigte en analises en terugspeelfasiliteite op enige toestel, beloof hierdie PowerPoint byvoeging om gewone skyfies te verander in interaktiewe aanlyn-lesings en aanbiedings.

Onderwysers of lektore kan hulleself opneem terwyl hulle klas gee en `n video maak van die aanbieding. Hulle kan skryf op die skyfies deur middel van “digitale ink” en vasvrae, meningspeile, video, skermgrepe, skermopnames en ander elemente byvoeg. Studente kan weer op die beurt na die interaktiewe dokument op die Office Mix webwerf gaan kyk.

Analise van die aanbieding is ook moontlik aangesien statistieke beskikbaar gestel word deur Mix.

Om Office Mix te gebruik, het jy Office 2013 of Office 365 nodig. Jy kan dit nou plaaslik aflaai van IT se ondersteuningswebwerf

[BRON: www.pcworld.com; www.microsoft.com]

 

MOOCs 101

Maandag, April 20th, 2015

MOOCKlasloop, noukeurige notas neerpen en ure in `n biblioteek spandeer is vandag nie meer vereistes as jy jou lyf student wil hou nie. MOOCs, of te wel “massive open online courses” is reeds die afgelope vyf jaar beskikbaar, maar is steeds populer en met goeie rede. 

`n MOOC is `n aanlynkursus wat gemik is op grootskaalse, interaktiewe deelname en oop toegang deur middel van die internet. Buiten tradisionele kursusmateriaal soos videos, leeswerk en vraagstukke, word `n gemeenskap gebou vir studente en akademici met die hulp van interaktiewe gebruikerforums. 

Oop, aanlyn kursusse  is `n onlangse toevoeging tot afstandsonderrig en bied `n gratis of lae koste alternatief tot konvensionele tersiêre onderrig wat voorheen nie vrylik aan almal beskikbaar was nie. Toonaangewende universiteite soos Stanford, MIT, Yale en Harvard bied reeds MOOCs aan en  gee aan enigiemand die geleentheid om te studeer aan `n voortreflike akademiese instansie.

MOOCs het geen formele toelatingsvereistes of beperking op inskrywings nie en miljoene leergieriges maak reeds gebruik van dié oop platform. Coursera, die huidige voorloper vir MOOCs, beweer dat hulle reeds meer as 3 miljoen gebruikers het.  

As jy belangstel daarin om jou kennis te verbreed – of dit nou iets lukraak is soos `n kursus oor kriptopgrafie of meer prakties soos finansiële beplanning, loer gerus na die webwerwe onder. Daar sal sonder twyfel iets wees wat jou belangstelling aanwakker.  

Lees ook MOOC News and Reviews se gedetaileerde artikel oor MOOCs, “What is a Massive Open Online Course Anyway?”. TED talks het ook `n volledige lys praatjies beskibaar oor MOOCS.

MOOC-KURSUSSE

https://www.coursera.org/
http://www.saylor.org
http://www.futurelearn.com
http://www.mooc-list.com/
http://www.class-central.com/
http://www.educause.edu/library/massive-open-online-course-mooc

[BRON: www.wikipedia.org]

Al die hulp wat jy nodig het

Vrydag, November 7th, 2014

Om te sukkel met iets simpel op jou rekenaar as jy onder druk is nie, is nie die aangenaamste ervaring of goed vir die bloeddruk nie.  En hoewel die IT Dienstoonbank tot jou beskikking is via telefoon, Skype en e-pos, wil jy dalk ook kyk of jy nie vinnig jou probleem self kan oplos nie.

Natuurlik is Google handig hiervoor, maar om deur al Google se resultate te sif en die regte een te kry, is nie `n blitsige oplossing nie.

Om hierdie rede het ons `n spesiale selfhelp webwerf geskep vir al ons gebruikers. Die webwerf sal gereeld opgedateer word met nuwe gidse en FAQ’s, asook, in sommige gevalle, videos om jou stap-vir-stap te help met jou probleem.

As jy volgende keer vashaak met iets simpel in Outlook en jy net eenvoudig nie daardie kalenderregte gestel kan kry nie, gaan kyk gerus by www.sun.ac.za/itselfhelp.

Ons hoor ook graag as daar inligting is wat jy graag sou wou byvoeg by die bestaande gidse. Stuur vir ons e-pos by  helpinfo@sun.ac.za.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.