Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Opleiding

Vat kortpad

Vrydag, April 20th, 2012

Soms is daar net nie tyd om dinge op die lang manier te doen nie. Ons het vir jou `n paar kortpaaie vir jou webblaaier op jou sleutelbord gaan opspoor.

(kortpaaie te danke aan www.iafrica.com)

Open a new tab

Ctrl + T

Close a new tab

Ctrl + W

Switch tabs

Ctrl + Tab, Ctrl + Shift + Tab

Open link in new tab

Ctrl + left click, mousewheel click

Open last closed tab

Ctrl + Shift + T

Open tab in Incognito/Stealth mode

Ctrl + Shift + N

Scroll horizontally

Shift + mousewheel up or down

Increase/Decrease font size

Ctrl + mousewheel up or down

Save bookmark

Ctrl + D

Jump to next text field/box

Tab, Shift + Tab

Copy, Cut, Paste text

Ctrl + C, Ctrl + X, Ctrl + V

View browsing history

Ctrl + H

Download link

Ctrl + left mouse click

Reload page

F5

Go to homepage

Alt + Home

Open Chrome task manager

Shift + Escape

Jump to address bar

Ctrl + L

Go to beginning, end of page

Home, End

Stop webpage loading

Esc

Activate full-screen mode

F11

Show downloads page

Ctrl + J

Find word/phrase in page

Ctrl + F

Wil jy vir jou rekenaar ore aansit?

Vrydag, Maart 9th, 2012

Is jy moeg om geintimideer te word deur jou rekenaar? Ons mag dalk net `n paar idees hê wat sal verseker dat jy die oorhand kry.

Informasie Tegnologie bied weer, soos elke jaar, van Maart tot Desember gratis opleiding vir alle US-personeellede. Meer informasie oor registrasie en die verskillende kursusse kan gekry word op die IT-wiki.

Verander jou uitkyk met Outlook

Vrydag, Maart 9th, 2012

Voel dit soms of Outlook jou hele werksdag opneem? Met `n paar eenvoudige veranderinge, kan jy Outlook vir jou laat werk in plaas van teen jou.

Maak jy ook hierdie foute in Outlook?  

Fout nr 1: Jy ontvang `n e-pos en wil vir `n kollega slegs `n gedeelte daarvan aanstuur. Jy selekteer die teks, kopieer dit , maak `n nuwe e-pos oop en plak dit daarin. Of jy stuur die e-pos aan en vee alles uit wat jy nie wil stuur nie.

Fout nr 2:  Om `n nuwe afspraak te skep dubbel-kliek jy die begintyd in jou Kalender, tik die details in, kies die begin en einde-tye in die aftuimellys en kliek “Save and Close”.

Fout nr 3: Wanneer jy Outlook gebruik is die eerste skerm wat jy sien jou Inmandjie. Jou aandag word vir die volgende 30 minute afgetrek deur `n vlaag e-posse en jy mis `n belangrike vergadering.

Fout nr 4: Jy werk in jou Kalender en wil `n nuwe e-pos stuur. Jy kliek op “Mail” en  “New Email”.

Fout nr 5: Jy lees `n nuwe e-pos, los dit vir nou in jou Inmandjie en merk dit as ongelees om jou te herinner dat jy later aandag daaraan moet gee.

As jy hierdie foute maak, kan jy soveel as 3 weke per jaar verloor, omdat daar meer effektiewe maniere is om al hierdie Outlook-funksies te verrig.

Die meeste mense gebruik Outlook slegs vir e-pos en die bestuur van vergaderings. Hulle kry nooit die geleentheid om dit te gebruik as `n middel om produktiwiteit te verbeter en tot 40 minute per dag te bespaar nie.

As jy ook wil leer hoe om die meeste van jou dag te maak met Outlook se hulp, skryf nou in vir ons nuwe 5-uur  Outlook Produktiwiteitswerkswinkel. In die proses sal jy `n gewaarborgde stelsel leer wat jou daaglikse werkvloei effektief sal bestuur.

Vir meer inligting oor hierdie werkswinkel, stuur e-pos aan itkursus@sun.ac.za, lees meer op die wiki of kontak die IT Dienssentrum by 808 4367.

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.