Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

microsoft

Terugvoer oor Microsoft-onderbreking

Vrydag, Januarie 25th, 2019

Weens ʼn onderbreking in die Microsoft Exchange diens Donderdag (24 Januarie) vanaf 10:30 tot 22:00 het personeel en studente geen toegang tot e-pos gehad nie. Die onderbreking is veroorsaak deur tegniese probleme by een van Microsoft se datasentrums in Europa en het, onder andere, Suid-Afrika, Europa en Suid-Amerika beïnvloed. Die verbinding tot Microsoft Exchange is Donderdagaand weer herstel en personeel en studente kon Vrydagoggend weer volledige toegang tot e-pos te hê. Vir `n volledige verslag oor die insident deur Microsoft, kliek hier

Hou in gedagte dat kuberkriminele hierdie tipe kan insidente misbruik om aanvalle loods teen e-posgebruikers. Nie IT of Microsoft sal jou ooit vra om jou Microsoft rekening per e-pos te heraktiveer of vra vir persoonlike inligting nie.

Neem asb. kennis dat Informasietegnologie in gevalle waar e-pos nie beskikbaar is nie ons Twitter-rekening sal gebruik as hoof-kommunikasiekanaal en dat die nuutste inligting op hierdie platform geplaas sal word.Vir enige navrae kontak asb. die IT Dienstoonbank by 021 808 4367 of meld ʼn versoek aan op die ICT Partner Portal.

Vertel jou storie met Sway

Dinsdag, September 22nd, 2015

Is jy moeg vir voorspelbare PowerPoint-aanbiedings wat steeds in vergaderings insypel? Veral dié met klank en grafiese effekte. Red jou kantoor van verveling en oortuig jou kollegas om Microsoft Sway te gebruik. 

Office Sway is `n program vir die saamstel van aanbiedings en deel van die Microsoft Office familie. Microsoft bemark dit as `n toepassing om digitaal stories mee te vertel. Op `n basiese vlak is dit sagteware wat gebruik kan word vir die skep van aanbiedings, verslae, nuusbriewe, ens. 

Buiten statiese inhoud, laat Sway jou toe om interaktiewe inhoud soos videos en tabelle te inkorporeer. Jy hoef nie bekommerd te wees oor jou formaterings- of ontwerpvaardighede nie – Sway doen dit vir jou. Gebruikers kan inhoud byvoeg vanaf hul eie toestel of  internetbronne soos Bing, OneDrive, YouTube en Facebook. Dit gee ook voorstelle vir relevante twiets, grafika en videos wat jy dalk by jou aanbieding sou sou kon byvoeg.

Sway is beskikbaar as `n aflaaibare toepassing vir Windows 10, iPhone en iPad of as deel van die Office aanlyn pakket. Hou in gedagte dat Windows 10 nog nie op kampusrekenaars gebruik word nie, maar dat jy dit wel op jou tuisrekenaar kan installeer.

 [BRONNE: www.wikpedia.org, www.gizmag.com]

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.