Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

mobiel

IT Mobiliteitsopname lewer interessante resultate

Dinsdag, Oktober 2nd, 2012

In September het die Afdeling Informasietegnologie se Mobiele Tegnologie Taakgroep, wat lede van die Sentrum vir Leer en Onderrig, Biblioteek- en Inligtingsdienste en e-Kommunikasie insluit, `n kort aanlyn opname oor selfone en tablette geloods om studente se huidige en toekomstige behoeftes te bepaal.

Die hoofdoel van hierdie opname was om te verseker dat Universiteit Stellenbosch in staat is om tendense in studente se keuse van mobiele toestelle te volg om te verseker dat relevante en ooreenstemende dienste in die toekoms uitgerol kan word.

Ons almal weet dat studente hou van cool selfoontoepassings, maar ons weet ook dat die meeste studente nie die nuuste topvlak Apple of Android toestelle het nie – wel, nog nie. Ons moet kan verstaan hoe vinnig die prentjie verander sodat ons kan sekermaak dat mobiele toestelle en toepassings wat `n daadwerklike verskil in studente se akademiese loopbaan en kampuslewe betyds geimplementeer word.

Die elektroniese opname is gestuur na 25817 voor- en nagraadse studente en 13%  het deelgeneem. Resultate sal in  `n algehele en statistieke opsomming gebruik word om die universiteit se mobiele strategie te bepaal. Te danke aan die opname, het ons afgekom op `n hele paar interessante feite oor mobiele gebruik en die verwagtinge van studente.

Die meeste studente kies hulle selfoon op grond van koste-effektiewe kommunikasie met vriende en familie en nie noodwendig as `n statussimbool of vir die foon se funksionaliteit nie. Dit wil wel voorkom asof daar oor die volgende paar jaar `n beduidende skuif weg gaan wees van Blackberrys na Android en iOS (Apple), alhoewel Blackberrys steeds populêr op kampus is.

Meer as die helfte van deelnemers aan die opname sal dit verkies as die universiteit spesifieke tablette vir akademiese gebruik voorstel.  Die belangrikste mobiele toepassings, in volgorde van belangrikheid, is eksamenresultate, eksamen- en klasskedules, inligting vir take, kalenders (klas, modules, akademies, sport, ens. ) en leerinhoud.

Deelname aan die opname was anoniem en antwoorde is nie gekoppel aan `n spesfieke individu nie. Een deelnemer was egter die gelukkige wenner van `n  R1500 Incredible Connection geskenkbewys. Dankie aan alle deelnemende studente vir hul waardevolle insette.

`n Soortgelyke opname sal oor ses maande weer gehou word.

Galaxy S3 is hier

Vrydag, Junie 8th, 2012

Samsung Electronics se nuutste vlagskip intelligente foon, die Galaxy S3, is gisteraand na groot afwagting in Suid-Afrika bekendgestel. Die foon is sedert die einde van verlede maand slegs beskikbaar by Vodacom, maar MTN & Cell C sal dit ook na gisteraand se bekendstelling as deel van hulle kontrakportfolio aanbied. In Suid-Afrika is 50 000 bestellings ontvang voordat die foon bekendgestel is.

Die Samsung Galaxy S III is ‘n intelligente Android-foon aangekondig deur Samsung op 3 Mei 2012 en die opvolger van die Samsung Galaxy S II. Die toestel is op 29 Mei 2012 in 28 lande bekendgestel, onder andere in Europa, Indië en Maleisië.

As jy geinteresseerd is in die tegniese detail, sal jy die gedetaileerde spesifikasies vind op Wikipedia of Samsung se webwerf. Vir objektiewe opinies en resensies, lees meer op CNET.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.