Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

SANReN

Wat is TENET?

Woensdag, April 3rd, 2019

Op 19 Maart het ons kampus amper tot stilstand gekom toe ons diensverskaffer, TENET, probleme ondervind het weens ʼn kragonderbreking. Die probleem is veroorsaak deur ʼn foutiewe kragopwekker by die Universiteit van Kaapstad. Studente en personeel wou weet hoekom dit ons internet beïnvloed het.

Wat is TENET?

“TENET” is die afkorting vir die Tertiary Education and Research Network of South Africa NPC. Sy hoofdoel is om Internet en Informasietegnologiedienste te bewerkstelling wat tot voordeel strek van Suid-Afrikaanse universiteite en geaffilieerde navorsings en ondersteuningsinstansies. Alle openbare universiteite en wetenskaplike rade kwalifiseer om lid van TENET-lede te wees. 

Tans verskaf TENET Internet en verwante dienste aan meer as 385 kampusse en kleiner instellings. 

Die kern van die NREN-netwerk wat deur TENET bedryf word is die South African National Research Network (“SANReN”) en is die afgelope tien jaar ontplooi deur die Meraka Instituut van die WNNR onder kontrak van die Departement van Wetenskap en Tegnologie. SANReN bestaan uit ʼn nasionale gemeenskaplike dienskanaal, veelvoudige stedelike ringnetwerke en uitgebreide langafstand koppelings om belangrike navorsingsinrigtings te bereik. (Meer detail oor die stedelike ringnetwerk en meer spesifiek die Kaapstad stedelike ringnetwerk)

Vir internasionale verbindings gebruik TENET verskeie ondersee-kabelverbindings:

60 Gb/s op die SEACOM ondersee-kabel wat eindig by die SEACOM landingstasie by Mtunzini (verleng na die oorvloei-dienskanaal in Durban) en ʼn TENET roeteerder in Amsterdam; en

50 Gb/s op die WACS ondersee-kabel wat eindig by die SANReN dienskanaalnodus in Kaapstad en TENET se roeteerder by Telecity in Londen.

As jy geïnteresseerd is in die groter prentjie en wil weet hoe Suid-Afrika se Internet werk, MyBroadband het ʼn handige den gedetailleerde uiteensetting.

[BRON: www.tenet. ac.za]

Laer internetkostes en vinniger internet

Woensdag, Februarie 6th, 2013

Te danke aan die Universiteit se samewerking met SANREN en die implementasie van die Fortigate vuurmuur, kan kampusgebruikers nou uitsien na laer internetkostes en `n vinniger, meer stabiele internetverbinding. Beide hierdie projekte was nodig omdat die universiteit se verbruik van bandwydte elke jaar bykans verdubbel het vir die afgelope 8 jaar. Ten spyte van hierdie drastiese toename, is internetkostes nooit verhoog nie. 

 

TARIEWE VIR INTERNETGEBRUIK VANAF 1 JANUARIE 2013

Tarief A @R0.02/MB: Maandag-Vrydag: 08h00-23h59 

Tarief B @ R0.01/MB : Maandag-Vrydag: 00h00-07h59, sowel as Saterdae en Sondae 

 

Neem kennis dat die relevante tariewe word bepaal deur die dag en tyd wanneer die afgelaaide data proses voltooi is. 

•Voorbeeld 1: As jy Maandag 16:55 `n leêr begin aflaai van 3 MB en die proses is voltooi teen 17:10, sal die tarief vir Maandag 17:10 van toepassing wees. 

•Voorbeeld 2: Indien dieselfde leêr afgelaai word vanaf Maandag 07:55 tot 08:10, sal die tarief vir Maandag 08:10 toegepas word.

Toegang tot Biblioteek e-bronne verander binnekort

Vrydag, Mei 25th, 2012

Tot op hede word gratis Internet toegang tot die US Biblioteekdiens se subskripsie gebaseerde elektroniese bronne deur ‘n verstelling in die gebruiker se webleser bewerkstellig.

Hierdie verstelling, bekend as die PAC lêer, bevat ‘n lys van al die elektroniese bronne waartoe die Biblioteekdiens gratis Internet toegang verskaf.  Dit behels hoofsaaklik agente- en subskripsie e-bronne, alhoewel daar in spesiale gevalle al aan departemente vergunning gegee was om ander vakspesifike e-bronne ook so gratis toeganklik te maak.  Weens die voortgesette afname in Internet kostes word hierdie vergunning vanaf 1 Julie 2012 gestaak.

Met die toename in e-bronne op die Internet, asook die onlangse opgradering van die kampus vuurmuur (“firewall”) en SANReN koppeling, is die webleser verstelling nie meer ‘n praktiese metode om gratis Internet toegang te bewerkstellig nie.  Voortaan sal gratis toegang tot e-bronne vir gebruikers slegs beskikbaar wees deur die Biblioteekdiens se webtuiste.  Gebruikers kan nuwe plekhouers (“bookmarks”) in hul weblesers skep vanaf die Biblioteek se e-databasis lys, indien hulle nog steeds op so ‘n wyse toegang wil verkry.

Hierdie reëling geld vir tafel- en skootrekenaars, hetsy op of af van kampus.  Gebruikers hoef dus van ingang Julie 2012 nie meer hul skootrekenaars se webleser konfigurasie te verander na mate hulle tussen die huis en kantooromgewing werk nie.

Die gebruik van Inetkey is egter ten alle tye nodig vir toegang tot die Biblioteekdiens se e-bronne vanaf die kampusnetwerk.

Hierdie verandering tree in werking vanaf 1 Julie 2012.

Artikel verskaf deur Wouter Klapwijk, Informasietegnologie, Biblioteek- en Inligtingsdienste

Gratis toegang tot uitgesoekte webwerwe

Vrydag, April 20th, 2012

Ongelukkig val Facebook en Twitter nie onder hierdie kategorie nie! Ons verwys wel na webwerwe wat deel vorm van die SANREN-netwerk waartoe jy voortaan gratis internettoegang sal hê.

Die SANREN-netwerk is onder andere daargestel vir die bevordering van navorsing deur middel van kommunikasie by tersiêre instellings. Indien jy dus `n navorser is wat saam met ander instansies wat aan die SANREN-netwerk gekoppel is, werk, kan jy nou gratis die volgende http, https en ftp weergawes van onderstaande webwerwe besoek –

*.mirror.ac.za

*.cput.ac.za
*.uct.ac.za
*.uwc.ac.za
*,tenet.ac.za
*.rims.ac.za

Verdere goeie nuus is dat gratis toegang na ander webwerwe wat nodig is vir navorsingsdoeleindes, ook versoek kan word. Indien jy dus op `n gereelde basis vir werkdoeleindes toegang moet hê tot `n spesifieke akademiesewebwerf, laat ons weet deur `n versoek te stuur aan helpinfo@sun.aca.za.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.