Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

servicenow

ServiceNow is gereed vir gebruik

Vrydag, April 21st, 2017

Informasietegnologie (IT) het onlangs ʼn nuwe versoek- en insidentrapporteringstelsel, ServiceNow, implementeer vir US-personeel en -studente.

Die eerste stap was om alle personeel te registreer op die stelsel. Indien jy nog nie registreer het nie, gaan asb. na www.sun.ac.za/infoteg, kliek op die Register for ServiceNow opsie en teken aan. Sodra jy aangeteken het, is jy outomaties registreer.

ServiceNow is nou gereed vir gebruik. Ons wil jou graag aanmoedig om sover moontlik die Self Service opsie te gebruik om jou tyd te bespaar en IT-diens te verbeter. Jy kan Self Service gebruik om:

1. IT-verwante insidente of versoeke te rapporteer,
2. die vordering van jou versoeke na te gaan,
3. kwotasies vir IT hardeware en verwante items en
4. IT-verwante inligting te kry.

FAQS

1. Wie moet registreer vir ServiceNow?
Alle personeel en studente wat van hierdie kragtige hulpmiddel gebruik wil maak.
2. Hoe registreer ek?
Volg hierdie skakel en teken aan met jou US gebruikersnaam en wagwoord.
3. Hoe meld ek ʼn insident aan? Kliek hier.
4. Hoe meld ek ʼn versoek aan? Kliek hier.
5. Hoe volg ek my insidente en versoeke op? Kliek hier.

Indien jy steeds vrae het nadat jy registreer het, kontak asseblief die IT Dienstoonbank by 021 808 4367.

Registreer vir ServiceNow

Woensdag, April 5th, 2017

Informasietegnologie (IT) implementeer binnekort ServiceNow, ʼn nuwe versoekrapporteringstelsel vir alle US-personeel en -studente. Dis egter nodig dat jy eers ʼn eenvoudige proses volg om te registreer. Gaan na www.sun.ac.za/infoteg en kliek op die Register for ServiceNow opsie.

ServiceNow is ʼn eenstopdiens waar jy kan tred hou met alle IT-verwante versoeke. Met hierdie multifunksionele platform kan ons dienste aan kliënte meer vaartbelyn uitgevoer word en ons ook meer effektief optree.

Binne sekondes kan jy, of iemand namens jou, jou versoek aanlyn plaas. Jy kan versoeke aanteken, IT-dienste aanvra, jou versoekstatus nagaan en ʼn kennisdatabasis raadpleeg. Al hierdie funksies is beskikbaar vanaf enige toestel, enige tyd, met behulp van ʼn webgebaseerde IT selfdiensportaal of Android en iOS toepassings.

Neem kennis dat hierdie slegs die prosedure vir registrasie is. Sodra jy aangeteken het, kan jy weer die webblad toemaak. Ons vra dat jy sal probeer om nog nie versoeke aan te teken nie, aangesien ons eers vir almal ʼn kans wil gee om te registreer voordat ons die stelsel lewendig maak. Wanneer die registrasieproses van gebruikers voltooi is, sal ons jou per e-pos en nuusbrief in kennis stel en kan jy die stelsel begin gebruik.

Vir enige navrae of terugvoer, kontak gerus die IT Dienstoonbank by 021 808 4367 of help@sun.ac.za

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.