SEARCH
  • [:en]Recent Posts[:af]Onlangse bydraes

  • [:en]Categories[:af]Kategorieë

  • [:en]Archives[:af]Argiewe

Internet

Mirror sites at your disposalSpieëlwebwerwe tot jou beskikking

Friday, June 8th, 2012

Did you know there are selected websites you have free access to? These websites are known as mirror sites.

In computing, a mirror is an exact copy of a data set. On the Internet, a mirror site is an exact copy of another Internet site. Mirror sites are most commonly used to provide multiple sources of the same information, and are of particular value as a way of providing reliable access to large downloads. Mirroring is a type of file synchronization and a  live mirror is automatically updated as soon as the original is changed.

But why the need for more than one version of the same website. A few reasons are:

  1. To preserve a website or page, especially when it is closed or is about to be closed.
  2. To allow faster downloads for users at a specific geographical location. For example, a U.S. server could be mirrored in Japan, allowing Japanese Internet users to download content faster from the local Japanese server than from the original American one.
  3. To provide access to otherwise unavailable information. For example, when the popular Google search engine was banned in 2002 by the People’s Republic of China, the mirror elgooG was used as a way of effectively circumventing the ban.
  4. To preserve historic content. Financial constraints and/or bandwidth prevent the maintainers of a server from keeping older and unsupported content available to users who still may desire them; a mirror may be made to prevent this content from disappearing.
  5. To balance load. If one server is extremely popular a mirror may help relieve this load this server may become overloaded with demand. Alternative download points allow the total number of download requests to be spread among several servers, maintaining the availability of the distribution.
  6. As a temporary measure to counterbalance a sudden, temporary increase in traffic.

SOURCE: www.wikipedia.org

Therefore, before you download huge files from an international server and run up an exorbitant internet account, check whether there is a local version available. The following websites are available to you free of charge:

A large amount of software downloads are available at http://support.sun.ac.za

MIT OpenCourse Ware: http://ocw.sun.ac.za

Mirror server for linux: http://ftp.sun.ac.za

Mirror services available for free via TENET: http://www.mirror.ac.za

The most popular Linux distros are available (Ubuntu,Debian, Fedora, Opensuse, Mandriva etc.)

Complete programming language mirrors are availabla at:

CPAN (perl): http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.funet.fi/pub/languages/perl/CPAN/

CTAN (Tex/Latex): http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.dante.de/tex-archive/

Python: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.python.org/

Mathematical languages:

SageMath: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/www.sagemath.org/

Scilab (http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/scilab/www.scilab.org/

http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/cran.za.r

Octava http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/octave

Opensource software:

sourceware.org: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/sourceware.org/pub/

Free Office packages:

LibreOffice: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/libreoffice/

OpenOffice: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/openoffice/

Downloadable antivirus updates:

Mcafee: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.nai.com/

Symantec: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.symantec.com
/public/english_us_canada/antivirus_definitions/norton_antivirus/

Adobe Reader: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.adobe.com/

SOURCE:  www.wikipedia.org

Het jy geweet daar is sekere webwerwe waartoe jy plaaslik toegang na kan kry sonder dat jy nodig het om Inetkey te gebruik? Hierdie webwerwe staan bekend as spieëlwebwerf, of te wel `n “mirror site”.

In die rekenaaromgewing is `n “mirror” `n presiese kopie van `n datastel en op die internet is `n “mirror site” die presiese kopie van `n ander internetwebwerf. Spieëlwebwerwe word gereeld gebruik om veelvuldige bronne van dieselfde inligting te verskaf en is veral voordelig as betroubare toegang tot groot aflaaibare leêrs. “Mirroring”  is in kort dus `n tipe leêr sinkroniseringsproses waar die aktiewe spieëlwebwerf opdateer word sodra die oorspronklike webwerf verander.

Maar hoekom is dit nodig dat daar meer as een weergawes van dieselfde webwerf is? Enkele redes hiervoor is:

  1. Om die bestaande weergawe te bewaar, veral as dit gesluit is of gesluit gaan word.
  2. Sodat gebruikers vinniger inligting kan aflaai as dit plaaslik is. (`n Amerikaanse bediener kan byvoorbeeld `n spieëlbeeld hê in Japan sodat Japanese internetgebruikers vinniger data kan aflaai.)
  3. Toegang tot andersins onbereikbare inligting. (Google is byvoorbeeld verban in China in 2002 en `n spieëlwebwerf elgooG is daargestel om steeds toegang te gee.)
  4. Om ouer inligting te argiveer wat te duur word om te huisves op die hoofwebwerf.
  5. Om die lading in internetverkeer te verlig.

Voordat jy dus groot leêrs en sagteware aflaai vanaf `n internasionale webwerf en jou internetrekening opjaag, maak eers seker dat daar nie `n plaaslike weergawe is nie. Die volgende klompie webwerwe is teen geen onkoste beskikbaar vir jou:

`n Verskeidenheid sagteware is beskikbaar by http://support.sun.ac.za

MIT OpenCourse Ware: http://ocw.sun.ac.za

Mirror server vir linux: http://ftp.sun.ac.za

Mirror dienste gratis beskikbaar via TENET: http://www.mirror.ac.za

Bekendste linux distros is beskikbaar (Ubuntu,Debian, Fedora, Opensuse, Mandriva ens.)

Volledige Programeringstale mirrors is beskikbaar by:

CPAN (perl): http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.funet.fi/pub/languages/perl/CPAN/

CTAN (Tex/Latex): http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.dante.de/tex-archive/

Python: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.python.org/

Wiskundige tale:

SageMath: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/www.sagemath.org/

Scilab (http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/scilab/www.scilab.org/

R http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/cran.za.r

Octava http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/octave

Oopbron sagteware:

sourceware.org: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/sourceware.org/pub/

Gratis Officepakket:

LibreOffice: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/libreoffice/

OpenOffice: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/openoffice/

Aflaaibare antivirus opdaterings:

Mcafee: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.nai.com/

Symantec: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.symantec.com/public/

english_us_canada/antivirus_definitions/norton_antivirus/

Adobe Reader: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.adobe.com/

BRON:  www.wikipedia.org

Too many line options to choose from?Te veel lynopsies?

Thursday, June 7th, 2012

Nowadays we’re fortunate (depending on our budgets of course) to have internet access at home. We can quickly Google a recipe instead of scurrying to find the right cookbook or piece of paper you wrote the recipe down on somewhere. Or quickly look up the name of that actor whose name is on the tip of your tongue and you’re convinced your husband has the wrong one.

Unfortunately being spoilt for choice also brings more confusion at times. On top of having to choose the right service provider, you can also choose your line speed.  iAfrica  explained it for us in simple terms.

SOURCE: www.iafrica.com

Hoe gelukkig is ons nie om deesdae (natuurlik as die begroting dit toelaat) internet in ons huise te kan hê nie. Anders as 5 jaar gelede kan jy nou `n resep “google” in plaas van die Kook en Geniet gryp. Of in die middel van `n fliek gou die naam van die akteur opsoek wat so bekend lyk, maar wie se naam jy skielik om der dood nie kan onthou nie.

Ongelukkig kom daar met tyd ook meer opsies en in die proses meer verwarring. Asof die keuse van diensverskaffer nie moeilik genoeg is nie, kan jy deesdae ook kies hoe vinnig jou ADSL-lyn moet wees. iAfrica het dit vereenvoudig sodat ons dit ook kan verstaan.

384Kbps

Telkom se goedkoopste, intreevlak-opsie teen R152 per maand.

As jy e-posse wil lees, `n bietjie Facebook en Twitter en dalk af en toe `n snaakse video-insetsel wil kyk, is hierdie een vir jou. Jy sal kan Skype en ander gesels-programme gebruik, maar videokonferensies gaan maar hikkerig wees. As jy lief is vir jou YouTube-videos en musiek wil stroom, sal jy dalk maar geduld moet aanleer. Hierdie lyn gaan maar sukkel om te doen wat jy wil hê. Jy sal ook lank wag om leêrs af te laai wat groter as 1GB is.

Die goeie nuus is egter dat jy nogsteeds speletjies sal kan speel sonder te veel probleme. Die gesukkel gaan slegs inkom as jy opdaterings (“patches”) of ander inhoud vir jou speletjies wil aflaai.

As jy nie vir Telkom wil ondersteun nie, is daar ook die opsie om by  MWEB, Afrihost en ander IDV’s `n onbeperkte rekening te kry vir ongeveer R200.

1Mbps

Telkom se middelslag-aanbod is `n trappie beter, maar ook heelwat duurder teen R289. Die 1Mbps lynspoed is egter nader aan die spoed wat breëband eintlik moet wees – amper drie keer so vinnig as `n 384Kbps lyn.

Die 1Mbps-lyn is perfek vir `n familie met meer as een persoon wat die internet wil gebruik sonder om te veel te sukkel met internetspoed. Dis ook `n goeie opsie as jy baie data wil aflaai en na radiostasies en musiek aanlyn wil luister.  Daar sal steeds `n mate van onderbreking wees, maar `n paar sekondes in vergelyking met `n paar minute op `n  384Kbps lyn.

Selfs met die aflaai van speletjies doen die 1Mbps goed. Speletjies groter as 10GBs gaan dalk net `n tydjie (enigiets van 24-48 ure) neem.

Die onbeperkte 1Mbps opsies se pryse het ook die afgelope tyd geval en jy kan dit nou aanskaf teen R200 vir MWEB, Afrihost, Axxess en ander.

4Mbps

Die tweede duurste opsie gaan jou R413 per maand kos, maar dis ook vier keer vinniger as die 1Mbps-lyn. Hierdie lyn is ook handig vir families, veral die wat `n kombinasie van “WiFi”-toestelle en rekenaars het. Ernstige aflaaiers kan gerus, as die begroting dit toelaat, gaan vir die 4Mbps-opsie aangesien groot leêrs baie vinnig aflaai.

Aanlyn videos en musiek stroom seepglad so jy sal nie op jou tande sit en kners van frustrasie nie. Nog `n voordeel is die kwaliteit van video-oproepe met goeie kwaliteit met  min onderbreking, indien enige. Gebruikers van Xbox Live en Steam sal moeiteloos “patches” en speletjies wat etlike gigabytes is, kan aflaai.

‘n Onbeperkte 4Mbps data rekening sal gebruikers ongeveer R500 per maand kos.

10Mbps

Hierdie vinnigste opsie van almal kos dieselfde as die 4Mbps, omdat Telkom gebruikers gratis opgradeer.

Met 10Mbps kan jy uitsien na hoë-definisie datastroom sonder enige onderbreking. Aflaai is natuurlik ook twee keer so vinnig as met die 4Mbps-lyn en is dus vergelykbaar met die res van die aanlynwêreld. As jy dus `n internet-geaktiveerde TV, Apple TV of enige ander HD toestel het, is hierdie die beste opsie vir hoë-kwaliteit inhoud sonder om te sit en wag vir `n skerm wat laai.

Vir die kwaliteit en spoed van `n onbeperkte 10Mbps rekening vra Afrihost R997 (die laagste prys op die mark tans). Axxess vra R1599, terwyl MWEB R1999 vra.

BRON:  www.iafrica.com

Broadband or Big Mac?Breëband of Big Mac?

Friday, May 25th, 2012

Broadband prices plummeted over the last decade, but the same cannot be said for many other products. Rudolph Muller from www.mybroadband.co.za investigated and stumbled upon a few interesting numbers.

ADSL and mobile data prices have plunged over the last decade. The total cost of an ADSL service dropped by over 50% since it was launched in 2002 while mobile data costs decreased by 96% over the last 10 years.

In 2002 a basic 512 Kbps ADSL service cost residential customers R966.72 per month (R67.72 for analogue line rental, R680 for ADSL access and R219 for a 3GB data bundle). In comparison, the price for a 384kbps connection with 5GB of data is now priced at R358.97 (R219.00 + R139.97).

Even more significant price cuts are visible in the mobile data market. In 2002 a 10MB data bundle from Vodacom cost R200 (hence R20 per MB). Today users can buy a 1GB data bundle from the same company for R99 (10c per MB).

Broadband prices have seen price cuts of between 50% and 95% over the last decade. These price reductions were partly fuelled by lower international bandwidth prices made possible by SEACOM.

When compared with products such as petrol and food, broadband stands out as having bucked the trend of price increases.

The following table provides an overview of the price changes of a few products over the last 10 years.

Service 2002 2012 Change

Telkom ADSL

Consumer ADSL access (512kbps/1Mbps) R680 R289 -58%
Business ADSL access (512kbps/1Mbps) R800 R289 -64%
3GB of blended ADSL data R219 R59.4 -73%
Analogue line rental R68 R140 107%

Vodacom mobile data

Out of bundle R45 R2 -96%
MyMeg 10 R200 R9 -96%

MultiChoice pay-TV

DStv premium R349 R590 69%

Fuel

Petrol R4.26 R11.77 176%

Big Mac

McDonald’s Big Mac burger R9.00 R20.95 133%

Breëbandpryse het die afgelope dekade ooglopend gedaal, maar dieselfde kan nie van ander produkte gesê word nie.  Rudolph Muller van www.mybroadband.co.za het gaan ondersoek instel en op `n paar interessante feite afgekom.

Die koste van ADSL-diens het met 50% gedaal sedert dit in 2002 geloods is, terwyl die koste van mobiele data met 96% gedaal het die afgelope 10 jaar. 

In 2002 het die basiese  512 Kbps ADSL diens vir residensiële verbruikers  R966.72 per maand gekos (R67.72 vir die huur van `n analooglyn, R680 vir ADSL-toegang en R219 vir `n 3GB databondel). In vergelyking hiermee is die prys van `n  384kbps konneksie met 5GB data nou R358.97 (R219.00 + R139.97).

In die mobiele data mark is die prysvermindering nog duideliker. In 2002 het  10MB data bundle van Vodacom R200 gekos (maw R20 per MB). Vandag kan gebruikers `n 1GB data bondel  by dieselfde maatskappy koop vir R99 (10c per MB).

Breëbandpryse se kostes is dus met tussen  50% en 95% gesny oor die afgelope tien jaar en dis deels te danke aan die laer internasionale bandwydte pryse meegebring deur  SEACOM.

Ongelukkig kan dieselfde nie van ander produkte gesê word nie. Die volgende tabel gee `n oorsig van die verandering in produkpryse die afgelope dekade.

Diens 2002 2012 Verandering

Telkom ADSL

Residensële ADSL toegang (512kbps/1Mbps) R680 R289 -58%
Besigheid ADSL toegang (512kbps/1Mbps) R800 R289 -64%
3GB gemengde ADSL data R219 R59.4 -73%
Analoog lynhuur R68 R140 107%

Vodacom mobiele data

Buite die bundel R45 R2 -96%
MyMeg 10 R200 R9 -96%

MultiChoice betaal-TV

DStv premium R349 R590 69%

Petrol

Petrol R4.26 R11.77 176%

Big Mac burger

McDonald’s Big Mac burger R9.00 R20.95 133%

Access to Library e-resources changing shortlyToegang tot Biblioteek e-bronne verander binnekort

Friday, May 25th, 2012

Until now free internet access to the US Library Services’ subscription based electronic resources were managed by a setting in users’ browsers.

This setting, known as the PAC file, consists of a list of the electronic resources the library provides free internet access to. It mainly consists of agent and subscription e-resources, although, in some cases, exceptions were made to make subject specific resources available for free. Due to the ongoing decrease in internet costs this privilege will be suspended from 1 July 2012.

Due to the increase of e-resources on the internet, as well as the recent upgrade of the campus firewall and SANReN connection, the browser setting is no longer a practical method to gain access to free internet. In future free access to e-resources will only be available on the library’s website. Users can create new bookmarks from the Library’s e-database list  in their browsers if they still need access.

This new method is applicable to desktop computers, as well as laptops on and off campus. From July 2012 users no longer have to change the configuration of their browser on their laptops when they switch between working at home or the office.

Take note that you do need to use your Inetkey at all times for access to these free e-resources when working on the campus network.

These changes will be applicable from 1 July 2012.

Article supplied by Wouter Klapwijk, Information Technology, Library and Information Service

Tot op hede word gratis Internet toegang tot die US Biblioteekdiens se subskripsie gebaseerde elektroniese bronne deur ‘n verstelling in die gebruiker se webleser bewerkstellig.

Hierdie verstelling, bekend as die PAC lêer, bevat ‘n lys van al die elektroniese bronne waartoe die Biblioteekdiens gratis Internet toegang verskaf.  Dit behels hoofsaaklik agente- en subskripsie e-bronne, alhoewel daar in spesiale gevalle al aan departemente vergunning gegee was om ander vakspesifike e-bronne ook so gratis toeganklik te maak.  Weens die voortgesette afname in Internet kostes word hierdie vergunning vanaf 1 Julie 2012 gestaak.

Met die toename in e-bronne op die Internet, asook die onlangse opgradering van die kampus vuurmuur (“firewall”) en SANReN koppeling, is die webleser verstelling nie meer ‘n praktiese metode om gratis Internet toegang te bewerkstellig nie.  Voortaan sal gratis toegang tot e-bronne vir gebruikers slegs beskikbaar wees deur die Biblioteekdiens se webtuiste.  Gebruikers kan nuwe plekhouers (“bookmarks”) in hul weblesers skep vanaf die Biblioteek se e-databasis lys, indien hulle nog steeds op so ‘n wyse toegang wil verkry.

Hierdie reëling geld vir tafel- en skootrekenaars, hetsy op of af van kampus.  Gebruikers hoef dus van ingang Julie 2012 nie meer hul skootrekenaars se webleser konfigurasie te verander na mate hulle tussen die huis en kantooromgewing werk nie.

Die gebruik van Inetkey is egter ten alle tye nodig vir toegang tot die Biblioteekdiens se e-bronne vanaf die kampusnetwerk.

Hierdie verandering tree in werking vanaf 1 Julie 2012.

Artikel verskaf deur Wouter Klapwijk, Informasietegnologie, Biblioteek- en Inligtingsdienste

Just browsingWatter webblaaier?

Friday, May 25th, 2012

Way back when the internet was still in it’s baby shoes, the only options for web browsers were Internet Explorer and Netscape. Thankfully things have changed and today you can choose a web browser according to your own needs – whatever they might be. We made some notes so you can have more time to surf the net.

Nowadays most browsers are more than adequate. The leaders in the race, Google Chrome, Firefox and Internet Explorer, are all packed with handy functionalities and on par with new developments. In the end it all depends on what you prefer.

The most important requirement is probably speed and here it seems as if Google Chrome is taking the lead. With “Chrome Instant” you see the pages you are looking for even before you’ve finished typing the address or title. An application that thinks ahead – literally! Chrome is  the only browser with a built-in Flash-player and pdf reader. It also handles HTML5 the best of all browsers and with it’s new hardware acelaration it’s increasingly becoming the popular choice.

However Google Chrome is not the only fast browser. Internet Explorer 9 gave Microsoft’s fading browser a much needed need boost, with JavaScript speed comparable to Chrome, and even started its own performance improving trend—graphics hardware acceleration. IE9’s Javascript is comparable with Chrome and maybe IE9’s greatest advantages is it’s integration with Windows 7. You can also permanently “pin” websites on your taskbar – a handy extra if you don’t like using bookmarks. Just remember you need at least Windows 7 or Vista to run Internet Explorer 9.

Do you want to synchronise all your bookmarks, settings and internet history seamlessly? Them Firefox is for you. It can even sync with it’s own mobile Android version. Firefox also has the most innovative way of organising  a lot of tabs with it’s panorama grouping function. Firefox’s startup speed, memory usage and security has improved quite a bit over time and can keep up with any of the other browsers.

If you want to have a look at the detailed statistics of each browser’s performance,  read more here.

SOURCE: www.lifehacker.com

Lank gelede toe die internet nog sy eerste treë gegee het was die enigste opsies vir webblaaiers Internet Explorer en Netscape. Gelukkig is daardie dae iets van die verlede. Vandag kan jy `n webblaaier kies wat aan jou behoeftes voldoen – wat dit ookal mag wees. Ons het gaan notas maak sodat jy meer tyd op die internet kan spandeer.

Deesdae se webblaaiers is amper almal ewe goed. Die leiers, Google Chrome, Firefox en Internet Explorer, is al drie vinnig, propvol handige funksies en hou tred met nuwe ontwikkelinge. Op die ou end hang dit af wat jy as internetgebruiker verkies.

Die belangrikste vereiste vir die meeste gebruikers is spoed. En hier is Google Chrome `n sterk mededinger. “Chrome Instant” beteken jy sien die bladsye nog voordat jy dit klaar die adres en titel ingetik het. `n Program wat letterlik vooruit dink. Chrome is ook die enigste webblaaier wat `n ingeboude Flash-speler en PDF-leser het. Chrome hanteer en ondersteun ook HTML5 die beste van al die blaaiers en met sy minimalistiese ontwerp en nuwe hardeware versnelling word dit toenemend die populêre keuse.

Google Chrome is egter nie die enigste vinnige blaaier nie. Met weergawe 9 het Microsoft Internet Explorer `n hupstoot gegee. IE9 se Javascript is vergelykbaar met Chrome en een van IE9 se groot voordele is sy inskakeling by Windows 7. Jy kan ook webwerwe permanent “vassteek” op jou taakbalk – handig as boekmerke nie goed genoeg vir jou werk nie. Onthou net dat die minimum vereistes vir IE9 Windows 7 of Vista is.

Wil jy al jou boekmerke, opstellings en internetgeskiedenis soomloos sinkroniseer? Firefox is die wenner in dié afdeling en kan selfs sinkroniseer met sy eie mobiele Android weergawe. Firefox het ook die mees innoverende manier om baie oortjies (“tabs”) te organiseer met sy “panorama” groeperingsfunksie. Firefox se aanvangspoed, hoeveelheid geheue wat gebruik word en sekuriteit het sedert die vroeëre weergawes verbeter en kan sy man staan teen die ander webblaaiers.

As jy self na die statistieke wil gaan kyk en sien hoe elke webblaaier presteer in verskillende areas, gaan lees gerus hier verder.

BRON: www.lifehacker.com