SEARCH
  • [:en]Recent Posts[:af]Onlangse bydraes

  • [:en]Categories[:af]Kategorieë

  • [:en]Archives[:af]Argiewe

Internet

Free access to selected websitesGratis toegang tot uitgesoekte webwerwe

Friday, April 20th, 2012

Unfortunately Facebook and Twitter don’t fall into this category! However, in future, you will have free internet access to selected sites connected via the SANREN network.

One of the main objectives of SANREN is to promote research and improve communication for research at tertiary institutions. If you work closely with other institutions connected to this network, you can now access the http, https and ftp versions of the sites below for free –

*.mirror.ac.za

*.cput.ac.za
*.uct.ac.za
*.uwc.ac.za
*,tenet.ac.za
*.rims.ac.za

In addition to this, you can also request free access to other sites you need for academic and research purposes. Therefore, if you need to access a site regularly for work, let us know by sending an email to helpinfo@sun.ac.za.

Ongelukkig val Facebook en Twitter nie onder hierdie kategorie nie! Ons verwys wel na webwerwe wat deel vorm van die SANREN-netwerk waartoe jy voortaan gratis internettoegang sal hê.

Die SANREN-netwerk is onder andere daargestel vir die bevordering van navorsing deur middel van kommunikasie by tersiêre instellings. Indien jy dus `n navorser is wat saam met ander instansies wat aan die SANREN-netwerk gekoppel is, werk, kan jy nou gratis die volgende http, https en ftp weergawes van onderstaande webwerwe besoek –

*.mirror.ac.za

*.cput.ac.za
*.uct.ac.za
*.uwc.ac.za
*,tenet.ac.za
*.rims.ac.za

Verdere goeie nuus is dat gratis toegang na ander webwerwe wat nodig is vir navorsingsdoeleindes, ook versoek kan word. Indien jy dus op `n gereelde basis vir werkdoeleindes toegang moet hê tot `n spesifieke akademiesewebwerf, laat ons weet deur `n versoek te stuur aan helpinfo@sun.aca.za.

VPN – your home connectionVPN – jou verbinding by die huis

Wednesday, April 4th, 2012

With the implementation of the new firewall”, the method for connecting to the internet at home, has also changed. If you’re one of the lucky ones who can work from home, you can follow the instructions below and in no time your internet will be up and running again.

For step by step instructions for the installation of the new VPN client, click here. If you are currently using the Checkpoint VPN (you’ll see a yellow key in the corner of your pc’s screen) first follow these instructions before installing the client. Just remember, this installation will not work if it’s done from campus. You need to be outside the university’s network.

If you use NXInetkey without VPN from home, it will be deactivated from 1 April due to security reasons. Follow the same installation procedures as the VPN users and install the new client.

More details on VPN on our here service catalogue.

 

Met die uitrol van die nuwe vuurmuur (“firewall”) het die metode vir toegang tot die internet vir tuisgebruikers ook verander. As jy een van die gelukkiges is wat by die huis ook kan werk, kan jy onderstaande instruksies volg en sal jy in `n oogwink weer aan die gang wees.

Vir stap-vir-stap-instruksies vir die installasie van die nuwe VPN-kliënt, kliek hier. Indien jy tans reeds die “checkpoint VPN” gebruik (jy sal `n sleuteltjie onder regs op jou rekenaarskerm sien), volg eers hierdie instruksies voordat jy die kliënt installeer. Let wel, die installasie werk NIE op kampus nie. Jy moet buite die US-netwerk wees.

Indien jy NXInetkey sonder VPN vanaf die huis gebruik, sal dit vanaf 1 April weens sekuriteitsredes nie meer werk nie. Volg dieselfde prosedures as VPN-gebruikers en installeer die nuwe program.

As jy ‘n Windows, Linux- of  MAC-gebruiker is, kan jy hier kliek vir instruksies.

 

Forgot your password (again!)Alweer jou wagwoord vergeet?

Friday, March 9th, 2012

Do you have the IT service centre’s number on speed dial in case you forget or lose your password for the umpteenth time? Now you don’t have to anymore.

Thanks to a new application developed by IT you can change your password on any of the portals (for example http://my.sun.ac.za) by clicking on the “Forgot password” link on the first page. A temporary password can be assigned to you in any of the following ways:

  1. Your cellnumber
  2. An external email address (if you are alumni)
  3. Security questions and answers

Please remember that the system can only reset your password if we have the correct information as mentioned above.

For enquiries contact the IT Service Desk at x4367.

Het jy die IT dienstoonbank se nommer geprogrammeer op jou telefoon vir in geval jy jou wagwoord vir die soveelste keer verloor of vergeet? Nou hoef jy nie meer nie!

Te danke aan `n nuwe stelsel ontwikkel deur IT kan jy nou self jou wagwoord op die intreeblad van enige van die portale (byvoorbeeld http://my.sun.ac.za) verander deur te kliek op “Wagwoord vergeet?”. `n Tydelike wagwoord kan via die portaal-applikasie aan jou toegeken word op grond van een van die volgende:

  1. Jou selnommer
  2. `n Eksterne e-posadres (as jy alumni is)
  3. Sekuriteitsvrae en antwoorde

Onthou asseblief dat dat die stelsel slegs jou wagwoord kan verander as bogenoemde inligting volledig en akkuraat op ons databasis vasgelê is.

Vir enige navrae kontak die IT Dienssentrum by x4367.

More band for your bandwidthMeer band vir jou bandwydte

Thursday, March 8th, 2012

Most of us are clueless when it comes to internet providers and the various packages they offer. So how do we know where we can get value for money?

Die meeste van ons verstaan nie kop of stert hoe verskaffers se internet en adslfooie werk nie. So hoe weet ons wie vir ons goeie waarde vir ons geld kan gee? Ons het iets opgespoor wat dalk kan help.

(more…)

Warning for 3G users: Risk of overspending on data accountsWaarskuwing aan 3G-gebruikers: Risiko vir oorspandering op datakontrakte

Tuesday, February 14th, 2012

Users are warned to practice caution when using certain providers’ 3G bundles on laptops. Some of these do not protect the user against overspending.

The risk of overspending occurs when users are under the false impression that their 3G package is safe to use until the package runs out. This is not necessarily the case. Higher costs can occur when the initial bundle’s capacity is exceeded and a much higher tariff kicks in. The user will then, without knowing, pay the higher tariff.

The risk of overspending is increased by software updating automatically and therefore generating more traffic. To avoid overspending ensure that the settings of your software updates are set to manual.

Another risk 3G users need to be aware of is the excessive cost of data overseas. Wireless in hotels is usually much more affordable than the local service provider’s roaming data options.

Users are strongly advised to limit the amount they want to spend or traffic they want to allow. (All this information can be found on your service provider’s website.) Also activate sms and email notifications when your data bundle is close to its limit. In this instance prepaid data is a considerably safer option.

3G users are encouraged to monitor their traffic and data usage on the 3G control programme, as well as the service provider’s website. Preferably switch off the 3G facility when it’s not being used.

Gebruikers word gewaarsku om versigtig die 3G-databundel, veral op skootrekenaars, te gebruik. Sommige pakkette van diensverskaffers se 3G-databundels beskerm nie die gebruiker teen oorspandering nie.

Hierdie risiko kom veral voor by gebruikers wat ‘n besigheidskontrak met ‘n diensverskaffer gesluit het en onder die indruk is dat, indien ‘n databundel teen die kontrak gekoop is, dit veilig is om maar die datadiens te gebruik “tot dit op” is.

Daar is egter ‘n groot risiko dat indien die databundel oorskry word, ‘n baie hoër “buite-bundel” tarief inskop en die gebruiker onvermoedelik ʼn baie hoër uitgawe verpligting aangaan.

Die risiko word verhoog deur programmatuur wat outomaties, sonder die gebruiker se wete, opdateer en gevolglik hoë volumes verkeer genereer. Let dus veral op sagteware se verstellings en maak seker dat opdaterings eerder met die hand gedoen word i.p.v. outomaties.

ʼn Verdere groot risiko is die buitensporige koste van data in die buiteland. “Wireless” binne die hotel is gewoonlik meer bekostigbaar as plaaslike diensverskaffers se “roaming” data opsies.

Gebruikers word sterk aangeraai om limiete op die bedrag of verkeer te plaas (kyk na u diensverskaffer se webblad), asook om sms of epos boodskappe te aktiveer wanneer die verkeer naby die limiet van die kontrak kom. Voorafbetaalde data is in die opsig baie veiliger.

Verder word gebruikers aangemoedig om die volume verkeer op die 3G beheerprogram self deeglik dop te hou. Die meeste verskaffers gee aan hul kliënte die opsie op datagebruik op hulle webwerf te monitor en IT raai gebruikers aan om van hierdie fasiliteit gebruik te maak. Skakel ook die 3G-fasiliteit af indien dit nie benodig word nie.