SEARCH
  • [:en]Recent Posts[:af]Onlangse bydraes

  • [:en]Categories[:af]Kategorieë

  • [:en]Archives[:af]Argiewe

Internet

[:en]Effect of internet cable break on Stellenbosch University[:af]Impak van die internet kabelbreuk op Universiteit Stellenbosch[:]

Monday, January 20th, 2020

[:en]

The recent internet speed problems that South Africans have been experiencing has been front page news since mid-January. How has it affected the University community?

The short answer is that in most cases, we don’t see any degradation in network performance at all. How is this possible, one may ask? The answer lies in the redundant design of our international circuits, as implemented and managed by TENET, the service provider for the tertiary education sector. When a particular network circuit is broken for some reason, like the West African cable (WACS) in the current situation, the university traffic is seamlessly re-routed via another circuit, Seacom, running along the East Africa coastline. Obviously, the risk of total network failure is enlarged by the current unavailability of WACS (and SAT3), but up to now our services remained available without a hiccup. This can be seen from the following graphs, which show constant traffic flow for the past week, 100% interface availability of the network, spare capacity available and zero network errors reported.

Other network service providers often don’t have this level of redundancy available, and may be more seriously affected. That is why ISP’s like Axxess, Afrihost and others have been struggling, and why some users might have experienced communication problems at home, or while using other networks other than the campus network. 

When will this situation normalise? The WACS cable on the coast of the Congo is currently being attended to by the cable repair ship and TENET’s estimation is repairs could be completed by 11 February.

For regular updates and information on how the repair process works, follow TENET on Twitter.

Click for larger image

TENET internet usage graphs

 

[:af]

Die probleme met internetspoed wat Suid-Afrikaners tans ervaar is reeds vir weke lank in die nuus. Maar hoe het dit ons eie Universiteitsgemeenskap beïnvloed? 

Die kort antwoord is dat ons, in die meeste gevalle, hoegenaamd nie ʼn degradasie in netwerkverrigting opmerk nie. Hoe is dit moontlik, wonder jy dalk? Die rede lê by TENET, die diensverskaffer vir die tersiêre opvoedingsektor, se oortolligheidsontwerp van ons internasionale stroombane. Wanneer ʼn spesifieke netwerkstroombaan, om watter rede ookal, gebreek is – soos die Wes-Afrika kabel (WACS) op die oomblik – word die universiteit se internetverkeer soomloos herlei deur ʼn ander stroombaan, Seacom, wat langs die Oos-Afrika kus loop. 

Vanselfsprekend word die risiko van ʼn volslae netwerkonderbreking verhoog deur die huidige onbeskikbaarheid van die WACS (en SAT3), maar so ver het ons dienste beskikbaar gebly sonder enige glipse. Dis ook duidelik sigbaar op die grafiek onder wat deurlopende internetverkeersvloei, 100% koppelvlakbeskikbaarheid van die netwerk, ekstra beskikbare kapasiteit en geen netwerkfoute aandui. 

Ander netwerkdiensverskaffers het dikwels nie hierdie vlak van oortolligheid tot hulle beskikking nie en voel meer ernstig die impak van die kabelbreuk. Dis ook hoekom IDV’s soos Axxess, Afrihost en ander by tye gesukkel het en hoekom sommige gebruikers verbindingsprobleme tuis of elders as op kampus ervaar het. 

Wanneer sal die situasie weer terugkeer na normaal? Die WACS-kabel aan die kus van die Kongo word tans herstel deur die kabelherstelskip en TENET skat dat die herstelwerk teen 11 Februarie voltooi sal wees.

Vir meer gereelde nuus oor die situasie en inligting oor hoe die herstelproses werk, volg TENET op Twitter.

Click for larger image

TENET internet usage graphs

 

[:]

[:en]Inetkey: the end is near[:af]Inetkey: Die einde is in sig[:]

Wednesday, December 4th, 2019

[:en]

On Monday, 2nd December 2019, the Council of Stellenbosch University approved the budget for 2020, which introduces a new model to provide the required funding for internet capacity for the entire university. In the past, Inetkey served as gatekeeper to keep track of individual internet usage for staff and students, to facilitate collection of the necessary funds to afford the internet service for the university community.

Will Inetkey disappear completely? Not yet.

Since January, Inetkey no longer collected usage data for billing purposes. In effect, there won’t be any charge per use anymore.

However, Inetkey serves other technical purposes, apart from funding the internet service. User identification is a basic requirement to keep track of who used how much internet, but there are also some security and auditing requirements for which the university need to collect basic information about internet traffic. So, for the time being, Inetkey will still be required to access to the internet, but without any individual charges.

Some historical facts:

Internet cost charge-out used to be common practice at most SA institutions since the 90’s. Bandwidth was a scarce resource, and universities needed to manage usage carefully to avoid service collapse and other negative experiences.

From 2000 onwards, internet bandwidth gradually became more affordable, as can be seen from rate changes since 2001. The university introduced three rates per day, A, B and C, to allow discounts during off-peak times. Eventually, the rates stabilised, and as the costs dropped, the university decided to increase available capacity regularly.

In 2001 you paid R1-50 per MB (megabytes) of internet data. Over the past 18 years this decreased to the current 2c. At the same time our internet capacity increased. In 2008 total capacity was a mere 0.4 Gbps (gigabits per second) — at the moment we’re running at 1.7 Gbps and this could increase next year. 

When will Inetkey really disappear? The remaining technical functionality of Inetkey will be migrated to other mechanisms, such as a new firewall planned to be procured in the first half of 2020. We expect the final burial of Inetkey later in 2020.

[:af]

Op Maandag, 2 Desember 2019, het die US Raad die begroting vir 2020 goedgekeur. Dié begroting sluit ’n nuwe model in wat befondsing vir internet-kapasiteit vir die hele universiteit insluit. In die verlede was Inetkey die kontrolepunt wat moes rekord hou van die individuele gebruik van personeel en studente sodat die nodige fondse gehef kon word om die internetdiens vir die universiteitsgemeenskap te kan bekostig.

Sal Inetkey skielik heeltemal verdwyn? Nog nie.

Sedert begin Januarie het Inetkey nie meer inligting oor datagebruik vir rekeningdoeleindes ingesamel nie. Daar sal inderwaarheid geen kostes meer vir gebruik wees nie.

Inetkey vervul egter ander tegniese doeleindes buiten die befondsing van die internetdiens. Gebruikersidentifikasie is ’n basiese vereiste om tred te hou met hoeveel elkeen gebruik, maar die universiteit moet ook weens sekuriteit- en ouditvereistes basiese inligting oor internetverkeer versamel. Gevolglik sal Inetkey steeds nodig wees vir toegang tot die internet, maar sonder koste.

’n Paar historiese feite:

Die verhaling van internetkostes was ’n algemene praktyk by die meeste SA-instellings sedert die 90’s. Bandwydte was ’n skaars bron en universiteite moes dit versigtig bestuur om die ineenstorting van dienste en ander negatiewe impak te vermy.

Vanaf 2000 het internet bandwydte geleidelik meer bekostigbaar geraak, soos gesien kan word in die verandering in tariewe sedert 2001. Die Universiteit het drie tariewe per dag ingestel om afslag gedurende aftye in ag te neem – A, B en C. Mettertyd het tariewe gestabiliseer en soos die kostes verminder het, het die universiteit ook gereeld die kapasiteit vermeerder.

In 2001 het jy R1-50 per MB (megabytes) vir internetdata betaal. Oor die afgelope 18 jaar het dit afgeneem na vandag se 2c. Terselfdertyd het ons internetkapasiteit toegeneem. In 2008 was die algehele kapasiteit slegs 0.4 Gbps (gigabits per sekonde) — op die oomblik loop ons netwerk op 1.7 Gbps en die moontlikheid bestaan dat dit volgende jaar verhoog kan word.

Wanneer verdwyn Inetkey finaal? Die oorblywende tegniese funksionaliteit van Inetkey sal na ander meganismes migreer word, soos die nuwe vuurmuur wat in die eerste helfte van 2020 aangekoop sal word. Ons verwag die finale ondergang van Inetkey later in 2020.

 

[:]

[:en]Eduroam Visitor Access (eVA)[:af]Eduroam-toegang vir besoekers (eVA)[:]

Wednesday, November 6th, 2019

[:en]

eVA (eduroam Visitor Access) is a new service which enables higher education and research institute visitors to access the secure and trusted eduroam Wi-Fi network. As additional identity management tool, eVA is a platform where visitors who only need temporary internet access can be registered in a simple and secure manner. 

What is it? 

eVA provides a mechanism that allows authorised staff at eduroam participating institutions to sponsor a visitor and issue temporary credentials to that person for a defined period. Designated eVA admin can determine who is eligible to sponsor visitors, and how long those visitors may gain access.

How does it work?

If you are interested in using eVA to register your department’s visitors, please log a request on the ICT Partner Portal. To simplify matters, this could typically be the same contact person as for SUNid and only one person per department or division.

Note that your line manager has to approve your request before we can assign you rights. Approval can also be done on the ITC Partner Portal.

What are the benefits?

  •  No other, additional registration, for example SUNid, is necessary to use this service.
  • Ease of use. Manuals and instructions are available online.
  • Visitor rights can be managed and limited.
  • Access expires automatically after the selected set date.
  • Records can be tracked and audited.

More information on eVA.

[:af]

eVA (eduroam besoekerstoegang) is ’n nuwe diens wat besoekers aan hoër onderwys- en navorsingsinstellings in staat stel om toegang tot die veilige en sekure eduroam Wi-Fi netwerk te verkry. As addisionele identiteitsbestuurmiddel, is eVA ’n platform waar besoekers aan Universiteit Stellenbosch wat slegs tydelike internettoegang benodig op eenvoudige en veilige manier kan registreer. 

Wat is dit? 

eVA verskaf ’n meganisme wat gemagtigde personeel by eduroam-instellings toelaat om ’n besoeker te begunstig en tydelik regte aan toe te ken vir ’n spesifieke tydperk. Aangewese eVa-administrateurs kan bepaal wie geregtig is om besoekers te bestuur en hoe lank besoekers toegang kan kry. 

Hoe werk dit?

Indien jy eVA wil gebruik om jou departement se besoekers te registreer, teken asseblief ’n versoek aan op die ICT Partner Portal.  Om administrasie te vereenvoudig, kan die eVA kontakpersoon tipies dieselfde persoon wees wat SUNid ook hanteer en verkieslik ook slegs een persoon per departement of afdeling.

Neem net kennis dat jou lynbestuurder jou versoek moet goedkeur voordat jou regte toegeken kan word. Goedkeuring kan ook op die ICT Partner Portal gedoen word. 

Wat is die voordele?

  • Geen ander, addisionele registrasie, byvoorbeeld SUNid, is nodig om dié diens te gebruik nie.
  • Maklik om te gebruik. Handleidings en volledige instruksies is aanlyn beskikbaar. 
  • Besoekers se regte kan bestuur en beperk word.
  • Toegang verval outomaties na ’n verkose datum.
  • Rekords kan gehou en geoudit word.

Meer inligting oor eVA.

[:]

[:en]Internet outage: Feedback[:af]Internetonderbreking: Terugvoer[:]

Friday, October 4th, 2019

[:en]

Early on Thursday morning we were notified by our internet provider, TENET, that there has been a break in internet connection between UWC and SUN. This caused an internet outage on the entire SU network for most of the morning.

Technicians were immediately dispatched to the site and after investigating, established that the infrastructure has been vandalised and the fibre cable cut. Maintenance then proceeded to replace the damaged equipment and restore connectivity. Unfortunately both primary and secondary links were compromised and also had to repair the backup link.

We apologise for the inconvenience and appreciate your patience. During incidents such as these please remember to follow our Twitter feed where we will post regular updates.

 

[:af]

Vroeg Donderdagoggend is ons deur ons internetdiensverskaffer, TENET, in kennis gestel dat daar ’n onderbreking in die internetverbinding tussen UWC en SUN is. Dit het veroorsaak dat die hele US-netwerk vir ’n groot gedeelte van die oggend sonder internet moes funksioneer.

Tegnici is dadelik na die perseel gestuur om ondersoek in te stel en het bevestig dat die infrastruktuur gevandaliseer en die veselkabel afgesny is. Die beskadigde toerusting is vervang en konnektiwiteit is herstel. Ongelukkig is beide die primêre en sekondêre skakels beïnvloed en moes tegnici ook die rugsteun verbinding herstel.

Ons vra om verskoning vir die ongerief en waardeer julle geduld. Hou in gedagte dat, gedurende insidente soos hierdie, ons gereelde opdaterings sal plaas t.o.v. die situasie op ons Twitter-rekening.

[:]

[:en]High internet costs? Here’s why.[:af]Hoë Inetkeykostes? Dìs hoekom.[:]

Monday, April 9th, 2018

[:en]

Occasionally we receive enquiries regarding seemingly high Inetkey costs, especially from students. Usually, the causes are fairly straight-forward and can be easily prevented. 

It’s very difficult to say what is causing or what the source of the traffic is without actually looking at your Inetkey logs. So, to start, before contacting us about your Inetkey usage, first look at your logs on http://www.sun.ac.za/useradm and go to the [View Internet Usage] tool and under “View Type” select “Source” and select USER to refresh the display. If you take note of all the IP addresses and see if they are in fact your devices, you will get a better idea of which device is generating the traffic and at which times.

Keep in mind that Stellenbosch University has numerous times been rated as having the fastest internet in South Africa. Current speed tests show that the download speed is 95.29 MB per second and an upload speed of 58.12 MB per second. Subsequently, you can easily run up a massive Inetkey bill within minutes.

The following are a few potential causes for high Inetkey usage:

  • Windows 10 updates that cannot easily be switched off with traditional means. However, if the device is on the SU network and set up to receive updates from IT’s WSUS server, updates will be downloaded locally and not run via Inetkey.
  • Updates stopping and restarting or not completing. Windows 10 1709 Creative Update is a little under 4Gb.
  • Inetkey being left open on a device that is unattended overnight or during classes.
  • Video streaming from sites not on the firewall exception list. Watching an HD streamed movie during the day and evening can generate 3Gb of data per hour.
  • Using a laptop as a wifi hotspot for a cell phone to save on data costs.
  • Using filesharing protocols like BitTorrent. Remember that uploads and downloads both generate traffic. If you use BitTorrent you are also seeding and will also pay for someone downloading your own files.
  • Syncing files to DropBox.
  • Weak passwords allowing neighbours and friends to share internet connections from adjacent rooms.
  • Passwords being leaked to a friend or partners and then abused at a later stage.
  • Viruses or malware included in BHO that spam and generate traffic. Often compromised e-mail accounts will cause high internet usage, because InetKey and email use the same password.
  • Inetkey accounts being used on multiple devices.

If none of these seems to be causing your high Inetkey usage, you can ask Information Technology to investigate your internet usage (or issues). If you have a query send a complaint within 14 days to helpinfo@sun.ac.za. The cost of an enquiry is R200.00 per enquiry. If an error is found, the administrative fee will not be levied.

[Information supplied by David Wiles]

 

[:af]

Af en toe kry ons navrae oor skynbare hoë Inetkey-rekeninge, veral van studente. Die oorsake is gewoonlik voor-die-hand-liggend en kan maklik vermy word. 

Sonder om na jou internetrekords te kyk, is dit baie moeilik om vas te stel wat die rede of bron van ‘n hoë internetrekening is. Jou eerste stap is om, voordat jy ons kontak oor jou internetverbruik, eers na jou rekords te kyk by http://www.sun.ac.za/useradm deur die [View Internet Usage] opsie te gebruik en onder “View Type” “Source” te kies en dan USER om die inligting op te dateer. Let op die IP-adresse en gaan na dat dit wel jou eie toestelle is. Sodoende kan jy alreeds ʼn beter idee kry watter toestel die internetverkeer genereer en watter tye van die dag. 

Hou in gedagte dat Universiteit Stellenbosch keer-op-keer deur MyBroadband aangewys is as instansie met die vinnigste internet in Suid-Afrika. Huidige toetse wys dat die aflaaispoed 95.29 MB per sekonde is. Gevolglik kan jy baie vinnig, baie data aflaai sonder dat jy dit besef en binne minute jou internetrekening opjaag. 

Die volgende is maar ʼn paar moontlike oorsake vir hoë internetgebruik: 

  • Windows 10 opdaterings wat nie maklik afgesit kan word nie. Indien jou rekenaar egter aan die US-netwerk verbind en opgestel is om opdaterings van IT se WSUS-bediener af te laai, sal die opdaterings plaaslik afgelaai word en die koste nie vanaf jou Inetkeyrekening gehef word nie.
  • Opdaterings wat ophou, weer begin of nie volledig aflaai nie. Windows 10 1709 Creative Update is byvoorbeeld net-net onder 4Gb.
  • Inetkey wat oopgelos word op ʼn toestel sonder toesig gedurende klasse of deur die nag.
  • Videostroom-webwerwe wat nie op die vuurmuur se oopgestelde lys is nie. Deur ʼn HD-fliek te stroom gedurende die dag en aand kan 3Gb se data per uur verbruik.
  • Gebruik van ʼn skootrekenaar as `n wifi hotspot vir ʼn selfoon met die doel om datakostes te spaar. 
  • Gebruik van lêerdeel protokolle soos BitTorrent. Onthou dat beide op en aflaai verkeer genereer. As jy BitTorrent gebruik, seed jy ook jou eie lêers en betaal jy selfs as iemand anders jou lêers aflaai.
  • Sinchronisasie van lêers na DropBox.
  • Swak wagwoorde sodat bure en vriende in die nabye omgewing internet kan deel.
  • Vriende of wederhelftes aan wie wagwoorde gegee word en dit later misbruik. 
  • Virusse of malware wat gemorspos en meer verkeer genereer.  Dikwels veroorsaak blootgestelde e-posrekeninge hoë internetgebruik, omdat Inetkey en e-pos wagwoorde deel. 
  • Inetkey-rekeninge wat op veelvuldige toestelle gebruik word. 

Indien geen van hierdie redes die oorsaak blyk te wees van jou hoë Inetkeyrekening nie, kan jy vir Informasietegnologie vra om jou internetgebruik na te gaan om vas te stel of daar iets onreëlmatig is. Stuur binne 14 dae ʼn versoek na helpinfo@sun.ac.za. Die koste per navraag is R200.00, maar indien daar `n fout gekry word, word hierdie fooi nie gehef nie. 

[Inligting verskaf deur David Wiles]

[:]