SEARCH
  • [:en]Recent Posts[:af]Onlangse bydraes

  • [:en]Categories[:af]Kategorieë

  • [:en]Archives[:af]Argiewe

forgot password

Password synchronisation giving you a headache?Wagwoordsinkronisasie `n kopseer?

Friday, August 31st, 2012

Every 90 days you receive an email from helpinfo@sun.ac.za asking you nicely to change your password. We all know that, although it’s a bit of a nuisance, it’s also necessary for security reasons. But is there a way to simplify the process?

In 2007 Microsoft Research conducted a study and found that the average user has 6.5 internet passwords, each person has approximately 25 accounts with passwords and has to enter 8 passwords per day.  And this was in 2007 – imagine what the statistics will look like 5 years later.

If you use more than one device, password changes can become a nightmare. But there are a few steps you can follow to make sure it goes a bit smoother.

Switch off all your devices except for one, for example your laptop.

Sign on at http://www.sun.ac.za/useradm, select the Change Password option and select a new password according to the guidelines supplied on the website. Log out of the network with the Logout option given on http://www.sun.ac.za/useradm. Log onto the network with your new password. Make sure you can access all your network applications – email, internet and networkspace. Switch on all the other devices and type in your new password.

Remember, you can change your password any time at http://www.sun.ac.za/useradm with the Change Password option. Try to stick to the guidelines to ensure you have a secure password – it will safe you a lot of effort and frustration in the long run. If you’ve forgotten your password, you can also reset is by browsing to staff portal.

More information and hints on password changes can be found at https://stbsp01.stb.sun.ac.za/innov/it/it-help/Wiki%20Pages/Change%20password.aspx

Elke 90 dae kry jy `n e-pos van helpinfo@sun.ac.za wat jou vriendelik versoek om jou wagwoord te verander. Ons almal weet dat, alhoewel dit irriterend is, ook nodig is vir sekuriteitsredes.

`n 2007 studie deur Microsoft se navorsingspan het gevind dat die gemiddelde gebruiker 6.5 wagwoorde op die internet het, dat elke persoon ongeveer 25 rekeninge het wat wagwoorde benodig en gemiddeld 8 wagwoorde per dag moet intik! En dit was in 2007, 5 jaar gelede – dink net hoe lyk daardie syfers teen die tyd.

As jy meer as een toestel gebruik, raak wagwoordverandering `n nagmerrie. Maar daar is `n paar stappe wat jy kan volg om die verandering gladder te laat verloop.

Skakel al die toestelle af, behalwe een, bv. die skootrekenaar.

Teken aan by http://www.sun.ac.za/useradm, selekteer die Change Password opsie, en kies`n nuwe wagwoord volgens die riglyne wat verskaf word.

Teken af van die netwerk met die Logout opsie wat op useradm gegee word.

Teken daarna aan op die netwerk met die nuwe wagwoord.

Maak seker dat alle netwerktoegang (epos, internet, netwerkspasie) suksesvol beskikbaar is.

Skakel die ander toestelle een na die ander aan, verskaf die nuwe wagwoord.

Onthou, jy kan self jou wagwoord enige tyd verander op http://www.sun.ac.za/useradm by die Change Password-opsie. Probeer om te hou by die riglyne wat gegee word om jou wagwoord so veilig moontlik te hou – dit sal jou baie moeite en frustrasie spaar op die lange duur. As jy jou wagwoord heeltemal vergeet het, kan jy dit self verander deur te gaan na die personeelportaal.

Nog wenke vir die verandering van jou wagwoord kan by https://stbsp01.stb.sun.ac.za/innov/it/it-help/Wiki%20Pages/Change%20password.aspx gekry word.

Forgot your password (again!)Alweer jou wagwoord vergeet?

Friday, March 9th, 2012

Do you have the IT service centre’s number on speed dial in case you forget or lose your password for the umpteenth time? Now you don’t have to anymore.

Thanks to a new application developed by IT you can change your password on any of the portals (for example http://my.sun.ac.za) by clicking on the “Forgot password” link on the first page. A temporary password can be assigned to you in any of the following ways:

  1. Your cellnumber
  2. An external email address (if you are alumni)
  3. Security questions and answers

Please remember that the system can only reset your password if we have the correct information as mentioned above.

For enquiries contact the IT Service Desk at x4367.

Het jy die IT dienstoonbank se nommer geprogrammeer op jou telefoon vir in geval jy jou wagwoord vir die soveelste keer verloor of vergeet? Nou hoef jy nie meer nie!

Te danke aan `n nuwe stelsel ontwikkel deur IT kan jy nou self jou wagwoord op die intreeblad van enige van die portale (byvoorbeeld http://my.sun.ac.za) verander deur te kliek op “Wagwoord vergeet?”. `n Tydelike wagwoord kan via die portaal-applikasie aan jou toegeken word op grond van een van die volgende:

  1. Jou selnommer
  2. `n Eksterne e-posadres (as jy alumni is)
  3. Sekuriteitsvrae en antwoorde

Onthou asseblief dat dat die stelsel slegs jou wagwoord kan verander as bogenoemde inligting volledig en akkuraat op ons databasis vasgelê is.

Vir enige navrae kontak die IT Dienssentrum by x4367.

IT Servicedesk: The voices on the other side of your phoneIT Dienstoonbank: Die stemme aan die ander kant van jou telefoon

Thursday, February 23rd, 2012

Mandy Wanza Jy ken dit al uit jou kop uit – die nommer wat jy bel as jy op `n Maandagoggend as jy sonder rede jou wagwoord vergeet of jou baas die powerpoint-aanbieding vir sy vergadering tien minute voor die tyd per ongeluk “verloor” het. Ooit gewonder wie die stemme aan die ander kant van die telefoon is?

Informasietegnologie se dienstoonbank word van 8:00 tot 4:30 beman deur  sewe personeellede – 6 manne en een roos tussen die dorings. Die spannetjie is IT se voordeur – jou eerste stop as jy `n probleem het en dit so gou as moontlik opgelos wil hê.

Verskeie funksies word deur die IT Dienstoonbank vervul, onder andere  administrasie van alle versoeke telefonies ontvang, sowel as via die vier generiese e-posse, netwerkadministrasietake en ook eerste vlak gebruikersondersteuning. Vir dié span is dit belangrik dat gebruikers te alle tye op hoogte gehou word van hul probleem se status.

Die Dienstoonbank se hoofdoelwit is om so gou moontlik navrae te hanteer en probleme op te los sodat jy so gou as moontlik kan voortgaan met jou werk.  Hulle werk, aan die ander kant, word aansienlik vergemaklik as gebruikers hulle samewerking gee, volledige inligting verskaf en bo alles geduldig bly. Vir elke probleem is daar `n oplossing – al voel dit nie altyd so nie!  Vele interessante klagtes en versoeke word daagliks aangehoor, maar met  al die geduld in die wêreld kwyt die Dienstoonbank hulle verbasend goed van hul taak.


Om te verseker dat jy hierdie vinnige diens kry, is dit belangrik om `n paar goed te weet .

Indien jy `n dringende versoek het en nie telefonies by die Dienstoonbank uitkom nie, kan jy self `n versoek aanmeld deur `n e-pos te stuur. Geen gewag en aanhou meer nie!

Stuur `n e-pos aan help@sun.ac.za met die volgende belangrike inligting:

  • Beskrywing van probleem
  • Gebou
  • Kamernommer
  • Telefoonnommer
  • Batenommer van rekenaar, drukker, skootrekenaar

 

Boodskappe kan vir IT se Dienstoonbank gelos word by telefoonnommer 021 808 4367. Versoeke kan ook aanlyn gedoen word by  https://iheat.sun.ac.za/webheat.

Sodra ‘n versoek suksesvol aangeteken is, sal jy `n ‘n epos ontvang met `n verwysingsnommer wat jy kan gebruik om om navraag te doen oor die vordering van jou versoek.

Enige rekenaarverwante navrae kan gerig word aan helpinfo@sun.ac.za, maar om probleme aan te meld, gebruik asseblief  help@sun.ac.za.

 

Meer inligting, ook `n paar algemene vrae, kan hier gevind word.

Fotos: Petro Uys