Dear Alumni In 2021, the Faculty of Law celebrates 100 years with a special centenary reunion weekend jam-packed with a variety of activities to ensure that our alumni are engaged and feel valued. The Faculty of Law was established in 1921 and remains the intellectual home of many judges, advocates, attorneys, captains of industry, business leaders, politicians and academics. We invite you to return to your intellectual home and reminisce about your student days, join in discussions about current issues and be part of the live audience by listening to esteemed speakers discuss important legal matters. Your participation will further the Faculty of Law’s endeavour to remain at the forefront of legal developments while maintaining sound relations with, and between, our alumni. As a start, please CLICK HERE for an invitation to the Annual Human Rights Lecture to be virtually delivered by Judge Navi Pillay. Some of the events to look forward to include silver (25 year) and gold (50 year) reunion activities, decade reunion events and a public lecture, followed by a dinner in the town hall that will conclude the centenary festivities. An outline of the events appears below and detailed updates can be viewed on the Faculty website (also regarding the Law Faculty Trust). This year’s centenary weekend coincides with the University’s flagship Homecoming and Family Weekend when thousands of alumni return to campus to celebrate being part of Stellenbosch University. The town’s atmosphere is usually electric with great excitement and positivity all around. This event is not to be missed. All COVID-19 safety measures will be in place and adhered to, to protect all involved. The Faculty of Law celebrates Stellenbosch University’s commitment, rooted in Africa, and its global reach. We are a 21st-century institution that prides itself on a legacy of academic excellence and a vision of developing the next generation of South African leaders who are at the forefront of societal advancement in service of humanity. Together with the Development and Alumni Relations team, we look forward to welcoming you back to your intellectual home.
Faculty of Law Centenary Homecoming Friday, 24 September [Uitgestel tot verdere kennisgewing]
Saturday, 25 September [Uitgestel tot verdere kennisgewing]
Other dates
|
|
Beste Alumni In 2021 vier die Fakulteit Regsgeleerdheid haar honderdste bestaansjaar met ʼn spesiale eeufees reünie-naweek propvol verskeie aktiwiteite om te verseker dat ons alumni betrokke is en gewaardeerd voel. Die Fakulteit Regsgeleerdheid is in 1921 gestig en bly die intellektuele tuiste van vele regters, advokate, prokureurs, nyweraars, sakeleiers, politici en akademici. Ons nooi u uit om na u intellektuele tuiste terug te keer, herinneringe aan u studentedae te herleef, aan die besprekings oor aktuele kwessies deel te neem en, as deel van ‘n interaktiewe gehoor, na gerekende sprekers wat belangrike aangeleenthede bespreek, te luister. U deelname bevorder die Fakulteit Regsgeleerdheid se strewe om aan die voorpunt van regsontwikkeling te bly, terwyl ons die goeie verhoudinge met en tussen ons alumni handhaaf. Om af te skop, KLIK HIER vir ʼn uitnodiging na ons Jaarlikse Menseregtelesing wat deur Regter Navi Pillay aanlyn aangebied sal word. ʼn Paar van die gebeurtenisse waarna u kan uitsien, sluit in die silwer- (25 jaar) en goue-(50 jaar) reünie-aktiwiteite, die dekadereünie-geleenthede en ʼn openbare lesing, gevolg deur ʼn dinee in die stadsaal ter afsluiting van die eeufeesvieringe. ʼn Uiteensetting van die gebeurtenisse verskyn onderaan die dokument. Besoek ook gerus die Fakulteit se webwerf vir die nuutste besonderhede (ook oor die Regsfakulteitstrust). Vanjaar se eeufeesnaweek val saam met die Universiteit se vlagskip Tuiskoms-en-Familienaweek wanneer duisende alumni na die kampus terugkeer om hul betrokkenheid by die Universiteit Stellenbosch te gedenk. Gedurende soortgelyke vieringe, heers daar gewoonlik groot opgewondenheid en positiwiteit met ʼn opwindende atmosfeer in die omtrek. U durf nie hierdie geleentheid misloop nie. Al die nodige COVID-19 veiligheidsmaatreëls sal van toepassing wees en nagekom word ten einde alle betrokkenes te beskerm. Die Fakulteit Regsgeleerdheid herdenk die toewyding van die Universiteit Stellenbosch, gewortel in Afrika, en haar globale omvang. Die Fakulteit is ʼn 21ste-eeuse instelling wat haar op ʼn nalatenskap van akademiese uitnemendheid en ʼn visie om die volgende generasie Suid-Afrikaanse leiers, wat aan die voorpunt van die samelewingsvooruitgang in diens van die mensdom staan, roem. Ons sien uit daarna om u saam met die Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge span by u intellektuele tuiste te verwelkom.
Fakulteit Regsgeleerdheid: Eeufees Tuiskoms Vrydag, 24 September [Postponed until further notice]
Saterdag, 25 September [Postponed until further notice]
Ander datums
|