Regter Fritz Brand ontvang eredoktorsgraad by UV

Picture UFS

Ons wens Regter Fritz Brand van die Hoogste Hof van Appel baie geluk met die ontvangs van ʼn welverdiende eredoktorsgraad van die Universiteit van die Vrystaat, wat aan hom op 6 Desember 2012 toegeken is.

Regter Brand het onderskeidelik in 1970 en 1972 sy BA en LLB grade aan Stellenbosch Universiteit behaal.  Vanaf 1973 tot 1976 was hy ‘n senior dosent by die Fakulteit Regsgeleerdheid en het in Desember 1976 sy LLM graad cum laude aan Stellenbosch Universiteit verwerf.  Gedurende die daaropvolgende 15 jaar het hy as advokaat by die Kaapse Balie gepraktiseer en was verbonde aan die Fakulteit as deeltydse dosent.  In 1992 word hy aangestel as Regter van die Hoë Hof van Suid-Afrika, Wes Kaap Hoë Hof. In 2000 word hy as waarnemende Regter van die Hoogste Hof van Appel in Bloemfontein aangestel en die permanente aanstelling volg aan die einde van 2001.


We wish to congratulate Judge Fritz Brand of the Supreme Court of Appeal on receipt of a well-deserved honorary doctorate from the University of the Free State on 6 December 2012.

Judge Brand obtained his BA and LLB degrees in 1970 and 1972 respectively at Stellenbosch University.  He was a senior lecturer at the Faculty of Law from 1973 to 1976 and obtained his LLM degree cum laude from Stellenbosch in 1976.  During the following 15 years he practised at the Cape Bar as an advocate and lectured at Stellenbosch on a part time basis.  He was appointed as Judge at the High Court of South-Africa, Western Cape High Court in 1992.  In 2000 he was appointed as acting Judge in the Supreme Court of Appeal in Bloemfontein and his permanent appointment was confirmed in 2001.

Sorry, comments are closed for this post.