Stellenbosch University

Month: March 2016

Louis Van Huyssteen

PERSOONLIK

Trou met Maria (Marietie) Stander in 1970 in Kaapstad. (Sy was tot voor aftrede ‘n Senior Lektor ( D Phil) in Maatskaplike Werk, UWK; radio, oorklanking en dramadosent; betrokke by verskeie welsynsprojekte);

Woon in Tamboerskloof, Kaapstad sedert 1967; afgelope 10 jr in Mouille Punt, Kaapstad;

Twee seuns (Adriaan – ortopediese chirurg – getroud met Joanne Lawrence en Konstant – Kreatiewe Direkteur advertensiefirma – met Nui Sithikornkul) en drie kleinkinders (Ben, Thomas en Mulan); almal nog in Kaapstad, maar Kon – hulle op pad om te vestig in Thailand;

Belangstellings en aktiwiteite(behalwe professioneel): gesin, vriende, reis sedert 1970 (uitgebreid wêreldwyd, ook Antarktika, kamp, 4×4 in Afrika), wildparke besoek, surf, joga, swem, stap, lees, teater, fliek en welsynsprojekte.

PROFESSIONEEL

“Articles” by Jan S de Villiers; prokureur by Syfret, Godlonton & Low;

Prokureur, Aktebesorger, Notaris;

Senior Lektor UWK, Professor, Departementshoof en Dekaan;

LL D (UK), Drs Jur (Leiden);

Lid van verskeie professionele/semi-professionele komitees: oa SA Regskommissie, NICRO, Direkteur Kaapstad, Praktiese Regs-opleiding, Prokureursorde;

Outeur, mede-outeur, redakteur van 3 boeke (Kontraktereg) en menige artikels plaaslik en buitelands;

Gasdosent, navorsingsgenoot hier en in die buiteland ( bv Leiden, Leuven, Freiburg, Aix-en-Provence);

Tans: nuwe uitgawes van boeke en Mellon Senior Scholar (mentor vir LL D-studie (personeel)) by UWK, opinies, arbitrasies en dissiplinêre komitees.

FAMILIE-FOTO op Kersdag 2015 in ons woonstel.

EK HET TOT NOU ‘N GOEIE EN BEVOORREGTE LEWE GEHAD, MET ‘N LIEFLIKE (IN ALLE OPSIGTE) VROU EN ‘N WONDERLIKE GESINSLEWE. OOK VOEL EK DAT EK IN MY LOOPBAAN ‘N BYDRAE KON MAAK BY DIE UNIVERSITEITE WAAR EK BETROKKE WAS, EN OOK TOT DIE REGSWETENSKAP.

Maar, soos ‘n vriend gehoor het nadat hy ‘n aneurisme en hartaanval oorleef het, “Don’t be too happy, something will get you in the end.” So what, seg ek.

SAL HEERLIK WEES OM ALMAL WEER TE SIEN!!! En dankie aan die komitee.

Kersdag 2015

Kersdag 2015

Frederick De Jager

Na ‘n loopbaan in die akademie  het ek en Julie ons op Gouritsmond in die Suidkaap gevestig. Hier hou ons ons besig met gholf, fietsry,die bedryf van ‘n kwekery, die byhou van ‘n boek oor Strafprosesreg en, natuurlik, die dinge van ons kinders (4 dogters) en kleinkinders (9).
Frederick en Julie.
Frederick & Julie

Frederick & Julie

Bill Daly

After graduating and toying with the idea of becoming a prosecutor in Rhodesia (there was lots of good and cheap big game hunting and fishing there) sanity prevailed and I joined Dyason Douglas Muller and Meyer (now Dyasons) in Pretoria to do my articles at the princely salary of R120 per month. I joined up with some contemporaries from Maties including Poen Hoffman, Ghoempie Albertyn and Mitt Bredell. We lived together in a house in Muckleneuck (rather a posh suburb) and euphemistically named the place “Maidens Hope.“ The house became known for its very good parties and the good looking guys living there!!,or so we thought.

After a fortunate run on the Stock Exchange whilst still a clerk I had enough money to travel overseas as soon as I had completed my articles. A friend of mine and I bought a camper van in London and off we went to explore. I had enough money not to have to work for a year and to have work interfere with my intensive studies of strip shows, belly dancing and beer festivals.

On my return I joined George Pretorius at Cliffe Dekker and Todd in Johannesburg. I had just got to like Johannesburg when I was offered a job by a firm in Durban. I was originally from KZN  and had some farming interests there so the offer was attractive.

Shortly after I arrived in Durban I married Anita Cronje, whom I had met on a blind date in Pretoria during my Maidens Hope days. We have lived in Durban since then and have been fortunate to have 2 girls and a boy. I am proud to say that all three of them are Graduates of Stellenbosch University. Only my eldest daughter followed in my footsteps and did law.

I was a partner in De Villiers and Strauss until Johan Strauss and I broke away in 1984  to start our own firm known as Strauss Daly. This firm has grown tremendously and now has offices throughout the country.

In 2001 I resigned as the chairman of Strauss Daly and the set up a legal call centre primarily to collect debt on behalf of the Big 4 Banks and the retailers. When I sold my interest 3 years ago and retired we were 2 Attorneys and nearly 500 call centre agents.

I have been very involved in game farming, hunting and fishing having hunted big game and fished in South Africa and in the neighbouring states as also in Britain and USA. I have also been the president of both the amateur and professional hunting bodies.

I currently live on a golf estate near Ballito. My time is spent on serving as a non-executive director of a listed Company and a Bank and travelling extensively in Africa and Europe and USA and spending some time at our beach cottage at St Francis Bay. My four granddaughters  also demand and get a lot of my attention.

It is hard to believe that we left University 50 years ago. I am so looking forward to seeing all my class mates again

Bill Daly

Bill & Anita

Bill & Anita

Dawie Uys

In Februarie 1967 begin ek as staatsaanklaer te Kimberley. Gedurende April/Mei woon ek ‘n aanklaerskursus by saam met 8 klasmaats, Andre, Attie, Poen, Hokkie, Chris, Danie, Gielie en Hester. In dieselfde jaar meld ek aan vir 9maande “army” en daarna by die PG in Pretoria as staatsadvokaat. Teen einde 1971 trou ek met n oud-Tukkie, Sybel , groet die Staatsdiens en sluit by ‘n prokureursfirma in Krugersdorp aan. Ek word toegelaat in 1973 en werk as professionele assistent saam met wyle Servaas Greeff. In 1978 aanvaar ek ‘n pos as regsadviseur by die Stadsraad van Krugersdorp en in 1982 word ek Hoofregsadviseur by Roodepoort Stadsraad.

In 1994 dring die begeerte na die platteland (en boerdery) my om die pos as stadsklerk (deesdae mun. bestuurder) te Beaufort-Wes te aanvaar. Daar kou ek vir drie jaar harde bene met ‘n klompie agressiewe  politici in die nuwe SA. In 1997 klim ek uit, koop grond en begeef my terug in die praktyk (alleen) te Beaufort-Wes. Ek doen hoofsaaklik hofwerk en arbeidsreg en boer tussenin. Ek dien ook as munisipale raadslid in opposisiegeledere in ‘n vrugtelose poging om orde en geregtigheid te bevorder. Teen einde 2004 tree ek uit en ons verhuis na Outeniquastrand, tussen George en Mosselbaai. Ek doen hier nog opdragte vir munisipaliteite op aanvraag (dissiplinere verhore ens.) en boer voort 30 km noord van Meiringspoort in die Groot- Karoo met skaap en wild.

Ons het ‘n dogter en twee seuns wat aldrie na skool oorsee geswerf het. Hulle is relatief laat getroud en daar is nog net een kleinseun – ons hou duim vas vir nog. Hulle is terug in die land, ‘n sielkundige en twee ingenieurs.; ook oud-Maties. Ek en my vrou speel gereeld tennis en het sedert 1995 tot onlangs vir SWD Seniors gespeel. Tussen 1990 en 1994 het ek ook padwedlope gedoen, insluitend die Twee Oseane en Comrades (elk een keer). Die drang het gou oorgewaai. Ons het vroeer voetslaanroetes saam met die kinders gestap en het as Ereveldwagters vrywillige diens gedoen in Sanparke (Karoo, Tsitsikamma en Wildernis). Tans toer ons graag en kamp  waar nodig. Ons is gemiddeld een week per maand op die plaas.

Ek is nog spyt dat ek 1991 se reunie misgeloop het en sien baie uit na die naweek van 8 April. Ek sluit ‘n paar fotos in sodat daar vooraf geskrik of gelag kan word. Een is van Dirk, Riza en Pieter en die ander van my en Sybel. Ek stuur die storie op voorwaarde dat ek nie by die reunie ‘n mondeling doen nie – die manne wat nie stuur nie sal moet praat! Sien julle daar.

Dirk, Riza en Pieter

Dirk, Riza en Pieter

 

Sybel en Dawie

Sybel en Dawie

Herman Smit

Ek het Januarie 1966 as Ingeskrewe Klerk op Malmesbury by Pierre du Plessis en Shapiro begin werk. Oom Pierre du Plessis se eerste woorde aan my was: “Jy moet onthou ‘n slegte skikking is beter as ‘n goeie hofsaak.” Hierdie woorde, het deur my hele loopbaan, by my gebly en as ‘n soort rigtingaanwyser gedien.

Ek sou die volgende jaar by Sygolo in Kaapstad gaan werk hoofsaaklik om my Engelse studies voort te sit (onthou ek het Engels Spes III geslaag met “Mr Brown” se hulp en het nie die “klas afgebrand” nie!) Ek moes maar ‘n jaar herhaal! (English can not fall).

‘n Prokureur op Piketberg het my egter ‘n koninklike salaris van R180-00 per maand aangebied en Mammon het gewen, tot my spyt. Ek het geen ondervinding opgedoen nie en moes ook my toelatings eksamen herhaal.

Januarie 1969 begin het ek by Marais Pienaar en Vennote  begin werk en is in Maart 1969 toegelaat en ek en Hannetjie Elema, ‘n  onderwyseres en aktriese is getroud op 29 Maart 1969. Ek werk in die Aktes en Boedel Afdeling en word ook as Aktebesorger toegelaat.

Ons oudste dogter, Maresa, is op 1 April 1971 gebore. Junie 1971 verhuis ons na Vryburg waar ek later ‘n vennoot word by Du Plessis Viviers & Kie. Ons tweede dogter, Jacolene, is op 24 April 1972 daar gebore.

Ons was nie gelukkig nie en alhoewel die inkomste goed was, het Mammon hierdie keer verloor. Ek bedank summier in Oktober 1975 en ons trek terug Kaapstad toe werkloos. Ons hoor deur De Rebus van ‘n praktyk in Durbanville wat te koop is. Dit is die firma Krige en Van Rensburg, die oudste firma op die dorp en die prys ‘n hele R4,000-00. Geen personeel en ‘n klomp ou meubels, antieke tikmasjien, asook ‘n kas vol afgehandelde lêers. My bank, Volkskas, weier ‘n lening van R5,000-00.

Standard Bank se ‘ja’, want die Verkoper skuld hulle R3,000-00 en ek is seker ‘n beter risiko vanweë my ouderdom. Daarna weier hul ‘n verdere lening van R1,600-00! Ek skep my eie kredietlyn tussen my tjekboek en kredietkaart en oorleef.

Ons koop en ek en Hannetjie begin dadelik werk. Sy is ontvangsdame en tikster terwyl ek probeer besig en belangrik lyk agter ‘n lessenaar vol afgehandelde lêers. Dit was Hannetjie se plan en dit het gewerk!

Die eerste maand verdien ons ‘n volle R178-00. Ek is 33 jaar oud met ‘n vrou en twee kinders.

Gedurende 1976 trek ons na kantore in die Hoofstraat en ons huur styg van R50-00 per maand na R150-00 per maand, maar die praktyk tel kop op en raak sterker. Andre Kruger sluit as vennoot aan in 1978 en doen die hofwerk waarvan ek geen ondervinding het nie. Nadat Andre begin het het die praktyk goed gegroei en kliënte het stadig maar seker meer geword. Ons ander twee dogters is daarna gebore. Hanri op 25 Mei 1979 en Lindi op 4 April 1980.

Ons het later ons eie kantoorgebou in Wellington Weg, Durbanville gekoop en op 11 Desember 2015 was Smit Kruger Ingelyf 40 jaar oud.

Ek het 7 jaar gelede afgetree, maar help nog nou en dan uit. Tans bestaan die firma uit 3 vennote, 3 proffessionele assistente en ‘n personeel van 16 werknemers en dit groei steeds. Talle van ons eerste kliënte is steeds by ons.

Toe ek afgetree het het ek en Hannetjie ‘n motorhome gekoop en die land en buurstate platgery tot ons genoeg gehad het van Afrika se vlaktes.

Ons het 4 kleinkinders (2 dogters en 2 seuns). Die kleinseuns is Jacolene se kinders en bly in Holland. Die ander drie is plaaslik in Welgedacht, Durbanville, en Woodstock.

Hannetjie is steeds bedrywig met toneel en TV advertensies maak en ek is haar “chaffeur” en “bestuurder”.

Ek het ‘n wonderlike tyd as Prokureur gehad en het elke oomblik geniet en het die vreugde gesmaak om my eie ding te doen! (“I did it my way!”). Ek en Hannetjie is nou 47 jaar getroud en hou ons besig om als te geniet wat ons doen.

“Who cares how old you are?

Life’s journey is not to arrive at the grave in a well preserved body but rather skid in sideways totally worn out shouting:

Holy Shit… What a ride!!!”

 

Groete,

Herman (Ertjies) en Hannetjie Smit

FAMILIE
20140101_125157
motorhome
IMG_6529

Chris Jansen

Ek was ook die houer van ’n Staatsdiensbeurs en het my verpligtinge teenoor die Staat begin afwerk as Staatsaanklaer in Bloemfontein in 1967, waar ek ook as Advokaat toegelaat is.

Twee jaar later is ek as Staatsadvokaat verplaas na die kantoor van die Prokureur-Generaal in Grahamstad. Justisie wou my na twee jaar verplaas na die Staatsregsadviseurs in Pretoria, maar gelukkig het net toe ’n vakature vir ’n Staatsadvokaat in Windhoek ontstaan waarvoor vrywilligers aangevra is. Ek het dit aangegryp. Na ’n verdere twee jaar is ek terug verplaas Grahamstad toe as Senior Staatsadvokaat. My verblyf daar het drie jaar geduur, waarna ek aangestel is as Adjunk Prokureur- Generaal in Pretoria. In 1977 is ek deur die Staatspresident vereer met die toekenning van Senior Consultus. In 1982 is weer geluide gemaak van ’n oorplasing na die Staatsregs- adviseurs. Dit het my laat besluit om te bedank en ek het aangesluit by die Pretoria Balie. Dit het daar met my goed gegaan. Ek is aangestel as ’n lid van die Algemene Balieraad se Eksamenraad. My praktyk het my geneem na elke Hooggeregshof in Suid-Afrika behalwe Kimberley. In 1985 het ek ’n opdrag uit Port Elizabeth ontvang wat uiteindelik tot gevolg gehad het dat my hele praktyk Oos-Kaap toe geskuif het, alhoewel ek my kamers in Pretoria behou het.

In 1986 is ek aangestel vir ’n tydperk van agt maande as Waarnemende Regter in die Oos-Kaap. Ek het nog ’n belangrike opdrag gehad om as Advokaat af te handel, waarna ek op 1 Junie 1988 permanent as Regter Van die Oos-Kaapse Hooggeregshof aangestel is met my setel in Port Elizabeth. Op 15 Desember 2009 is ek deur die President van aktiewe diens onthef (ek het afgetree op 65).

Ek wil graag enkele name noem van uitstaande Regsgeleerdes wat ek die eer gehad het om teen te verskyn as Advokaat: Sydney Kentridge QC, Issy Maisels QC, Aaron Mendelow QC, Theunie Steyn SC en Johann Kriegler SC (laasgenoemde twee was die beste kruisverhoorders wat ek ooit teengekom het).

Regters voor wie ek verskyn het as Advokaat wat besondere indruk op my gemaak het sluit in: Rumpff HR, Jansen AR, Wessels AR, Van Heerden AR, Boshoff AR, Jennett JP (Oos-Kaap), Eksteen R (soos hy toe was, in Oos-Kaap) en Charl Theron R (TPD)

Vir die interessantheid: Dikgang Ernest Moseneke, Adjunk Hoofregter, het kamers in dieselfde gang as ek by die Pretoria Balie gehad en het later voor my in die Hooggeregshof in Grahamstad verskyn. Edwin Cameron, Regter in die Grondwethof, was verreweg die beste pupil gedurende die tyd wat ek op die Balie Eksamenraad gedien het. Die langste saak wat ek aangehoor het (Bedrog en Diefstal) het 18 maande geduur met die Staat se deskundige rekenmeester-getuie 3 maande in die getuiebank. Sewe advokate het vyf dae lank in ’n Mosie-aansoek voor my betoog. Ek het die hele Desember reses aan die uitspraak gewerk. Ek het verlof om te appelleer toegestaan, maar Corbett HR het die regsverteenwoordigers van die partye na Bloemfontein ontbied waar hy hulle meegedeel het dat die appel nie aangehoor gaan word nie. Die hoogste bedrag skadevergoeding wat ek aan ’n eiser toegeken het, was R13 miljoen.

Toe ek in Pretoria gebly het, het my bloed Blou geword en is dit nog steeds. Ek het daar ook weer begin oefen en betrokke geraak by Tweekamp (Biathlon) en eers Noord Transvaal en daarna Oostelike Provinsie altesaam 31 keer op Nasionale Kampioenskappe verteenwoordig, en in totaal meer as 100 keer aan inter-provinsiale byeenkomste deelgeneem. Ek was ook Voorsitter van die Noord Transvaalse Tweekampvereniging en later ook vir 18 jaar Voorsitter van Oostelike Provinsie Tweekamp. Ek was vanaf 1997 tot 2013 President van SA Tweekamp. Ek was bevoorreg om meer as een keer op te tree as Bestuurder van Nasionale Tweekampspanne tydens Internasionale kompetisies. As Meestersatleet het ek Suid-Afrika by ’n Biathle Wêreldkampioenskaps byeenkoms in Monaco verteenwoordig, asook etlike kere tydens kompetisies wat deur Suid-Afrika en Engeland aangebied is.

Tussendeur het ek op ’n uitdaging besluit om ook die Comrades Marathon aan te durf en het dit vanaf 1989 tien keer op ’n ry met sukses gedoen. In my eerste jaar as Meester (bo 50) was ek die Oostelike Provinsie Meesters Marathonkampioen. Na ’n redelike ernstige besering het ek in 2011 ophou kompeteer, maar bly redelik fiks deur op mooi dae te gaan stap langs die see, en andersins te gaan gym.

Ek het vier kinders, drie seuns en ’n dogter. Die oudste twee seuns het albei Regte studeer aan die destydse UPE. Die oudste het nie verder gekom as B.Juris nie en is tevrede om hier in die Oos Kaap in die Streekshof aan te kla, en die ander een het B.Juris, Ll.B gekry en praktiseer as ’n Prokureur in Port Elizabeth. (Ek het my kinders se ma lewend verloor)

Ek is nou vir 18 jaar getroud met Elma. Dit is sy wat saam met my op die foto verskyn wat ons verlede jaar in Southampton geneem het. Ons maak vir ons geleenthede om elke jaar oor en op die water te toer, en wildtuine in Suidelike Afrika te besoek. Ek drink elke dag ’n bier of twee en ons eet nie saans sonder ’n glasie rooi wyn (of twee) nie.

Ek sien baie uit na ons reünie.

Chris en Elma Jansen

Chris en Elma Jansen

© 2025 LLB Reunion 1966

Theme by Anders NorenUp ↑