Vanaf Januarie 1967 tot einde Desember 1967 het ek my staarslening gedeeltelik afgewerk. Eers as aanklaer in die Landdroshof in Benoni,toe aanklaerskursus in Johannesburg en Pretoria en vanaf Julie 1967 as staatsadvokaat in Pitermaritzburg en Durban in die Hooggeregshof.
Vanaf Januarie 1968 tot Desember 1969 het ek my leerklerkskap by die destydse Dyason, Douglas, Muller en Meyer in Pretoria gedoen en in Februarie 1970 is ek toegelaat as prokreur,notaris en aktevervaardiger. Twee jaar by Derek L. Brugman in Johannesburg as assistent en vanaf Februarie 1973 tot Desember 2000 as vennoot/direkteur by Dyason in Pretoria.
Daarna as “in house”prokureur by Steinhoff Internasionaal tot einde April 2008 toe ek afgetree het. Die laaste 8 jaar woon ek en Linda in Stellenbosch.
Ons is getroud in 1975 en het n getroude seun en ongetroude dogter. Albei het grade op Stellenbosch behaal. Nou sien ek net uit om n dop met julle klomp te maak.
Leave a Reply