Universiteite se rol in die stryd om vroueregte

Suid-Afrika vier vanjaar 20 jaar van demokrasie, en nuwe wetgewing om geslagsgelykheid te bevorder is aan die kom. Maar wat is die ware stand van sake wat vroueregte betref, en watter rol kan universiteite hierin speel? Ná ons land se eerste vrye verkiesing in 1994 word gelykheid tussen die geslagte … Lees meer

Madiba: ʼn Leier van statuur

Die oorwinning oor apartheid behoort aan almal wat dié stelsel help beëindig het, maar die grootste besielende figuur van die stryd daarteen was ongetwyfeld oudpres. Nelson Mandela. Sy voorbeeld en die ontberings wat hy deurgegaan het, het mense in die donkerste ure moed gegee. Hy het gestaan vir demokrasie en … Lees meer

Dis tyd vir ’n ‘NOP van die siel’

Byna 20 jaar ná Suid-Afrika se 1994-verkiesing, staan ons weer voor ’n kruispad. Op baie gebiede is lofwaardige vordering gemaak, maar op ander is die pas van verandering veels te stadig – en in sommige opsigte het dinge agteruitgegaan. So is daar byvoorbeeld onlangs bekend gemaak dat honderde lede van … Lees meer

Suid-Afrikaan, Afrikaan, wêreldburger

Suid-Afrika was eens op ʼn tyd die muishond van die wêreld. Toe voorkom ons ʼn burgeroorlog met ʼn onderhandelde politieke skikking, en skielik was ons almal se gunsteling. Intussen het ons glans effens verdof, en nou is ons gewoon maar net deel van die globale gemeenskap. Hoe skakel ons deesdae … Lees meer

Trots Afrikaan

Die afgelope ruk het ons lekker saamgesels oor ons Suid-Afrikaanse identiteit. Baie mense sê dit is nie slegs ons diversiteit wat kenmerkend van ons nasie is nie, maar juis ons viering daarvan. Vir hulle is ons, soos die land se Grondwet (van 1996) dit stel, “verenig in ons verskeidenheid”. Ek … Lees meer

Wat beteken dit om Suid-Afrikaans te wees?

Die feit dat Suid-Afrika se eerste ‘vrygeborenes’ vanjaar die hoër onderwys betree het, laat die soeklig opnuut op die kwessie van ons nasionale identiteit val. Hierdie jongmense se grootwordjare in ’n samelewing ná apartheid maak hul ervarings anders as vorige generasies s’n. Aangesien ons ’n toekoms tegemoetgaan wat uiteindelik deur die volgende generasie gevorm sal word, is dit gepas om terug te kyk op hoe ver ons as ’n nasie gevorder het en seker te maak van waarheen ons op pad is. Lees meer