{"id":1183,"date":"2014-02-20T14:26:48","date_gmt":"2014-02-20T12:26:48","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/?p=1183"},"modified":"2017-01-04T12:24:12","modified_gmt":"2017-01-04T10:24:12","slug":"anine-in-maastricht-nederland","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/2014\/02\/20\/anine-in-maastricht-nederland\/","title":{"rendered":"Anine in Maastricht, Nederland"},"content":{"rendered":"<p>Ek verkies om in Afrikaans te skryf omdat ek tydens die somerskool besef het hoe trots ek is op die feit dat ek ook \u2019n ander taal, en nie net Engels magtig is nie. My ervaring van die somerskool, was \u2019n lewensveranderende reis. Elke ervaring dra by tot jou menswees. Vergelyk dit maar met St. Augustine se siening; \u201cDie w\u00eareld is soos \u0149 boek en die wat nie reis nie, kies om slegs een bladsy te lees\u201d. Die somerskool het een bladsy voltooi van my w\u00eareldboek. Ek wil jou graag so goed as moontlik voorberei en opgewonde maak indien jy ook \u0149 soortgelyke reis beplan. <!--more--><\/p>\n<p><b>Voor my vertrek:<span style=\"text-decoration: underline\"><br \/>\n<\/span><\/b><\/p>\n<p><b>Aansoek om die Somerskool geleentheid<\/b><br \/>\nEk was lank voor die aansoekperiode bewus van die omvang van die aansoekproses. Aansoeke moes reeds 1 Maart 2013 in wees. Die PGIO webblad verskaf alle vereistes van die aansoek. Wat ek wel net wil noem is dat dit die moeite werd is om die SSVO se CV-skryf sessies by te woon, jy moet as\u2019t ware jouself so goed as moontlik laat lyk in jou motiveringsbrief en &#8216;n absolute puik video h\u00ea. Laasgenoemde vervang die tradisionele onderhoud; wees kreatief. In my video het ek genoem dat ek baie van die natuur hou en dat ek ook hou van fotos neem. Dus het ek net iewers in die video \u0149 paar fototjies van Suid-Afrika se natuurskoon laat inglip. Dis uniek en dit vertel die paneelbeoordelaars meer as wat 100 woorde sou.<\/p>\n<p><b>Aansoek om die kursus by Maastricht Universiteit<\/b><br \/>\nNa die aanlyn aansoekproses het ek baie vinnig terugvoering gekry dat ek aanvaar is vir die kursus, op dieselfde dag nog. Ek is ingelig dat Maastricht Universiteit sou betaal vir my studie kostes, verblyf en deelname aan \u0149 sosiale program. Daarna het ek \u0149 reisbeurs van Stellenbosch Universiteit ontvang. Nou was dit moontlik om die vliegtuigkaartjies en voorlopige hooftreine te bespreek met die fondse beskikbaar. Besprekings vir verblyf in Maastricht word aanlyn gedoen by www.maastrichthousing.com en jy sal meer as gelukkig wees met die heel goedkoopste kamer in die C gebou. Dit is groot, bevat \u0149 bed, boekrak, lessenaar, bedkassie, hangkas, wasbak, drie stoele en twee leesliggies en daar is oorgenoeg plek om nog te loop ook. Die voordeel hiervan is dat daar dan fondse in jou \u2018verblyfbeurs\u2019 oor is om \u0149 fiets by die einste verblyfplek te huur vir die tydperk wat jy in Maastricht is. \u0149 Fiets is \u0149 moet in Maastricht.<\/p>\n<p><b>Administrasie<br \/>\n<\/b>Wees bewus dat visa aansoeke aanlyn gedoen word en omrede dit somer is in Europa gedurende ons wintervakansie, is die kantoor in Kaapstad, 100 Strand Straat, baie besig en moes ek drie weke wag vanaf die dag dat ek my afspraak gemaak het. Die ambassade is slegs gedurende die oggendure oop. My afspraak was ongelukkig gedurende die eksamen, om 08:50. Neem eerder \u0149 later tyd as laasgenoemde omrede die verkeer veroorsaak het dat ek \u0149 halfuur laat was vir my afspraak. Laat wees, is kommerwekkend, maar die Nederlandse ambassade is vriendelike en flinke mense en my aansoek was afgehandel binne 5 minute. Wees net seker dat jou dokumente presies in die volgorde is soos gespesifiseer word. Hierdie dokumente is goud werd! Jou dokumente is veilig as jy dit op drie plekke stoor, op \u0149 USB, op Dropbox en \u0149 harde kopie (wat in elk geval nodig is om saam te neem na die Schengen area). Met die afhaal van die visa, vyf werksdae later, was ek letterlik minder as 2 minute in die gebou.<\/p>\n<p><b>Belangrik vir die vliegtuig<\/b><\/p>\n<ul>\n<li>Geen vloeistofvolumes in handbagasie mag 100 ml oorskry nie en die totale vloeistof mag nie meer as 1\u2113 wees nie<\/li>\n<li>Verklaar elektroniese toerusting by \u201cCustoms\u201d (oorkant \u201ccheck-in counter\u201d A43)<\/li>\n<li>Lig jou bank in van transaksies in die ander land voor jy vertrek<\/li>\n<li>Indien jy van OR Tambo af vlieg, moet jy by terminaal A wees, parkeer op die 2 de vloer, want daar is \u0149 loopbrug direk van die onderdak parkering en die lughawe<\/li>\n<li>Dit is baie eenvoudig om te \u201cself check-in\u201d,<\/li>\n<li>Jy kan jou tas laat \u201cshrink wrap\u201d teen R 50<\/li>\n<li>Let op dat die \u201cboarding gates\u201d nogal ver is en dus sorg dat jy genoeg tyd het<\/li>\n<li>Jou bagasie mag 23 kg weeg (maar maak seker by jou lugdiens)<\/li>\n<li>Op Schipol het jy 2 \u00d7 30 min se internet wat <span style=\"text-decoration: underline\">gratis<\/span> beskikbaar is by KPN, anders moet jy \u20ac3 betaal vir 15 min<\/li>\n<li>Indien jy \u0149 telefoonkaart koop en na \u0149 Suid-Afrikaanse landlyn wil bel, betaal jy \u20ac10 en dit is slegs vir 3 min<\/li>\n<\/ul>\n<p><b><span style=\"text-decoration: underline\">Somerskool<\/span><\/b><\/p>\n<p><b>Uiteindelik-die besoek aan Maastricht<br \/>\n<\/b>Indien jy ook op Schipol-Amsterdam land, besoek gerus die webtuiste vir die treine by <a href=\"http:\/\/www.b-europe.com\/Travel\">www.b-europe.com\/Travel<\/a>. Dit is baie goed om te spesifiseer dat jy \u201cyouth\u201d is, so kry jy baie afslag op treinkaartjies, veral in Belgi\u00eb. Met \u0149 trein vanaf enige stasie in die Brugge-area tot enige stasie in die Brussels &#8211; area kos dit slegs \u20ac6 en so ook tussen Brussels en Maastricht teen \u20ac7.30. Neem ook die GOPASS1 kaartjie. Hierdie goedkoop opsies is slegs beskikbaar aanlyn by <a href=\"http:\/\/www.belgainrail.be\">www.belgainrail.be<\/a>.<\/p>\n<p>In Maastricht moet jy eers oor (St. Servaas brug) die Maas (die rivier) kom om aan die regte kant te wees om by \u201cGuesthouse UM\u201d uit te kom. Dit is egter baie ver en indien jy nie baie uithouvermo\u00eb het nie, sou ek jou aanraai om maar eerder nie die staptog met bagasie en al aan te durf nie. \u0149 Wenk, neem \u0149 foto van die kaart van Maastricht by \u0149 busstop en vind so jou weg as jy verdwaal.<\/p>\n<p>By die gastehuis is daar skoonmaakdienste vir publieke areas en \u0149 eetstelletjie word spesiaal in jou kassie geb\u00eare. Baie belangrik &#8211; daar is slegs twee-punt proppe oral! Die enigste winkel waar jy \u0149 drie na twee prop gaan vind, is by MediaMarkt. Die gastehuis het wasmasjiene en tuimeldro\u00ebrs, maar nie waspoeier, \u201cstay soft\u201d of wasseep nie. Ek kon wasseep, rooibostee, melk, brood, komkommer, maalvleis, kaas, piesangs en eiers teen \u20ac12.93 by Jan Linders in Tongersestraat koop vir een week se gebruik. D\u00edt is baie goedkoper as om op wegneemetes te lewe, sommige restaurante in Maastricht kan \u0149 middagete opjaag tot \u20ac18.<\/p>\n<p>Aktiwiteite wat die sosiale program behels, is onder andere \u0149 verwelkomingsdinee, stadstoer, musiek konserte, bierproe, &#8216;n wynplaas besoek en wynproe, besoek aan grotte en \u0149 museum, bootreis en \u0149 \u201cbarbeque\u201d. Ek het alles met oorgawe geniet.<\/p>\n<p>Wat lekkernye betref, is die volgende die moeite werd om te koop; \u0149 roomys vir \u20ac1.50 by Pinky, stroopwafels (8 vir \u20ac1.79) by Albert Hein, Kriekbier vir \u20ac3, bitterballe en kibbeling op Vrydae by die Markt. Eet tog \u0149 paar maaltye saam jou medestudente en laat die tale so vloei oor die tafel en hou sommer iets wat ons hier in Matieland ook het, naamlik \u0149 internasionale kos aand. Neem \u0149 pak UNO kaarte saam en speel dit na aandete!<\/p>\n<p>Maastricht Universiteit is gestig in 1976 en word gelys as nommer 107 in die w\u00eareld in terme van universiteite wat jonger as 50 jaar is. Dit is in Tongersestraat 53 en omtrent 15 min se stap van \u201cGuesthouse UM\u201d af. Die kursus (\u201cBusiness Intelligence\u201d) duur twee weke en behels van jou\u00a0 om op die ou einde slegs \u0149 voorlegging te gee en geen eksamen of toetse te skryf nie. Die kursus is prakties toepasbaar. My studierigting (Bedryfsingenieurswese) het baie ooreenkomste met die terme getoon. Weet dat agtergrondkennis van Excel en statistiek nodig is. Die eerste week word daar na die gebruike van die onderwerp gekyk, verskeie tipiese praktiese toepassings vir bestuurders en die waarde van die onderwerp word ook bespreek. Die tweede week behels projekrekenaarwerk op XLMiner deur data analise en toepassing. Ons projek het vereis om te bepaal watter tipe persone skenkings vir \u0149 fondsinsamelingsorganisasie sal gee. Die ander groep het gekyk na lenings en in watter gevalle dit wel toegestaan is. Die dosent Dr. Peeters is uitstekend en die kursus word in goeie Engels aangebied. Die kursus is 4 krediete.<\/p>\n<p><b>Terugkeer:<span style=\"text-decoration: underline\"><br \/>\n<\/span><\/b><\/p>\n<p>My heel eerste gedagte was dat ek weer na \u0149 land moet terugkeer waar dit winter is. Ek was baie opgewonde om die nuwe groen gemerkte pad vir fietse in Merriman straat te sien, maar teleurgesteld dat ek dit n\u00earens anders gesien het nie en ek het bitter gou besef ek is nie meer in Nederland nie. Daar het die voertuie, voetgangers en fietse (saam met motorfietse en bromponies) in elke rigting hul eie baan om in te beweeg. Die vervoerstelsel is 10 keer beter as hi\u00e9r. \u0149 Fietsryende student moet in Stellenbosch baie konsentreer!<\/p>\n<p>Ek sal beslis weer die buiteland wil besoek, veral na my ervaring in Maastricht. Miskien doen ek \u0149 meesters by Maastricht. Graag sal ek my w\u00eareldboek nog meer wil vul. \u0149 Mens voel of jy soveel meer magtig is en skielik voel ek trots om te kan studeer en daar is meer agter die studies as net harde werk.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek verkies om in Afrikaans te skryf omdat ek tydens die somerskool besef het hoe trots ek is op die &hellip; <\/p>\n","protected":false},"author":589,"featured_media":1185,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41263,44659],"tags":[41270,28839],"class_list":["post-1183","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-maastricht-university-reports","category-winter-summer-school-postings","tag-summer-school","tag-the-netherlands"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1183","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/users\/589"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1183"}],"version-history":[{"count":9,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1183\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1193,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1183\/revisions\/1193"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1185"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1183"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1183"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1183"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}