{"id":1288,"date":"2014-08-01T07:58:09","date_gmt":"2014-08-01T05:58:09","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/?p=1288"},"modified":"2016-06-22T16:07:51","modified_gmt":"2016-06-22T14:07:51","slug":"janitha-in-duitsland","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/2014\/08\/01\/janitha-in-duitsland\/","title":{"rendered":"Janitha in Duitsland"},"content":{"rendered":"<p>Hier is Janitha se storie.<\/p>\n<p>Maak reg vir die tyd van jou lewe. Teen die tyd wat jy hoor dat jy gekeur is, het jy nog g\u00e9\u00e9n idee wat vir jou voorl\u00ea nie. Dit was \u2018n ervaring wat geen geld in die w\u00eareld kan koop nie.<\/p>\n<p><strong>Voorbereiding:<\/strong><\/p>\n<p>Handel die admin gedeelte so vinnig as moontlik af om onnodige stres te voorkom. Die Somerskool word in Junie\/Julie aangebied en dit beteken dat dit hoogseisoen in Europa is. Dit veroorsaak dat vliegtuigkaartjies skaars en duur is. Hoe gouer jy \u2018n vliegkaartjie koop, hoe beter vir jou eie sak. Indien moontlik, probeer om saam met van die ander Maties te vlieg. Dit is net lekkerder om saam met iemand op die lughawe te sit en wag, te verdwaal en dit is sommer ook \u2018n goeie geleentheid om die Maties wat saam met jou gaan swot, beter te leer ken op pad Duitsland toe.<\/p>\n<p><!--more--><\/p>\n<p>Ek en Chrismarie het met Etihad gevlieg. Teen die tyd wat ons bespreek het, was dit die goedkoopste vlug. Ongelukkig vlieg die lugdiens nie van Kaapstad af nie en moes ons in Johannesburg oorklim. Met Etihad klim \u2018n mens ook in Abu Dhabi oor. Ons het elke keer 2 ure gehad om oor te klim. Ek sal nie enige iets minder aanbeveel nie omdat jou vorige vlug dalk laat\/vertraag kan wees en jy nog jou volgende hek moet soek.<\/p>\n<p>Dit is belangrik dat jy reeds jou vliegkaartjie het voordat jy vir jou Visa aansoek doen. Ek kan nie veel raad gee vir die Visa aansoek nie, aangesien hulle spesifikasies gereeld verander. Al wat ek kan s\u00ea is, maak seker dat jy al die nodige dokumente gereed het en moenie dink jy kan met hulle onderhandel nie. Ek moes drie weke wag om \u2018n afspraak te kon kry, maar na die afspraak het dit omtrent net drie dae geneem vir my Visa om gereed te wees.<\/p>\n<p>Die organiseerder van EBS sal die nodige inligting vir jou stuur. Lees die inligting en bevestig betyds met haar. Sy sal ook die verblyf reelings deurstuur.<\/p>\n<p>Ek het \u2018n bankkaart by Standard Bank gekry waarop ek Rande vir Euros verruil het. Dit was \u2018n goedkoop opsie omdat ek \u2018n studenterekening daar het. Dit is belangrik om genoeg kontant ook te saam te neem. Banke is nie so volop soos ons hier gewoond is nie en in Duitsland is kontant di\u00e9 aanvaarbare manier van betaling.<\/p>\n<p>Dit is moeilik om vooraf jou klerekas vir die drie weke te beplan. Trek aan soos \u2018n ui sodat jy kan afskil deur die loop van die dag. Dit is warm buite, maar nie Stellenbosch se hitte nie. Dit kan ook re\u00ebn, maar dit is meestal donderstorms wat vinnig oorwaai en nie \u2018n Kaapse storm met wind nie.<\/p>\n<p><strong>\u00a0EBS:<\/strong><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2014\/08\/Janitha-1.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-1291\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2014\/08\/Janitha-1-300x244.jpg\" alt=\"Janitha 1\" width=\"300\" height=\"244\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2014\/08\/Janitha-1-300x244.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2014\/08\/Janitha-1.jpg 576w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Moenie verwag dat jy in \u2018n lewendige studente-dorp gaan arriveer nie. Oestrich-Winkel het ook wingerde soos Stellenbosch, maar omdat dit reeds hulle somervakansie is teen die tyd wat ons arriveer het, was die dorp baie rustig. Gelukkig was die sokkerw\u00eareldbeker aan die gang, so ons het elke aand na \u2018n ander plek gegaan om die wedstryde te kyk.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaners het in een woonstelblok gebly, bo-op \u2018n bakkery wat elke dag vars brood bak. Ons was vier meisies op die derde vloer en vier ouens op die tweede vloer. Dit was \u2018n lekker ervaring om saam met mense van ander lande te bly om meer van hulle kultuur te leer, maar dit was ook lekker om tussen-in bietjie Afrikaans te kon praat met my mede-Maties.<\/p>\n<p>Ek het die akademie baie interessant gevind omdat ek \u2018n B.Comm agtergrond het. Ons het basies elke dag \u2018n ander onderwerp behandel. Nie al die onderwerpe gaan vir almal ewe interessant wees nie. Die somerskool fokus op Europa en die Europese Unie. Ons leer nie veel van die EU in Suid-Afrika nie, so dit was \u2018n goeie leerskool.<\/p>\n<p>Die klasse is baie meer interaktief as wat ons hier by Stellebosch het. Ons het in groepe gesit en baie klasbesprekings gehad. Aan die begin was dit vreemd, maar tog hoor \u2018n mens dan ander se opinies en hoe mense van verskillende lande en kulture die onderwerpe interpreteer.<\/p>\n<p>Ons het twee eksamens geskryf oor die werk wat ons behandel het. Dit was oopboek, maar jy moet steeds \u2018n bietjie voorberei omdat jy baie min tyd kry in die eksamen. Daar is nie tyd tydens die eksamen om rond te blaai en vir antwoorde te soek nie. Dit was nie moeilik nie, net anders as wat ons aan gewoond is.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2014\/08\/Janitha-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-1289\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2014\/08\/Janitha-2-300x259.jpg\" alt=\"Janitha 2\" width=\"300\" height=\"259\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2014\/08\/Janitha-2-300x259.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2014\/08\/Janitha-2.jpg 576w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>Die universiteit het vir ons twee uitstappies gere\u00ebl. Ons was Strasbourg (Frankryk) toe vir \u2018n dag. Daar het ons die \u2018Council of Europe\u2019 asook die Europese Parlement besoek. Die ander uitstappie was \u2018n besoek aan Opel se vervaardigingsaanleg. Dit was baie interessant om te sien hoe die proses werk waar voertuie aanmekaar gesit word. Voertuie is die Duitsers se trots.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2014\/08\/Janitha-3.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-1292\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2014\/08\/Janitha-3-300x243.jpg\" alt=\"Janitha 3\" width=\"300\" height=\"243\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2014\/08\/Janitha-3-300x243.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2014\/08\/Janitha-3.jpg 576w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Alhoewel akademie die hoofrede is vir jou besoek aan Duitsland, is daar ook tyd om te <em>travel. <\/em>Gedurende die week is daar tyd na klas om na Wiesbaden toe te gaan, Oestrich-Winkel se naaste stad. Oor naweke het ons verder gaan <em>explore<\/em>. Ek en Chrismarie het vir ons elkeen \u2018n 4-dag treinkaartjie gekry. Dit is die goedkoopste manier om in \u2018n stad te kom wat ver is. Tydens die eerste naweek het ons teen die Rhein af getoer tot in K\u00f6ln. Die volgende naweek het \u2018n groep van ons M\u00fcnich toe gegaan en die naweek daar spandeer. Daar is soveel opsies van plekke om te besoek, maar aangesien jy by die Rhein is, sal ek aanbeveel om die dorpies en stede teen die Rhein te besoek. Moenie bang wees om publieke vervoer te gebruik nie, dit is baie effektief en veilig.<\/p>\n<p><strong>Huis toe<\/strong><\/p>\n<p>Die tyd om huis toe te gaan het aangebreek. Ek het alleen teruggevlieg. Maak seker dat jy betyds by Frankfurt lughawe is, aangesien die lughawe groot en deurmekaar is.<\/p>\n<p>Dit was baie hartseer om die res van die studente te groet. Ons het veral lekker gekuier saam met die Britte, Amerikaners en Australianers. Om vir drie weke in die vreemde te studeer is nogal \u2018n ervaring, maar wat dit die moeite werd gemaak het, is om mense van verskillende universiteite reg oor die w\u00eareld te ontmoet.<\/p>\n<p>Die interessante kennis wat ek tydens die Somerskool opgedoen het, sal beslis handig te pas kom in die toekoms. Jou o\u00eb gaan oop vir wat werklik in die Europese Unie aangaan, iets wat ek nie nog nie mee te doen gehad het tydens my studies nie.<\/p>\n<p>Tydens die drie weke in Duitsland het ek besef dat Suid-Afrika glad nie so derde-w\u00earelds is soos wat ons soms dink dit is nie. Ek het \u2018n groot belangstelling in kleinhandel (<em>retailing<\/em>). My opinie is dat Duitsland \u2018n paar dinge van kleinhandel by Suid-Afrika kan kom leer. Duitsers is nie die vriendelikste mense wat daar is nie. Ek het die vriendelikheid van mense in die strate en winkels gemis. Duitsers sal nie sommer groet nie en mag jou dalk snaaks aankyk as jy hulle groet (nie almal nie).<\/p>\n<p>Na drie weke van vliegtuie, treine en busse was dit vreemd om weer in \u2018n motor (aan die linkerkant van die pad) te ry saam met taxi\u2019s wat doen net wat hulle wil. Alhoewel Suid-Afrika vol uitdagings is, is die land van sonskyn, braaivleis en Afrikaans definitief waar ek wil bly.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hier is Janitha se storie. Maak reg vir die tyd van jou lewe. Teen die tyd wat jy hoor dat &hellip; <\/p>\n","protected":false},"author":589,"featured_media":1289,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[14262,44659],"tags":[31135,41270],"class_list":["post-1288","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-european-business-school","category-winter-summer-school-postings","tag-germany","tag-summer-school"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1288","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/users\/589"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1288"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1288\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1293,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1288\/revisions\/1293"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1289"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1288"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1288"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1288"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}