{"id":1390,"date":"2014-09-29T09:43:13","date_gmt":"2014-09-29T07:43:13","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/?p=1390"},"modified":"2017-01-04T12:18:09","modified_gmt":"2017-01-04T10:18:09","slug":"karla-in-netherlands","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/2014\/09\/29\/karla-in-netherlands\/","title":{"rendered":"Karla in the Netherlands"},"content":{"rendered":"<p>Om vir hierdie somerskool aansoek te doen was die beste ding wat ek vir myself kon doen. Dit het my bemagtig op verskeie maniere en ek wil graag dit deel sodat nog US studente daarin kan deel.<\/p>\n<p><strong>Voor vertrek<\/strong><br \/>\n<strong>Aansoek<\/strong><br \/>\nDoen moeite met jou aansoek vir die US se internasionale kantoor, veral die video. Doen navorsing oor al die verskillende somerskole beskikbaar en motiveer presies hoekom jy hierdie somerskool gekies het. Wanneer jou aansoek aanvaar word is daar dan \u2018n addisionele aanlyn aansoekvorm wat jy vir die LEF somerskool invul.<br \/>\n<!--more--><\/p>\n<p>Die tema vir 2014 is Fraternity en die Universiteit van Antwerpen in Belgi\u00eb bied dit aan. Die somerskool word georganiseer deur die Utrecht Netwerk en dit is \u2018n ERASMUS intensiewe program, wat beteken dat dit baie ho\u00eb standaarde het. Gaan lees meer daaroor op www.lefsummerschool.eu. Die somerskool is baie verreikend in die sin dat jy kan aansoek doen ongeag wat jy studeer.<\/p>\n<p><strong>Visa en ander reiswenke<\/strong><br \/>\nDit is belangrik om so gou as moontlik by die Nederlandse ambassade in Kaapstad \u2018n afspraak te maak vir jou Schengen visa. Jy kan dit aanlyn doen by https:\/\/capetown.embassytools.com, hulle is tot \u2018n maand vooraf vol bespreek. Maak seker al jou dokumente is agter mekaar vir die afspraak, wat dan baie vinnig verloop. Jou doel vir die visa is om te gaan studeer, dus is die visa gratis. Ons kon \u2018n week later ons visas gaan afhaal het.<\/p>\n<p>Jou vliegkaartjie kan jy deur \u2018n reisagent koop of op die lugredery se webtuiste self. Indien jy dit op \u2018n kredietkaart koop sluit dit reisversekering in, maak net seker of dit genoeg is om die visa vereistes te dek, anders kan jy nog bykoop. My kaartjie het op R11 900 uitgewerk en ekstra reisversekering van R450. Jy kan jou sitplek lank voor die tyd bespreek en 24 uur voor die vlug kan jy aanlyn inteken. As jy \u2018n lang oorgangspunt het op \u2018n lughawe, soek vir jou \u2018n lekker bank en vat \u2018n reis-kussing saam. Dit is lekker om die vliegkaartjie saam met die persoon te koop wat saam met jou die somerskool bywoon. Ek en Toit Wessels het baie lekker saam gereis en ons was bevoorreg genoeg gewees om nog \u2018n week langer te toer in Nederland. Indien jy jou reis met \u2018n paar dae kan verleng om die land te verken sal ek dit sterk aanbeveel, want jy kry redelik aftyd in die aande en oor die naweek maar dit is nie genoeg nie. Nog \u2018n wenk is om \u2018n slot saam te vat, vir as jy jou paspoort en ander waardevolle besittings in \u2018n kas kan toesluit. Dit is nie nodig om jou skootrekenaar saam te vat nie. Daar is ook orals Wi-Fi vir jou foon, dus kan jy net sms-roam.<\/p>\n<p>Vir sakgeld het ek slegs ongeveer R2000 by die somerskool gebruik, aangesien jou somerskoolkostes van R9000 die verblyf, kos en uitstappies dek. Om die somerskool te betaal moet jy ingaan na jou bank toe en by die internasionale afdeling \u2018n EFT maak. Ek het \u2018n verdere R4000 gebruik vir ons week van toer, maar ons was gelukkig gewees om gratis by kennisse te bly.<\/p>\n<p><strong>Die somerskool<\/strong><br \/>\nDie somerskool het gestrek vanaf 7 tot 18 Julie. Die tema van gelykheid is hanteer binne verskillende klusters, naamlik regte, geskiedenis, politieke wetenskap, antropologie en sosiologie. Elke kluster is deur kenners op die gebied aangebied, daar was 12 sprekers van reg oor die w\u00eareld gewees. Die studente wat die somerskool bygewoon het was 9 van Ierland, 4 van Amerika, 3 van Belgi\u00eb, 3 van Tsjeggo-Slowakye, 2 van Sloweni\u00eb, 1 van Switserland, 1 van Turkye en ons 2 van Suid-Afrika. Almal het vanaf verskillende studierigtings gekom, vanaf drama tot ingenieurswese, maar meestal regte. Die klasse het gewoonlik vanaf 09:30 tot 17:00 gestrek en was in \u2018n klaskamer in die Universiteit van Utrecht. Dit was lesings gewees en ons het onderwerpe in kleiner groepe bespreek, behalwe in die Antropologie kluster was Theatre of the opressed as \u2018n werkswinkel aangebied. Die klasse was baie interaktief gewees en dit was interessant om die verskillende internasionale opinies te hoor. Ek het opnuut besef dat elke land sy eie probleme en suksesse het, dat jy gevorm word deur jou omstandighede en dat mens altyd iets van ander kan leer. Almal het mekaar se verskille met respek hanteer en was daar om verreik te word.<\/p>\n<p>Die openingstoespraak was deur Naema Tahir gewees. Sy is \u2018n skrywer en Menseregte prokureur en het oor die emansipasie van Moslemvroue gepraat. Behalwe vir die gassprekers het ons ook \u2018n sessie gehad saam met die COC Nederland oor LGBT (Lesbian, gay, bisexual &amp; transgender). Verder het ons Human Trafficking as \u2018n gevallestudie binne globale ongelykheid gedoen. Ons het die tweede grootste Moskee in Europa gaan besoek waaraan hul tans bou. Ons het kans gekry om vrae te vra vir die eienaars oor Moslems in die Nederlandse gemeenskap, hul gebruike en die plek van vrouens in die geloof. Hul het ons ook op \u2018n begeleide toer deur Utrecht gevat. Die klusters is met mekaar verbind deur lounge sessies waar ons binne groepe gekyk het na huidige nuusgebeure relevant tot die onderwerpe en dan \u2018n gesprek daaroor binne die groter groep gehad het. Op twee geleenthede het ons blogs in die rekenaarlokale gaan skryf oor die sessies.<\/p>\n<p><strong>Verblyf<\/strong><br \/>\nDie groep het in die Stayokay Bunnik hostel gebly vir die twee weke. Dit is baie mooi in \u2018n woud area en langs die Kromme Rijn rivier. Ons het 2 tot 6 binne \u2018n kamer gebly, meisies en ouens apart. Dit is minder as 5km vanaf Utrecht en ons het na die universiteit geloop deur die woud. Hul het vir ons elkeen \u2018n publieke vervoer kaart gegee om na die stad te reis en het re\u00eblings met ons getref om ons by die lughawe te gaan optel en aflaai. Die platteland veral is verskriklik mooi in die somer en die Nederlanders is \u2018n baie vriendelike nasie. Die somerskool verskaf ook al die etes en ons het baie lekker by die hostel ge\u00ebet en kospakkies gekry vir die middae. Ander lekker etes was by \u2018n pannekoekhuis, \u2018n Ierse Pub voor die sokker w\u00eareldbeker semi-finaal en \u2018n spesiale afsluitingsfunksie langs die kanale. Dit was lekker om as groep saam te bly, te eet en op uitstappies te gaan en dit het die groepsdinamika versterk. In die aande het ons saam die stad gaan verken of tuis gebly en sokker gespeel ens. Ek het vriende gemaak met wie ek kontak behou en graag sal wil gaan besoek eendag. Die somerskool was baie goed georganiseerd gewees en die dosent en sy studente-assistent het als saam met ons gedoen.<\/p>\n<p><strong>Naweek in Amsterdam<\/strong><br \/>\nOp die middelste Vrydag het die somerskool gere\u00ebl dat ons as groep saam Amsterdam toe gaan. Ons het by Hostel Amsterdam Zeeburg oornag en ons het baie lekker die Vrydagaand by die Bierfabriek ge\u00ebet en gaan karaoke. Die Saterdagoggend het ons die Rijksmuseum gaan besoek en was ons program oop vir die res van die dag. Ons het in die Vondelpark gaan loop en \u2018n kanaal boottoer gedoen. Die aand het ons teruggekeer na Utrecht per bus. Die Sondag het ons \u2018n Barbeque gehad en die middag deur Utrecht se kanale gaan roei en roomys ge\u00ebet. My vriendin wat \u2018n somerskool gedoen het in Berlyn was die naweek in Nederland en die ko\u00f6rdineerder was so gaaf gewees om haar in te sluit by ons planne.<\/p>\n<p><strong>My refleksie op terugkoms<\/strong><br \/>\nMy uitkyk oor hoe gelykheid binne sekere kontekste verander en verstaan word het baie verander. Ek wil nou graag meer leer van ander en is baie trots op my land. Dit was \u2018n ongelooflike verreikende internasionale en multidissiplin\u00eare ervaring gewees. Dit het my toegerus met kennis, insig en vaardighede om verder te studeer in die rigtings en \u2018n nuwe opinie wat ek terug kan bring na Suid-Afrika toe. Vir die eerste keer in \u2018n klaskamer was dit vir my lekker gewees dat die fokus op onderig as \u2018n groep was. Ek het deelgeneem aan die interessante gesprekke en ons kon die Suid-Afrikaanse oogpunt stel. Ek sal graag nou \u2018n ERASMUS program vir 6 maande in Europa wil doen, ek dink mens leer so baie van jouself binne \u2018n ander konteks en die w\u00eareld het so baie om te bied, veral as jy jonk is. Ek sal enigiemand sterk aanbeveel om hierdie somerskool by te woon en kontak my gerus indien jul enige vrae het.<\/p>\n<p>And then I realised, adventures are the best ways to learn.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Om vir hierdie somerskool aansoek te doen was die beste ding wat ek vir myself kon doen. Dit het my &hellip; <\/p>\n","protected":false},"author":9655,"featured_media":1392,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[44669,44659],"tags":[44706,41270],"class_list":["post-1390","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-utrecht-network","category-winter-summer-school-postings","tag-belgium","tag-summer-school"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1390","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9655"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1390"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1390\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1417,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1390\/revisions\/1417"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1392"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1390"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1390"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1390"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}