{"id":233,"date":"2011-03-13T19:42:05","date_gmt":"2011-03-13T17:42:05","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/?p=233"},"modified":"2017-01-04T12:42:41","modified_gmt":"2017-01-04T10:42:41","slug":"humboldt-universiteit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/2011\/03\/13\/humboldt-universiteit\/","title":{"rendered":"Humboldt Universiteit &#8211; Berlyn (Januarie 2011)"},"content":{"rendered":"<p><strong>Internasionale Reisiger: Rentia<\/strong><\/p>\n<p>Presies een week na my terugkoms van die koue Berlyn<!--more--><\/p>\n<p>Dit is aand, eks weer terug in my woonstel en kan die fontein by die swembad hoor, die braaivleis van die bure ruik, muskiete maak irriterende geluide in my taai kombuis en die vyeboom in die tuin, soos elke Februarie, hang swaar van die ryp vye. Wat \u2019n verligting om terug te wees in die somer, tuis te voel en geleidelik te voel hoe die ervarings van vier weke in Berlyn \u2019n meer konkrete realiteit word.<\/p>\n<p>Op my stoof is \u0149 nuwe espresso maker wat ek van daar gebring het (die Duitsers drink n\u00e9t Italiaanse espresso), my yskas is vol Duitse sjokolade en teen my muur is \u0149 1905 afdruk wat ek by die Mauerpark vlooimark gekoop het. Ook my rekenaar is vol foto\u2019s van studente van verskillende lande (my klasmaats by die Humboldt universiteit \u2013 wat letterlik lande in die hele w\u00eareld van al die verskillende kontinente verteenwoordig), die Fernseh (televisie) toring in Berlyn van verskillende oogpunte, en nog ander mooi plekke soos die kasteel in Potsdam, Treptower Park, Flughafen Tempelhof (die lughawe waar die destydse Lugbrug gebou is gedurende die isolasie van wes-Berlyn), buurte met interessante argitektuur soos Friedrichshain, Prenzlauer berg, Lichtenberg (waar ons studente gewoon het), en natuurlik ook Kreuzberg, Neuk\u00f6ln en Mitte waar die Universiteit en al die museums en duur winkels is.<\/p>\n<p>Wat hierdie ervaring van Duitsland van die ander onderskei, is dat ek hierdie keer gevoel het hoe dit moet wees om in Berlyn te woon (\u0149 \u2018Berliner\u2019 te wees). Ek het soggens die taal geleer in my Duitse klasse, smiddags die stad en die verskillende buurte leer ken, en saans \u00f3f in die vele Berliner kneipe (die Duitse woord vir \u0149 kroeg) saam met vriende spandeer, \u00f3f voor my boeke gesit en Duitse huiswerk doen \u00f3f \u0149 film gaan kyk in een van die vele onafhanklike klein teaters.<\/p>\n<p>Berlyn is nie net \u0149 interessante stad met vele kulture en subkulture, \u0149 gelaagde geskiedenis en belangrike geboue, museums en standbeelde nie, maar is ook \u0149 nederige stad. Dit is in vergelyking met ander groot Europese stede spotgoedkoop. Daar woon talle jongmense, studente en kunstenaars en die strate s\u00e9lf is tot kunsgalerye verander met die oorvloed aan graffiti teen talle van die oop geboue wat deur bomme in die Tweede W\u00eareldoorlog weggeblaas is, waarvan baie steeds nie herstel is nie. Een ding wat my veral opgeval het, is dat alles wat trendy, duur en modieus is (die Berlyners noem dit \u201cSchickimicki\u201d) deur tipiese Berlynse anargiste afgekeur word en meestal ook konkreet aangeval word. Anargie in Berlyn het \u0149 lang geskiedenis en kan ook vandag op straat waargeneem word. Daar is selfs \u0149 webblad (http:\/\/www.brennende-autos.de\/) waar gesien kan word hoeveel karre daagliks in Berlyn aan die brand gesteek word, as protes teen die hoeveelheid lugbesoedeling wat veral vierwiel-aangedrewe voertuie in die stad veroorsaak, of as protes teen kapitalisme wat in \u0149 verenigde Berlyn \u0149 realiteit is.<\/p>\n<p>Die edgy, die rou en die natuurlike is in Berlyn belangrik. Die oormaat aan plaaslike ontwerpers en winkels met werkswinkels agter het my verstom, asook die oorvloed van vegan en vegetariese restaurante en kitskos winkels \u2013 en die paar egte hippie kolonies in die middel van die stad, waar families probeer om weer eenvoudig (in karavane) te woon, groentetuine te plant en kuns te skep in van die leegstaande geboue, was opvallend en verfrissend. Dis asof mens in Berlyn bewus is daarvan dat mense \u0149 daadwerklike poging aanwend om \u2018groen\u2019 te leef en globale verwarming teen te kant.<\/p>\n<p>Berlyn is ook \u0149 stad waar tekens van Russiese Kommunisme en die voormalige DDR steeds in die voorafvervaardigde rye en rye vervelige woonstelblokke gesien kan word, asook \u0149 stad volop met water, met die Spree rivier wat deur die stad vloei, talle saunas, swembaddens, en watersport ontspannings fasiliteite. Dis \u0149 stad met \u0149 groot Turkse bevolking, gesien in die talle Turkse markte en restaurante. Dis ook \u0149 stad met \u0149 baie lewendige musiekkultuur. Een van die voordele van die Duitse kursus wat ek bygewoon het, was dat ons onderwyser \u0149 baie entoesiastiese musiekliefhebber en kenner van Berlynse subkulture was.<\/p>\n<p>So het ek en my klasmaats elke oggend, te danke aan ons entoesiastiese dosent, begin met \u0149 tipiese Berlynse lied (hoofsaaklik rap in Berlynse sleng), waarvan ons die teks moes analiseer, met klasmaats daaroor in gesprek tree en dikwels ook \u0149 tweede en \u0149 derde keer moes saamsing. Die gevolg is dat ek nou \u0149 kennis het van kunstenaars soos Peter Fox, Udo Lindenberg, Culcha Candela en P.R Kantate en elkeen van hulle se onderskeidelike ervaring van hierdie diverse stad kan verstaan. Ook Duitse geskiedenis het in die kursus aan bod gekom en verskeie uitstappies na museums, die Reichstag, die kanseliersamp, die Stasi-hoofkwartiere, is vir ons groep beplan. In geheel het ek die kursus goed-georganiseerd, uiters informatief, van \u0149 ho\u00eb standaard en ook pret gevind. In \u0149 toets wat op die eerste dag gedoen is, is deelnemers in groepe verdeel na aanleiding van die vlak van Duits van elkeen. So is die moeilikheidsgraad van die kursus vir elke deelnemer goed bepaal.<\/p>\n<p>Die area waar ons gewoon het; Lichtenberg, was ver in die Ooste van Berlyn. Soggens het dit bykans 45 minute geneem om van die woonstel tot by die Universiteit te kom. Lichtenberg is ook \u0149 deel van die stad met geen naglewe of tekens van jongmense nie. Ek het dit jammerlik gevind omdat mens as student juis iets van studente en jongmens-lewe in \u0149 stad wat bekend is daarvoor wil beleef. Eerder was die woonstelle ge\u00efsoleerd, deel van die Plattenbauten (voorafvervaardigde betonkomplekse van die voormalige DDR) en hoewel die uiters netjies en goed ingerig was, het ek dit effens depressief ervaar. Ons het ook nie internet in die woonstelle self gehad nie en draadlose internet toegang op kampus het ook probleme veroorsaak.<\/p>\n<p>Maar dit is maar net enkele probleme van \u0149 studietoer wat vir my in die geheel uiters bevredigend was. My brein gaan nog lank verteer aan al die inligting en indrukke wat ek beleef het en mense wat ek ontmoet het. Ek wil graag baie dankie s\u00ea vir Stellenbosch se internasionale kantoor vir die geleentheid maar ook vir al die organisasie en beplanning. Dit was uitstekend gedoen! Ek kan die ervaring vir studente aanbeveel wat belangstel in Duitse taal, kultuur of geskiedenis. So as dit jou tipeer; \u2018kiek ma!\u2019 (Berlyns vir check it out!).<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Internasionale Reisiger: Rentia Presies een week na my terugkoms van die koue Berlyn<\/p>\n","protected":false},"author":589,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[14263,44659],"tags":[31135,41270],"class_list":["post-233","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-humboldt-university-berlin","category-winter-summer-school-postings","tag-germany","tag-summer-school"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/233","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/users\/589"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=233"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/233\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1766,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/233\/revisions\/1766"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=233"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=233"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=233"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}