{"id":2358,"date":"2015-09-09T11:28:53","date_gmt":"2015-09-09T09:28:53","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/?p=2358"},"modified":"2017-01-04T11:45:51","modified_gmt":"2017-01-04T09:45:51","slug":"in-leiden-remona-se-ervaring","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/2015\/09\/09\/in-leiden-remona-se-ervaring\/","title":{"rendered":"In Leiden: Remona se ervaring"},"content":{"rendered":"<p><strong>Voorvertrek:<\/strong><\/p>\n<p>My Europese avontuur waarvoor ek so lank gewag het, het op 24 Januarie 2015 begin. Dit is voorafgegaan deur weke se administrasie (visumafsprake, die koop van vliegkaartjies, die re\u00ebl van verblyf ens).<\/p>\n<p>Die re\u00ebl van verblyf was die moeilikste, aangesien die universiteit (aan wie ek \u2018n nie-terugbetaalbare deposito van 350 Euro moes betaal!) die allerduurste verblyfopsies aangebied het \u2013 twee uit die drie daarvan nie eers in Leiden nie, maar in Den Haag (\u2018n 15min rit na Leiden met die trein). Hierdie verblyfopsies was tussen 650 en 800 Euro, byna my hele maandelikse beurstoelaag, en ek het daarom besluit om self \u2018n blyplek te soek. Dit is egter makliker ges\u00ea as gedaan. Ek was eerstens amper uitgevang deur \u2018n scam, wat my finansieel sou ru\u00efneer \u2013 ek het gelukkig gou genoeg besef dat die \u201cdeal\u201d te goed klink om waar te wees (en dit was!) Die volgende probleem was dat meeste verhuurders van kamers in studentehuise potensi\u00eble huurders wil ontmoet, wat natuurlik onmoontlik is as jy nog in Suid-Afrika sit. Ek was gelukkig genoeg om op die ouend \u2018n tuinwoonstel op te spoor teen \u2018n redelike prys, sonder enige ontmoeting.<\/p>\n<p><!--more--><\/p>\n<p>Die visum-aansoekprosedure het redelik pynloos geskied, aangesien dit via Leiden Universiteit gedoen is. Dit is egter steeds heelwat administrasie, aangesien heelwat papierwerk en dokumente by die aansoekproses betrokke is. Ek het ook nie \u2018n \u201cunabridged birth certificate\u201d gehad nie, en moes kort voor my vertrek daarvoor gaan aansoek doen by Binnelandse sake. Di\u00e9 dokumentasie het eers n\u00e1 my vertrek garriveer. Dit was egter nie \u2018n krisis nie \u2013 ek moes dit nooit erens wys nie.<\/p>\n<p>Januarie is hoogwinter in Europa. Ek het besluit om meeste van my warm klere daar aan te skaf. Die uitverkope op wintersklere daardie tyd van die jaar is nogals groot, en ons klere in Suid-Afrika is in elk geval nie warm genoeg vir die Europese winters nie. As gevolg van die feit dat ek relatief min klere saam geneem het, was dit nie vir my nodig om \u2018n ekstra tas te bespreek vir my vlug Amsterdam toe nie.<\/p>\n<p><strong>\u00a0Ervaring by Leiden Universiteit:<\/strong><\/p>\n<p>Die ori\u00ebntasieweek was \u2018n wonderlike geleentheid om nuwe mense te ontmoet (internasionaal en plaaslik) en die universiteit het regtig uit hul pad uit gegaan om studente op \u2018n sosiale vlak bloot te stel. Tog is dit jammer dat administratiewe goed, soos die verkryging van \u2018n studentekaart, minder aandag geniet het. Dit het dinge moeilik gemaak in die eerste week van klasse, aangesien mens nie toegang tot die biblioteek, kopieermasjiene en drukkers het sonder di\u00e9 kaart nie. Daar was in die eerste paar weke nog heelwat ander administrasie om af te handel, soos om \u2018n bankrekening oop te maak, te registreer by die stadsaal ens. Toe dit afgehandel was kon die avontuur uiteindelik regtig begin!<\/p>\n<figure id=\"attachment_2360\" aria-describedby=\"caption-attachment-2360\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2015\/09\/IMG-20150427-WA0005.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-2360\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2015\/09\/IMG-20150427-WA0005-300x169.jpg\" alt=\"Flowers at your feet\" width=\"300\" height=\"169\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2015\/09\/IMG-20150427-WA0005-300x169.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2015\/09\/IMG-20150427-WA0005-661x372.jpg 661w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2015\/09\/IMG-20150427-WA0005.jpg 1032w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-2360\" class=\"wp-caption-text\">\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Flowers at your feet<\/figcaption><\/figure>\n<p>Tydens my studie by Leiden Universiteit het ek vier modules gevolg. Ek het Vertaalwetenschap gedoen, onder leiding van professor Wim van Anrooij. In di\u00e9 module was die fokus veral op teoretiese benaderings by die vertaling van Nederlandse na Engelse (en vice versa) tekste. Ek kon baie hierby baat, aangesien die fokus by Stellenbosch meer prakties van aard is. Ek het ook \u2019n Engelse module, Karibbiese letterkunde, onder leiding van prof. Kitty Zijlmans en prof. Yra van Dijk gevolg. Hierdie kursus was vir my interessant, aangesien ek nog altyd aanklank gevind het by die musiek en po\u00ebsie van di\u00e9 lande. Die kursus bied ook \u2019n interessante blik op die eilande se koloniale geskiedenis met Nederland. Ek het ook twee kursusse gevolg vir internasionale studente, wat onderskeidelik \u2019n oorsigtelike blik van Nederlandse letterkunde gegee het, en \u2019n blik op die Nederlandse samelewing en kultuur.<\/p>\n<p>Laasgenoemde vak het my veral gehelp om insig te kry in die Nederlandse manier van dink en optree. Ek het na Leiden verhuis met die idee dat die Afrikaanse en Nederlandse kulture bykans dieselfde is, as gevolg van die klein taalgaping. Tog was dit glad nie die geval nie. Ek het gevind dat Nederlanders (in teenstelling met Suid-Afrikaners), dikwels \u201ckoud\u201d voorkom. Dit was vir my, wat \u2019n ekstrovert is, aanvanklik moeilik om aan te pas in die Nederlandse samelewing. Die module het my help verstaan dat dit nie \u2019n aanval op my as persoon is nie, maar \u2019n kulturele verskil.<\/p>\n<p>Die module oor die Nederlandse letterkunde was ook vir my baie interessant, hoewel ek nie dink dat \u2019n volledige oorsig van die Nederlandse letterkunde moontlik is in \u2019n enkele semester\u00a0se klasse nie. Om hierdie rede was daar, volgens my, belangrike Nederlandse skrywers heeltemal uit die kursusraamwerk gelaat.<\/p>\n<p>Vir my was die grootste pluspunt om in Nederland te woon, die feit dat \u2019n mens nooit onveilig of bang hoef te voel nie. Anders as in Suid-Afrika, is daar amper geensins sprake van geweld nie, en selfs diefstal is iets waarvan mens selde indien ooit hoor. Ek het byvoorbeeld my foon verloor op een van die besigste dae van die jaar, naamlik by die Gay Parade Fees. \u2019n Nederlandse meisie het my foon opgetel en die volgende dag aan my terug besorg. Dit is iets wat nie sommer in Suid-Afrika sal gebeur nie. Die publieke vervoersisteem en die effektiwiteit daarvan is ook iets wat in skrille kontras staan met Suid-Afrika, en ek het dit veral geniet om met die treine te reis. Ek dink die element wat vir my die moeilikste was om by aan te pas, was die winterweer. Ek is nie \u2019n somermens in die Suid-Afrikaanse sin van die woord nie, maar die Europese winter was vir my verskriklik moeilik om aan gewoond te raak.<\/p>\n<p><strong>Terugkeer:<\/strong><\/p>\n<p>Na sewe maande in Europa, was dit vir my verskriklik lekker om terug te wees in die Kaap. Ek het heelwat getoer terwyl ek in Nederland gewoon het \u2013 ek was in Portugal, Spanje, Berlyn, Praag en Frankryk, maar daar is waarlik geen stad so mooi soos die Kaap nie. Tog is die traveling een van die goed wat ek die meeste mis. Dit is so maklik om daar tussen verskillende lande te toer teen bekostigbare pryse.<\/p>\n<p>Dit was ook vir my moeilik om weer aan te pas by die Suid-Afrikaanse leefstyl: Weg is die dae van fietsry op \u2018n mens se eie tot na middernag. Nou moet ek weer versigtig wees wanneer ek selfs net na my motor toe loop in die aand na skemer. My foon is in die eerste week na my terugkoms uit my handsak gesteel \u2013 iets wat selde indien ooit in Nederland gebeur. In Nederland word die gebruikilike halfuur nuusberigte op televisie meeste van die aande kort geknip omdat daar niks is om oor te berig nie. In Suid-Afrika loop die koerante, nuusberigte, radiostasies ens. Egter oor van inligiting oor gewelddadige proteste, moored, verkragting ens. End it alles terwyl Nederlandse tronke besig is om toe te maak, as gevolg van die lae misdaadsyfer.<\/p>\n<p>Dit was verder frustrerend om terug te kom na \u2018n land waar iets van selfsprekends soos elektrisiteit nie aldag werk nie, as gevolg van beurtkrag. Almal om my is egter reeds hieraan\u00a0gewoond, en het selfs apps op hulle selfone om te waarsku wanneer die volgende beurtkragsessie gaan plaasvind. Dit was vir my uiters vreemd en moeilik om aan gewoond te raak. Verder moes ek weer gewoond daaraan raak om nie van die publieke vervoersisteem gebruik te kan maak nie \u2013 iets waarop ek nogals aangewese geraak het in Europa.<\/p>\n<p>My tyd in Europa het my o\u00eb oopgemaak vir ander w\u00earelde, mense en hul verskillende kulture. Wanneer \u2018n mens vir so lank in die buiteland woon, besef \u2018n mens hoe groot die w\u00eareld daar buite eintlik is, en hoe baie daar is om te leer. In dieselfde asem besef mens ook op nuut hoe spesiaal Suid-Afrika, en veral die Kaap met sy pragtige strande en mense werklik is. Om in Nederland te bly was vir my \u2018n lewensveranderende ervaring. Ek sal graag in die toekoms wil teruggaan, volgende keer vir \u2018n langer periode.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Voorvertrek: My Europese avontuur waarvoor ek so lank gewag het, het op 24 Januarie 2015 begin. Dit is voorafgegaan deur &hellip; <\/p>\n","protected":false},"author":589,"featured_media":2359,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[21248,44432],"tags":[41269,44688,28839],"class_list":["post-2358","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leiden-university","category-semester-exchange-postings","tag-featured","tag-semester-exchange","tag-the-netherlands"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2358","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/users\/589"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2358"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2358\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2361,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2358\/revisions\/2361"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2359"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2358"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2358"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2358"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}