{"id":474,"date":"2011-09-06T09:46:14","date_gmt":"2011-09-06T07:46:14","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/?p=474"},"modified":"2017-01-04T12:38:25","modified_gmt":"2017-01-04T10:38:25","slug":"474","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/2011\/09\/06\/474\/","title":{"rendered":"Somerskool in Leipzig"},"content":{"rendered":"<p>Tydens die Junie \/ Julie vakansie het Mathildi Heydenrych &#8216;n somerskool in Leipzig bygewoon. Hier is haar verslag:<\/p>\n<p><strong>Voorbereiding:<\/strong><\/p>\n<p>In Junie 2011 het ek die groot voorreg gehad om `n somerskool in Leipzig, Duitsland \u00a0by te woon. Die onkostes is gedek deur `n beurs wat ek van die\u00a0Departement Moderne Vreemde Tale ontvang het. Die beurs het ingesluit die kursusgeld (boeke ens.), verblyf in Leipzig (wat internet toegang insluit) asook vervoer-onkostes binne die stadsgrense van Leipzig vir die duur van die program. Die beurs is einde April, begin Mei toegeken en met die naderende eksamens was my voorbereidingstyd redelik beperk.<\/p>\n<figure id=\"attachment_475\" aria-describedby=\"caption-attachment-475\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Bratwurst.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-475\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Bratwurst-300x277.jpg\" alt=\"Mathildi Heydenrych (Center Left)\" width=\"300\" height=\"277\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Bratwurst-300x277.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Bratwurst.jpg 720w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-475\" class=\"wp-caption-text\">Mathildi Heydenrych (Center Left)<\/figcaption><\/figure>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><!--more--><\/p>\n<p>Dit was dus baie belangrik dat ek dadelik met die re\u00eblings moes begin. Heel eerste het ek begin kyk na vliegtuig kaartjies. Ek het op die internet verskeie webtuistes besoek en die verskillende lugrederye se pryse vergelyk. Ek het toe na die lugredery wat die goedkoopste vlug aangebied het (vir my reis doeleindes) se webwerf gegaan en daardeur my kaartjie bespreek. `n Mens kan natuurlik ook na `n reisagentskap gaan, maar ek verneem dat dit dan `n bietjie duurder is. Ek het met `n krediet kaart betaal en het outomaties versekering gekry. Vir die Visum moes ek egter ekstra uitneem \u2013 meer hieroor later. Ek het besluit om meer tyd in Duitsland te spandeer as wat die program geduur het, en het \u2018n retoerkaartjie na M\u00fcnchen gekoop. `n Mens kan egter direk na Leipzig toe vlieg. \u00a0Berlyn is ook `n opsie, aangesien dit maar slegs omtrent twee ure met die trein van Leipzig af is. Vir die trein tye, roetes en kostes het ek op die Deutsche Bahn se wetuiste gaan kyk (<a href=\"http:\/\/www.bahn.com\/\">www.bahn.com<\/a>). \u00a0Ek het dit baie <em>gebruikers-vriendelik<\/em> gevind. Jy kan die kaartjies op die internet reeds koop en uitdruk \u00f3f op die stasie koop. Dit is altwee baie eenvoudig en maklik.<\/p>\n<p>Die volgende stap was die visum aansoek. Dit is ook `n heel \u2018<em>straight forward\u2019<\/em> proses. Ek moes net al die dokumentasie bymekaar kry en `n afspraak maak by die konsulaat in Kaapstad. Dit kan 2 tot 3 weke duur voordat \u2018n mens \u2018n afspraak kan kry. Ek het al die inligting wat ek nodig gehad het op hulle webtuiste gevind (Afspraak: visa-germany.co.za, Inligting en Vorms: <a href=\"http:\/\/www.kapstadt.diplo.de\/Vertretung\/kapstadt\/en\/01__Welcome\/Visabestimmungen\/Visabestimmungen.html\">http:\/\/www.kapstadt.diplo.de\/Vertretung\/kapstadt\/en\/01__Welcome\/Visabestimmungen\/Visabestimmungen.html<\/a>). Die konsulaat in die Kaap werk `n bietjie vreemd (volgens my). Jy moet `n afspraak (teen `n administrasie fooi van R75) maak deur IntergateVisalink. \u00a0Die visum word `n Schengen Visum genoem, en in my spesifieke geval moes ek aansoek doen vir `n \u201cOFFICIAL TRIP ON INVITATION OF GERMAN INSTITUTIONS\u201d aangesien ek deur die Instituut uitgenooi was. Wat belangrik is wat ek hier nodig gehad het, was `n uitnodigingsbrief van die Universiteit van Leipzig (die kontak presoon by die department, Dr. Augart, \u00a0het hiermee gehelp). Hulle het die brief direk aan my gestuur, en ek het dit ook eers op die nippertjie gekry. Iets om in gedagte te hou, is dat indien jy nog nie al die dokumentasie ontvang het nie, jy nog steeds vir jou afspraak kan gaan en dan net die uitstaande dokumente deur faks. Hulle sal egter nie die visum goedkeur voordat al die dokumentasie nie daar is nie. Ook omdat ek langer in Duitsland gebly het, moes ek 3 maande se bankstate van die persoon wat finansieel vir my verantwoordelikheid neem vir die addisionele tyd. Ek hoef egter nie vir die visum te betaal het nie, aangesien ek nog `n student is. Dit neem omtrent vier dae vir die visum om goedgekeur te word en ek het slegs die strokie nodig gehad om dit te gaan afhaal.<\/p>\n<p>Wat bagasie aanbetref het die kursus aanbieders vir my `n lys gestuur van benodighede. Ek het op hoogte gebly van die weer deur `n weer webtuiste te besoek (<a href=\"http:\/\/www.yr.no\/place\/Germany\/Saxony\/Leipzig\/\">http:\/\/www.yr.no\/place\/Germany\/Saxony\/Leipzig\/<\/a>). Dit was baie handig, aangesien dit die weer per uur voorspel en die humiditeit ook. Ek het my laptop en `n netwerk kabel saamgeneem. Ek het ook `n pay-as-you-go selfoon gekoop, maar die meeste van die tyd deur Skype gekommunikeer.<\/p>\n<p><strong>Sprachen bauen Br\u00fccke<\/strong>:<\/p>\n<p><strong><\/strong>Die kursus word deur die Humbolt Institut van die Universiteit van Leipzig aangebied.<\/p>\n<figure id=\"attachment_480\" aria-describedby=\"caption-attachment-480\" style=\"width: 100px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Schmalleshaus.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-480\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Schmalleshaus-100x300.jpg\" alt=\"Schmalleshaus\" width=\"100\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Schmalleshaus-100x300.jpg 100w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Schmalleshaus.jpg 241w\" sizes=\"auto, (max-width: 100px) 100vw, 100px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-480\" class=\"wp-caption-text\">Schmalleshaus<\/figcaption><\/figure>\n<p>Daar was omtrent 80 deelnemers van verskillende nasionaliteite. \u00a0Ek en `n ou uit Tunisi\u00eb, was egter die enigstes uit Afrika! Die kursus behels alle vlakke van A1 (beginners) tot C1 (gevorderd). Die kurses was gestruktureer oor drie en `n halwe weke. Onderrig het hoofsaaklik op weeksdae soggens plaasgevind\u00a0 en middae was aan groep projekte of aktitiwiteite saam met die tutors gewy. Op Saterdae was daar verskeie uitstappies. Sondae het daar geen georganiseerde aktiwiteite plaasgevind nie. Die organiseerders het ook voorstelle van bykomende aktiwiteite gemaak. Ek en `n vriendin het byvoorbeeld `n lesing oor Goethe in Auerbachs Keller gaan bywoon, waar ons <em>MephistoTorte<\/em> ge\u00ebet het!! Ons het ook <em>Treasure Island<\/em> (die duitse weergawe) in `n <em>make shift<\/em> teater in die middel van `n \u2018industri\u00eble\u2019 area gaan kyk en ook `n opvoering van Bach se musiek.<em><\/em><\/p>\n<figure id=\"attachment_484\" aria-describedby=\"caption-attachment-484\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Deutsche-Bibliothek.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-484\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Deutsche-Bibliothek-300x225.jpg\" alt=\"Deutsche Bibliothek\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Deutsche-Bibliothek-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Deutsche-Bibliothek.jpg 720w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-484\" class=\"wp-caption-text\">Deutsche Bibliothek<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die onderrig het uit drie komponente bestaan. Die Taalonderrig (150 ure), Fonetiese klasse (1,5 ure) en `n Groepsprojek (ten minste 6 ure). Die klasse vir die taalondderig is ingedeel volgens `n skriftelike indelingstoets wat ons die eerste week geskryf het. Die toets was nie baie moeilik nie en het net uit meervoudige keuse vrae bestaan. Daarna was daar `n \u201cmondelingse indeling\u201d gedoen. Dit het basies behels dat ons in `n groep (ongeveer 10 mense) deur een van die onderwysers vrae gevra is en dit dan mondelings moes beantwoord. Vir my was dit belangrik om net te ontspan en tevrede te wees met die vlak waar hulle my indeel. My klas het bestaan uit 11 mense van reg oor die w\u00eareld. Ons het die voorreg gehad om individueel fonetiese onderrig te ontvang. Huiswerk was \u2018verpligtend\u2019, maar nie tydrowend nie.<\/p>\n<p>Die groepsprojek was baie lekker en het vir my die kans gebied om `n bietjie met die <em>locals<\/em> te <em>mingle<\/em>. Die temas verskil van jaar tot jaar. Hiredie jaar was daar o.a. <em>Die Rhytmus womit man mit muss<\/em>, <em>Wohnen in Leipzig<\/em>, <em>Fu\u00dfball<\/em>, <em>Germanistische Streifz\u00fcge durch Leipzig<\/em> (ek het hierdie een gedoen), ens. Die projek behels basies dat \u2018n groep (onder leiding van `n onderwyser) `n spesifieke perspektief van \u2018n tema neem en `n 10 minute aanbieding voorberei. Ons het onderhoude met mense op straat gaan voer om uit te vind watter skrywers hulle met Leipzig assosieer. Ons het ook biblioteke en geboue wat met spesifieke skrywers geassosieer word, besoek en dan die verskillende elemente in `n kort opvoering ge\u00efnkorporeer.<\/p>\n<figure id=\"attachment_482\" aria-describedby=\"caption-attachment-482\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/V\u00f6lkerschlachtdenkmal1.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-482\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/V\u00f6lkerschlachtdenkmal1-300x48.jpg\" alt=\"V\u00f6lkerschlachtdenkmal\" width=\"300\" height=\"48\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/V\u00f6lkerschlachtdenkmal1-300x48.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/V\u00f6lkerschlachtdenkmal1.jpg 720w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-482\" class=\"wp-caption-text\">V\u00f6lkerschlachtdenkmal<\/figcaption><\/figure>\n<p>Aan die einde van die kurses moes ons `n toets skryf (`n opstel van ten minste 500 woorde oor `n spesifieke tema \u2013 gewoonlik iets met die kurses te doen) en ook `n 15 minute mondelinge eksamen. Dit stem baie ooreen met hoe ek in die Duitse Departement geassesseer word, dus was die proses glad nie vreemd nie. Tydens die mondeling het hulle (`n onderwyser en die fonetiese onderwyser) \u00a0net vrae gestel rondom my ervaring in Leipzig en Duitsland. Hulle het ook `n <em>sneak question <\/em>aan almal gevrae (iets wat jy nie verwag nie), om jou reaksie te toets. Myne was \u201c<em>Hoe was die stemming in Suid Afrika tydens die W\u00eareldbeker 2010?<\/em>\u201d<\/p>\n<p>Die buitemuurse aktiwiteite wat die tutors georganiseer het, was o.a. <em>bowling <\/em>en twee uitstappies waar jy kon kies wat jy wil doen. Die een was meer sport ge\u00f6rienteerd en die ander kultureel. Vir sport het ek roei gekies en vir die ander `n besoek aan die Coffe Baum \u2013 die tweede oudste koffie huis in Europa! Die naweek uitstappies was ook baie lekker. Die eerste een was `n bustoer deur Leipzig. Dit was veral lekker om jou self te ori\u00ebnteer. Die tweede naweek is ons Eisenach toe. Dit is `n klein dorpie waar Martin Luther die Bybel vertaal het. Die derde naweek se uitstappie was Dresden \u2013 dit is die hoofstad van Sachsen en die <em>ou stad<\/em> is r\u00earig besonders mooi, ryk aan geskiedenis en propvol toeriste!<\/p>\n<p>Aan die einde van die program het ek `n boot <em>trip<\/em> op die Elbe onderneem, `n week in Berlyn gaan kuier en toe drie dae in M\u00fcnchen spandeer, voordat ek terug gekom het SA toe!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<figure id=\"attachment_489\" aria-describedby=\"caption-attachment-489\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Wartbourg1.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-489\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Wartbourg1-300x225.jpg\" alt=\"Wartbourg\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Wartbourg1-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Wartbourg1.jpg 720w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-489\" class=\"wp-caption-text\">Wartbourg<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Terug op eie bodem:<\/strong><\/p>\n<p><strong><\/strong><strong><\/strong>Ek het my <em>trip <\/em>so beplan dat ek eers op die Donderdag voor die begin van die semester teruggekom het. So teen die tyd wat die nuwe semester begin het, was ek nog behoorlik op `n <em>high<\/em>. Dit het baie gehelp om die onvermydelike <em>blues <\/em>na so `n reis, uit te stel totdat ek weer besig was met akademie en almal wat ook van hul vakansies af terug gekom het. Van my uitdagings was o.a. die weer, aangesien dit somer in Duitsland was, en die son eers teen half tien \u00a0onder gegaan het. Hier was dit toe koud en nat!!! Ook die leefstyl (i.t.v. beweeglikheid) wat in Europa moontlik is, het my baie goed gepas en ek mis dit. Ek loop byvoorbeeld nou altyd rond met `n lap sak vir inkopies, en skroom nie om my eie inkopies in te pak nie (iets wat niemand anders vir jou in Duitsland gaan doen nie!).<\/p>\n<p>Die ervaring het ook my o\u00eb oop gemaak \u00a0vir die feit dat dit wel moontlik is om anders te lewe. Dit het my lus gemaak om plekke hier (in SA) te gaan besoek, wat ek nog nooit gesien het nie (bv. Limpopo) en my van die moontlikheid van interessanthede hier op my voorstoep, in my alledaagse lewe bewus gemaak het. Dit het vir my ook `n groter waardering vir die lewe in die algemeen gegee en om die geleenthede wat di\u00e9 Universiteit, di\u00e9 dorp en di\u00e9 land waarin ek bly, nie te versmaai\u00a0 is nie.<\/p>\n<p>Indien ek langer geswot het, sou ek definitief oorweeg het om vir `n semester of selfs `n jaar oorsee op `n uitruil te gaan. Wat ek wel beplan is om volgende jaar Engels in Suid-Korea te gaan onderrig. Iets wat ek voorheen nie maklik sou doen nie. Ek glo nou vas dat enige perspektief-verandering, `n nuwe waardering vir die lewe wat ek nou leef bring. Ek is `n bevoorregte mens, nie oor die dinge wat ek het nie, maar oor die feit dat ek kan waarneem, beleef en met my omgewing en die mense daarin <em>interact<\/em>! My tyd in Duitsland is iets wat ek altyd sal onthou en altyd sal kan na terug kyk as `n positiewe en leersame ervaring.<\/p>\n<figure id=\"attachment_478\" aria-describedby=\"caption-attachment-478\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Prysuitdeling.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-478\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Prysuitdeling-300x225.jpg\" alt=\"Prysuitdeling\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Prysuitdeling-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/files\/2011\/09\/Prysuitdeling.jpg 720w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-478\" class=\"wp-caption-text\">Prysuitdeling<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tydens die Junie \/ Julie vakansie het Mathildi Heydenrych &#8216;n somerskool in Leipzig bygewoon. Hier is haar verslag: Voorbereiding: In &hellip; <\/p>\n","protected":false},"author":589,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[14269,44659],"tags":[31135,41270],"class_list":["post-474","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-universitat-leipzig","category-winter-summer-school-postings","tag-germany","tag-summer-school"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/474","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/users\/589"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=474"}],"version-history":[{"count":17,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/474\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":477,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/474\/revisions\/477"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=474"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=474"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/summerschoolsblog\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=474"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}