Loading Events

« Alle Intreeredes

  • This event has passed.

Prof Bill Tucker

Intreerede

Mei 5, 2022 @ 17:3018:30

Saam vorentoe; walking forward together; masiye phambili

As jy meer te wete wil kom van ons projekte, en belangriker, van hoe ons saam wil werk en stap deur die kombinering van idees uit verskeie dissiplines, gemeenskappe, vennote en belanghebbendes om inligtings- en kommunikasietegnologie vir samelewingsimpak in te span, is jy meer as welkom om my webtuiste te besoek en met my in aanraking te kom. Dit is waarom ek hierdie intreerede lewer – ek is op soek na mense en vennote om saam te werk en te speel, en na befondsing vir hierdie soort werk. Dít is die kern van professorskap: onderrig en leer, navorsing, diens en sosiale impak – ongeag die dissipline. Myne is bloot toevallig rekenaarwetenskap. Ek hoop om dít alles in hierdie intreerede oor te dra, want vir my is dit alles op ʼn eenheidvormende en volhoubare manier verweef – saam vorentoe; walking forward together; masiye phambili.

Kyk die intreerede hier

Kort biografie

Ek is ʼn Amerikaanse Suid-Afrikaner wat in Kaapstad woon en vir byna 25 jaar in die hoër onderwys werksaam is. My passie is die benutting van rekenaarwetenskap vir, met en deur arm plaaslike benadeelde gemeenskappe, met ander woorde sosio-tegno-aktivisme gegrond op die resultate van wetenskaplike navorsing en die ervaring van tegnologie-oordrag vir volhoubare sosiale ondernemings, soos Zenzeleni. As professor is die tersiêre ‘pyplyn’ van eerste jaar na honneurs, MSc, PhD en nadoktoraal ʼn deurlopende geleentheid om te leer en te onderrig, met toepassing daarvan vir sosiale impak deur saam met werklike gemeenskappe en vennote te stap, en gemeenskapsdiens sowel binne as buite die Universiteit te doen. Saam met studente, medewerkers, belanghebbendes en bondgenote dink ons globaal en tree plaaslik op, met ander woorde ons werk vir bereiking van die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelstellings, Suid-Afrika se Nasionale Ontwikkelingsplan 2030 en die Universiteit Stellenbosch se Visie 2040. Na ons mening is tegnologie bloot ʼn instrument; nie op oplossing nie. In werklikheid is tegnologie eenvoudig; mense is ingewikkeld. Daardie kruispunt, daardie koppelvlak tussen rekenaarkunde en die samelewing, is selfs ingewikkelder. Oor die afgelope kwarteeu het ons saam gestap met twee projekte wat uit my PhD aan die Universiteit van Kaapstad ontwikkel het: Zenzeleni en SignSupport, met 23 jaar by die Universiteit van Wes-Kaapland as studieleier en medestudieleier van 99 nagraadse studente wat albei projekte verder ontwikkel het as wat ek ooit op my eie sou kon doen. Tans by Stellenbosch is onbaatsugtigheid vir en met plaaslike positiewe afwykendes, bv. studente, gemeenskappe, vennote en eweknieë, die lonendste ding wat ʼn mens kan doen. So, kom ons stap saam vorentoe!

RSVP vir hierdie Intreerede


Kyk die intreerede hier

Besonderhede

Datum:
Mei 5, 2022
Tyd:
17:3018:30

Organiseerder vir intreerede

Amira Brown
Epos:
browna@sun.ac.za

Lokaal

First Year Chemistry Building, de Beer Road, Stellenbosch
1 De Beer Road
Stellenbosch, 7600 South Africa
+ Google Map
Afrikaans