Loading Events

« Alle Intreeredes

  • This event has passed.

Prof Rong-Wie Wang

Intreerede

Augustus 11, 2022 @ 17:3018:30

Elektriesemasjientegnologie: Innovasie en navorsing

Elektriese masjiene word algemeen in bedrywe, huishoudings, voertuie, skeepsaandrywing, lugvaartuie, militêre toerusting, mediese toerusting en landbou gebruik. Oor die afgelope dekades is groot vooruitgang in elektriesemasjien-tegnologie in sowel navorsingsinstellings as die bedryf gemaak, wat hoofsaaklik deur nuwe materiale, nuwe masjien- en aandrywingstegnologieë, nuwe toepassingsgebiede en strenger energiedoeltreffendheidstandaarde aangemoedig is. Verskeie innoverende elektriesemasjien-tegnologieë het gevolglik ontwikkel, wat nuwe uitdagings vir die ontwerp en analise van hierdie spesiale elektriese masjiene na vore bring, aangesien tradisionele elektriesemasjien-teorieë, ontwerpmetodologieë en numeriese simulasietegnieke nie direk toegepas kan word nie. My navorsing fokus op die tegnologie-ontwikkeling, formulering van ontwerpteorie en -strategie, ontwerp van numeriese simulasietegnieke en kritiese prestasie-evaluering van spesiale elektriese masjiene soos lineêre masjiene, aksialeveldmasjiene, direk-aan-lyn-permanentemagneet-masjiene en vloedgemoduleerde elektriese masjiene. In hierdie intreerede gee ek ʼn oorsig van my vorige navorsingsaktiwiteite op hierdie spesifieke gebied.

Kyk die intreerede hier

Kort biografie

Rong-Jie Wang behaal ʼn MSc (Ing)-graad aan die Universiteit van Kaapstad in Junie 1998 en ʼn PhD (Ing)-graad aan die Universiteit Stellenbosch in April 2003. Van 2003 tot 2009 beklee hy op ʼn deeltydse basis verskeie navorsingsposte by die Universiteit Stellenbosch, eers as nadoktorale genoot en later as navorser en senior navorser. In 2010 word hy as senior dosent in die Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese van die Universiteit Stellenbosch aangestel, en in 2014 word hy tot medeprofessor en in 2020 tot volprofessor bevorder. Hy het meer as sewe jaar se werks- en konsultasie-ervaring in die bedryf.

Sy navorsingsbelangstellings is spesiale elektriese masjiene, nuwe topologieë van permanentemagneet-masjiene, rekenaargesteunde ontwerp en optimalisering van elektriese masjiene, termiese analise, elektriese traksie en hernubare-energiestelsels.

Prof Wang het reeds ongeveer 100 artikels in internasionale vaktydskrifte en konferensieverrigtinge gepubliseer. Hy is ʼn mede-outeur van die monograaf Axial flux permanent magnet brushless machines (2004). Hy is ʼn senior lid van die Instituut vir Elektriese en Elektroniese Ingenieurs, ʼn NNS-beoordeelde navorser, redaksiekommissielid van verskeie internasionale vaktydskrifte en ʼn geregistreerde professionele ingenieur in Suid-Afrika.

RSVP vir hierdie Intreerede


Kyk die intreerede hier

Besonderhede

Datum:
Augustus 11, 2022
Tyd:
17:3018:30

Organiseerder vir intreerede

Amira Brown
Epos:
browna@sun.ac.za

Lokaal

Reitz Hall, Engineering Faculty
156 Banghoek Road, Stellenbosch Central
Stellenbosch, Western Cape 7605 South Africa
+ Google Map
Afrikaans